Beesvleis direk van die boer

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1489
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Beesvleis direk van die boer

Post by Eduard Venter »

Dagsê. Ek steek bietjie voelers uit en wil graag julle opinie hoor asseblief.

Die van julle wat al by my gejag het sou almal die klomp wit brahman beeste gesien het op die plaas. Hulle is 100% hormoon vry en lekker geel vet. Soms vra die jagters my hoekom ek nie van daai vleis direk aan die publiek verkoop nie.

So my vraag is hoeveel manne hier sou belangstel in so iets? Snitte beskikbaar sal wees steaks, maalvleis, boerewors, patties, sosaties ens. 'n Proffesionele slagter sal die karkaste verwerk en netjies verpak. Die vleis sal beskikbaar wees in Pretoria teen markverwante pryse. Ek kan op voorafbepaalde tye die vleis aflaai op sentrale punte, of vir groter bestellings by die huis gaan aflewer.

Laat weet asseblief wat dink julle daarvan. Hoe meer opinies, hoe beter. As daar genoeg belangstelling is kan ek 'n proeflopie doen, maar wil net eers bietjie my huiswerk doen om te sien of so iets dalk die moeite werd kan wees.

GroeteImage

Sent from my SM-A528B using Tapatalk

User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Beesvleis direk van die boer

Post by jdpretorius »

Ek sal jou graag ondersteun.

Dalk iets om aan te dink.....bied dalk ook lekker sagte vleis te koop aan vir die manne wat daar kom jag. Dan pikel n ou mos nog minder goed saam en dit is gerieflik.

Dalk sal die vleis se kwaliteid (sagtheid) die bepalende faktor wees vir groei in so n besigheid.
Afhaal in bv. Pta is n goeie roep...daardie plek sal manne dalk moet kan bystaan om oor n naweek te gan haal.
Wors is n moeilike een want elkeen het mos n opinie oor sy smaak, spices, ens. Ek hou bv. nie van te veel sout nie en die oomblik wat daai wors terug kook met my maagsweer pensie is ek af gesit.
Hier by ons was 'Groenkloof Slaghuis' jare lank bekend vir die beste wors in die dorp. Dit klink of die iemand anders die besigheid oor geneem het en dinge het klaarblyklik plat geval. Die selfde kan gesê word oor n slaghuis in Lynwood.

Die ou by wie ek my wildsvleis in gee, werk van sy huis af en bied hoeka nou al n rukkie ook onderandere beesvleis te koop. Sy besigheid groei mooi en sy vleis is van die sagste wat ek hier rond kan koop. Ek dink hy mature die vleis vir minstens 21 dae.
Sy sout & peper wors is lekker vir my.


.....hoop dit help

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Beesvleis direk van die boer

Post by Riaan Kriel »

Jy kan selfs oorweeg om voorkwarte, agterkwarte of halwe karkasse ook te verkoop aan die manne wat self hulle vleis 'n bietjie langer in die koelkamer wil laat hang en dan self verder verwerk.

Ek self sal belangstel in 'n agterkwart wat ek nog so 2 weke in my koelkamertjie kan laat hang en dan sal verwerk.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Beesvleis direk van die boer

Post by Toxxyc »

As jou pryse effens onder markprys is, en die vleis is sag, dink ek jy't 'n mark. Ek sukkel geweldig om sagte vleis in die hande te kry. