Slagdoppies wat uit blaas?

User avatar
Original Harry
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Fri May 18, 2018 9:23 am

Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Original Harry »

Middag manne.........wat mis ek dalk iewers?

Geweer: Remington 700 ADL
Kaliber: 6.5 Creedmoor
Doppe: Lapua
Punte: Hornady ELD-X 143gr
Poeier: IMR4350
Slagdoppies: CCI BR4 Small Rifle
Lading 40,5 gr
Spoed gemeet: 2660 fps

Hierdie geweer het skielik begin primers uit blaas na 'n jaar of langer al met die landing geksiet is! TPL is binne spec, punte raak nie lande nie, dop lengtes is binne spec (48,6mm / 1.9133"), slot maak normaal oop en toe voor en na skote!

Afleiding is dit moet druk wees..........maar waar kom dit skielik vandaan ;) ;)
Primer pockets meet 4,33mm en die wat uitgeblaas het 4.50mm
Al wat verander het is die doppe is ge-aneal!!
Doppe is al 6 keer herlaai :confused: ...........is dit dalk die issue?????
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Geno »

Jy het nie dalk 'n carbon ring in die keel of waar die doppe eindig nie? Dit kan ook druk spikes veroorsaak.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Original Harry
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Fri May 18, 2018 9:23 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Original Harry »

Goeie punt.........ek sal moet kyk!!!
Iemand die resep hoe om dit te verwyder? As dit dit is.......
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 457
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by JF123 »

Hoe ver na die basis toe is die doppe anneal?

Dit klink of die doppe se web ook anneal is. Veral siende dat die primer gat tot 4.5mm rek
User avatar
Original Harry
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Fri May 18, 2018 9:23 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Original Harry »

JF123...dankie.....ek dit ook oorweeg as 'n probleem.....so gaan altwee issues aanspreek!!!

Ek gebruik hierdie nuwe ARC Precision annealer en dit was maar 'n eksperiment in die begin so dit is heel moontlik!!
User avatar
Original Harry
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Fri May 18, 2018 9:23 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Original Harry »

Iets wat ek moet noem die geweer skiet nogsteeds 0,5 MOA groepe konstant...ongeag wat die dop agter doen :):
So ek vermoed sterk dit is dalk eerder die dop web wat ook te sag is vs die koolstof ring ::)

Stem julle saam?????
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Toxxyc »

Ek stel voor jy skiet geen verdere skote nie, en probeer eers met doppe waarvan jy seker is die head is nie ook anneal nie. Dan kyk jy weer.

Doppe waarvan die head anneal is is nie meer hard nie, en kan bars en jou geweer in jou gesig laat ontplof.
User avatar
Original Harry
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Fri May 18, 2018 9:23 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Original Harry »

Yip dit is obvious ek scrap daardie brass maar gaan tog hulle hardheid toets en as iets interressant waargeneem word sal ek hier rapporteer!!
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Lategan1 »

Harry, aanvullend.

Jy meld 6 keer herlaai, anneal en toe probleem.

Jy noem nie of jy tussen ladings 1-6 ook anneal het nie?

Doppe wat anneal is vs doppe nie anneal nie, lewer nie noodwendig dieselfde kopspasie/headspace nie. Die “springback” faktor.

Kontroleer jou matrysstelling vir korrekte kopspasie na deurdruk.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Capt. Yoda »

Jy gaan n dop vir n dag en half lank moet aneal voor jy hom so op d.onner laat die primer pockets “sag” raak. Kyk ma soos Geno se vir n carbon ring of n donut in die dop se nek. Hoe kopspasie (springbak van voor en na aneal) probleme dit sal veroorsaak weet ek oki
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by jankraay »

My geld is op een van die volgende:

1) Soos Geno en Sieb se.

2) Daai doppe is die dag toe hulle nog virgins was, te hard geskiet wat die pockets gerek het.

As jy n dop te erg anneal het gaan jy case head separation kry voor jou primer uitval.


Sent from my iPhone using Tapatalk
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2595
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by JohanvB »

Original Harry wrote: Thu Jan 04, 2024 11:28 am Goeie punt.........ek sal moet kyk!!!
Iemand die resep hoe om dit te verwyder? As dit dit is.......
Skoon maak stok, met IOSSO blou borsel en JB’s bore paste.. en elbow ghries…

Of skoon maak stok, selle resep bo, maar sit stok in jou boormasjien, daai loop blink en koolstof ring is nou weg!
User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Cobus Wessels »

Jip. Gebruik 'n borsel wat die kamer goed vul (bv ,30 Iosso borsel). Hoppes 9. Iosso bore paste. Skoonmaak rod afgesaag deur die handvatsel sodat koper "kop" in jou handboor pas. Bietjie borepaste +paar druppels Hoppes. Druk borsel totdat hy net net in loop begin ingaan. Boor aan. Herhaal 'n paar keer. Kyk maar met jou borescope- die ring is weg.

Ek het 'n erge ring uit 'n verwaarloosde 6.5x68 loop uitgehaal in minder as 30min.

