Lusmakers vir die jagseisoen
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Lusmakers vir die jagseisoen
Dagsê
Daar is deesdae so baie advertensies op Jaracal (en ek is self skuldig want ek het 'n paar goed gesmous hier) dat ek dit goed gedink het om enkele jagfoto's te plaas. Net miskien help dit om julle jaglus vir hierdie jaar verder aan te wakker.
Die njala is in Noord-Natal geskiet met my .375 H&H. Hierdie jag het in die middel van die somer plaasgevind en die son het my omtrent gelooi. Dit was 'n lekker opwindende jag want ek was alleen en daar kom vrylopende buffels, olifante, renosters en leeus op die plaas voor. Die bul se horing het net oor die 30" gemeet na die uitdroogperiode.
Ek het die bosbok op oud-Springbok Hennie le Roux se plaas naby Grahamstad geskiet met my .30-06. Ek het die vorige middag gesien dat drie of vier ramme (kan nie meer so mooi onthou nie) op 'n ouland langs 'n digte bosstrook gewei het. Vroeg die volgende oggend is ek toe soontoe, hopende dat 'n ram sy lyf sou kom wys om in die vroeë son te baai. Gelukkig het hierdie ram saamgespeel en kon ek hom toe skiet.
Die springbokram is op swaer Piet Mostert se plaas in Suidwes geskiet met my .243. Ek het die bok in 'n groot kalkpan voorgesit en 'n baie lang tyd daar spandeer terwyl hy stadig maar seker al nader aan my beweeg het. Dit was later sterk skemer en ek het gewonder of hy naby genoeg sou kom dat ek hom kon skiet. Toe hy uiteindelik 175m van my af was, het ek hom met 'n frontale nekskoot platgeskiet. Al die springbokramme wat ek daardie jaar op my swaer se plaas geskiet het, se skoon karkasse het tussen 26 en 29kg geweeg.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Lusmakers vir die jagseisoen
Nog 'n paar foto's:
Hierdie elandkoei is naby Barkley-wes in die Noord-Kaap geskiet met my .375 H&H met ghost-ring visiere.
Die hartbees is op dieselfde plaas geskiet. Nadat ek 'n dag of twee tevore 'n gemsbok en blouwildebees met my .30-06 geskiet het, het Katte Katzke (die persoon wat oorspronklik die Big Bore-vereniging is SA begin het, my uitgedaag om verder net met my .375 en oopvisiere te jag. Ek skiet toe die eland, hartbees, 'n springbokram en twee blouwildebeeste met die .375
My .30-06 (weereens met die Boydskolf) het gesorg vir hierdie koedoebul naby Musina in Limpopo. Hom het ek op kortafstand (seker so 5o tot 60m) met 'n skoot tussen die oog en linkeroor doodgeskiet. Ons was op pad met die jagkar toe die bul oor die pad draf. Ons het 'n ver ent verby die plek gery en toe is ek te voet terug tot waar sy spoor gewys het hy oor die pad is. Daar was 'n gids saam met my maar ek het hom gevra om agter my te stap. Ons is toe die digte bos in (voetjie vir voetjie). Na 'n hele ent het ons 'n horing teen 'n tak hoor klap soos die bul aan 'n bos gewei het. Ek is toe vorentoe op die geluid af totdat ek die bul geskien het. Hy was so besig om aan die boom te vreet dat hy my glad nie gewaar het nie. Later het hy 'n paar treë na links gestap om aan 'n ander boom te vreet ek dis toe dat ek hom kon skiet. Ongelukkig kan ek nie uit my kop onthou wat die bul geweeg het nie.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Lusmakers vir die jagseisoen
Netjies en dankie vir die jaglus aanwakker.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Lusmakers vir die jagseisoen
Dankie Koos, mooi diere. Verseker ‘n lekker lusmaker!
Beste.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 549
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: Lusmakers vir die jagseisoen
Koos, jy kan maar enige tyd laat waai met die stories, moenie terughou nie.
Ek het weer my ou Magnum versameling ontdek en kry dit nou nie weer lekker weggepak nie.
Goeie tye

"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: Lusmakers vir die jagseisoen
Altyd lekker Oom Koos
-
partner
- Hero Member

- Posts: 989
- Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Re: Lusmakers vir die jagseisoen
Baie dankies Koos. Vir deel van Jagstories en Fotos. Sal nog waardeer.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Lusmakers vir die jagseisoen
Baie dankie Koos, regtig lekker om hierdie te sien tussen al die advertensies 
-
DaavG
- Newbie

- Posts: 18
- Joined: Mon Aug 21, 2017 4:35 pm
Re: Lusmakers vir die jagseisoen
Thanks for the post! It definitely got the blood flowing!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13648
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Lusmakers vir die jagseisoen
Lekker Oom Koos! Ek wil ook graag nog oopvisier met my .416 jag!
Goed, beter, 6millimeter!
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Lusmakers vir die jagseisoen
Lekker gejag daar en mooi diere tussen hulle.
Net 'n regstelling in jou woorde Katte Katze was die eerste Voorsitter van BASA en stigterslid daar was meer manne betrokke aan die stigting van BASA ingesluit Katte.
Jammer oor sy skielike dood.
Net 'n regstelling in jou woorde Katte Katze was die eerste Voorsitter van BASA en stigterslid daar was meer manne betrokke aan die stigting van BASA ingesluit Katte.
Jammer oor sy skielike dood.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Lusmakers vir die jagseisoen
Dankie Frederik vir die regstelling. Ek was bewus daarvan dat daar meer manne betrokke was. Katte se storie aan my was dat hy dit geïnisieer het. Skuus as ek dalk ander stigterslede te na gekom het.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Lusmakers vir die jagseisoen
Geen probleem en baie van die manne is ongelukkig nie meer saam met ons nie.Koos Barnard wrote: Sat Mar 16, 2024 3:02 pm Dankie Frederik vir die regstelling. Ek was bewus daarvan dat daar meer manne betrokke was. Katte se storie aan my was dat hy dit geïnisieer het. Skuus as ek dalk ander stigterslede te na gekom het.