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk

User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by jdpretorius »

Cobus Wessels wrote:Jip. Gebruik 'n borsel wat die kamer goed vul (bv ,30 Iosso borsel). Hoppes 9. Iosso bore paste. Skoonmaak rod afgesaag deur die handvatsel sodat koper "kop" in jou handboor pas. Bietjie borepaste +paar druppels Hoppes. Druk borsel totdat hy net net in loop begin ingaan. Boor aan. Herhaal 'n paar keer. Kyk maar met jou borescope- die ring is weg.

Ek het 'n erge ring uit 'n verwaarloosde 6.5x68 loop uitgehaal in minder as 30min.

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
+1......het 2 ketties se carbon ringe so uit gehaal, maar het die iosso op n lappie gesmeer en om die oor-groot borsel gedraai.
Dit help as jy n borescope het om net so nou en dan te loer dat jy nie tjol aan jaag nie. Daar mors soms bietjie van daai iosso by bv. die locking lugs se slots....iets soos n haelgeweer grote nylon borsel kan help daarwoor.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Lategan1 »

Capt. Yoda wrote: Thu Jan 04, 2024 1:38 pm Jy gaan n dop vir n dag en half lank moet aneal voor jy hom so op d.onner laat die primer pockets “sag” raak. Kyk ma soos Geno se vir n carbon ring of n donut in die dop se nek. Hoe kopspasie (springbak van voor en na aneal) probleme dit sal veroorsaak weet ek oki
Ons anneal vir o.a. konstante nekke en skouers wat na herhaaldelike herlaai en “sizing” hard raak, met wisselende gevolge, bv. die “springback” faktor. Skouers moet na terugdruk almal na as moontlik dieselfde wees vir eweredige kopspasie.

Na die loop skoonmaak en deugnekke inspeksie, kontroleer vir konstante skouer en kopspasies van jou doppe, aanvullend tot die voorstelle genoem, beperk dus enige veranderlikes. Verstel die matryse indien nodig. Ek is al deur slagdoppe wat o.a. geblaas het - dan gee dit gerekte gate- weens wisselende kopspasies, nie weens te warm druk nie. Daarom my vraag of daar wel anneal is tussen ladings 1-6.

Redding se webblad verduidelik dit mooi.

Vertrou maak nou duidelik sin.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by projagter »

Original Harry wrote: Thu Jan 04, 2024 11:22 am Middag manne.........wat mis ek dalk iewers?

.
Hierdie geweer het skielik begin primers uit blaas
Het skielik by een vuurwapen gevind dat van die doppe se nuwe primer maklik/los seat. Het daardie doppe uitgegooi - probleem eers opgelos. Wil voorkom asof dit moontlik doppe is wat met lading ontwikkeling met te hoë lading gevuur was en dat die spesifieke fabrikaat doppe sagte samestelling het -- primergat dus makliker rêk as ander fabrikate by ander gewere.
Last edited by projagter on Mon Jan 08, 2024 5:03 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Original Harry
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Fri May 18, 2018 9:23 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Original Harry »

Net so bietjie terugvoering van die naweek!

1. Ek het nie 'n bore scope of iemand met een naby my so daai kyk opsie is eers uit!
2. Die doppe was in die vorige 1 to 6 ladings nooit aneal nie en het ook geen probleme met rek of kopspasie getoon nie!
3. Twee-en-twintig van 'n batch van vyftig doppe was geskiet en het druk gewys en is ge-scrap? (Sowat 6 het primers uitgeblaas)
4. Balans van batch se punte is getrek en kruit en alle mates en veranderlikes weer gecheck - alles was binne spec.
5. Twintig ander doppe is gelaai (nie ge-aneal) met hierdie "suspec" lading en het perfek met goeie groepering en konstante spoed (Labradar)geskiet - geen druk getoon! Met ander woorde, lading en patroon het perform soos verwag en met dieselfde resultate as in die verlede!
6. Enigste veranderlike is nogsteeds aneal vs nie-ge-aneal......en is redelik seker ek het hulle nie soos "Capt Yoda" sê "vir twee dae op-ged*nner nie ;D ;D

Ek koop die "carbon ring" idee omdat ek nie 'n ander fout kry nie.....net een vraag?
Geen "carbon ring" jou elke skoot of net soms tussen skote druk?

Na alles bly dit steeds 'n mistery :):
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by projagter »

Original Harry wrote: Mon Jan 08, 2024 11:55 am Net so bietjie terugvoering van die naweek!

Na alles bly dit steeds 'n mistery :):
Ek is baie versigtig om 'n oorsaak te ID.
As dit met alle doppe gebeur sal ek beslis fout buite die dop ook soek?
As dit met sommige doppe gebeur sal ek eers die fout by die dop soek -- in aggenome dat lading ens. presies dieselfde gedoen is.
Dus:
Ek sal doppe toets vir rektekens a g v drukking
Ek sal primergat diepte en wydte toets vir eenvormigheid ( hoe maklik/styf en hoe diep seat die primer) asook die vlamgatopening se grootte.
Is jou doppe se lengte presies dieselfde en is jou seaterdie/matrys reggestel dat jy nie miskien onbewus besig is om effens krimping op jou punte toe te pas nie ( kan gebeur waar die matrys krimping toelaat en te fyn gestel is) en die doplengtes nie presies dieselfde gesny is nie.)
Seat jou punte met die dieselfde lewerdruk of seat party makliker.? dop nekspanning??
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by HeinM »

Capt. Yoda wrote: Thu Jan 04, 2024 1:38 pm Jy gaan n dop vir n dag en half lank moet aneal voor jy hom so op d.onner laat die primer pockets “sag” raak. Kyk ma soos Geno se vir n carbon ring of n donut in die dop se nek. Hoe kopspasie (springbak van voor en na aneal) probleme dit sal veroorsaak weet ek oki
Feite ;)
User avatar
Original Harry
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Fri May 18, 2018 9:23 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Original Harry »

Mooi gestel projagter ;) Pretty much ja op al jou vrae en die herlaai proses is normaal vir mates en daai aller belangrike gevoel waneer jy iets indruk of seat ;) .......of so het ek gedink :(

Ek het die primer pocket dia size vir "Small rifle primers" soos volg:

Min: 0.1730" (4.3942 mm)
Max: 0.1745" (4.4323 mm)

Die normale doppe meet 4.33mm met elektroniese vernier en ek aanvaar hulle is binne spec alhoewel ek nog kleiner meet as die min spec aangegee in Ballistic Tools se webwerf :) Noem dit vervaardiger tolerances en my meet fout :)
Die geblaaste doppe meet 4.50mm en is natuurlik buite spec en is dan ook gescrap!

Nou hier is die geheim......hierdie info is vir 'n vriend (jong herlaaier) en my herlaai inligting is tweedehands alhoewel ek sekere van die mates en stellings self bevestig het!
Dit blyk nou dat na 6 tot 7 herlaai kere met die Lapua doppe van die primer pockets nou gerek is en die primer TE MAKLIK seat!!!
Ek sal nou daaardie doppe se primer pockets meet en kyk hoe vergelyk hulle met die spesifikasie soos ek hom het :)
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by projagter »

Original Harry wrote: Mon Jan 08, 2024 1:39 pm
Dit blyk nou dat na 6 tot 7 herlaai kere met die Lapua doppe van die primer pockets nou gerek is en die primer TE MAKLIK seat!!!
Toe primer te maklik seat moes die buzzer afgegaan het -- kan wees omdat primerpocket te diep gesny is en bv n CoEx pers dan nie die primer voldoende pers/seat nie.
Of omdat primerpocket gerek het en slagdop nie ordentlik inpers/sluit nie. Let Wel as dit voel of slagdop te maklik seat sal met inspeksie van slagdop se sluiting in pocket soms 'n verskil opgemerk kan word. In die geval sal ek die oorsaak vir slagdopgat rek/vergroting wil weet? te hoë drukking of dopfatique? Hoekom. let Wel sekere fabrikaat (sagter) doppe neig om die probleem gouer te gee as hoofsaaklik nekkrimping gedoen word i p v volkrimping en geweer se kamer wyd gesny is.
Let Wel die feit dat die spesifieke doppe aan die gatkant swart gebrand??? is ( al het die slagdop nie uit/losgekom nie ) sou my gouer op die spoor geplaas het.
Meet 'n gevuurde dop wat nie 'n probleem was nie en vergelyk met 'n standaard dopmate -- om die geweer se kamerafmeting te bepaal??
Nou is my halfsente op.
User avatar
Original Harry
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Fri May 18, 2018 9:23 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Original Harry »

Tx manne...........ek dink ek het genoeg info om die probleem te stop.........dankie baie vir alle waardevolle insette!!!

Op projagter hierbo se info:
1. Doppe word net ge-neksize.
2. Ek sal vergelyk met nuwe dop om kamer en standaard te vergelyk.
3. Doppe brand nie swart agter nie!
4. My fout dat ek nooit individu gevra het of hy nie kon agterkom dat party primers maklik / makliker ingaan nie ::)
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 457
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by JF123 »

As jy sê die primers blaas uit, wat presies bedoel jy?

Staan hulle net uit die gat uit, of val die slagdoppies uit die dop uit as jy die slot oopmaak?
User avatar
Original Harry
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Fri May 18, 2018 9:23 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Original Harry »

JF123............slagdop val uit!

(Hy brand nie net deur nie of die slagpen los nie net 'n gaatjie nie)
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by projagter »

Original Harry wrote: Mon Jan 08, 2024 2:34 pm Tx manne...........ek dink ek het genoeg info om die probleem te stop.........dankie baie vir alle waardevolle insette!!!

Op projagter hierbo se info:
1. Doppe word net ge-neksize.
OH
Dit is goeie praktyk om waar hoofsaaklik nekkrimping gedoen word saam met stywer ladings die doppe en slagdopgat nougeset meer volledig te inspekteer.
Oorweeg dit om ten minste na elke 4 - 5 gebruike te anneal.
Last edited by projagter on Mon Jan 08, 2024 4:24 pm, edited 1 time in total.
Post Reply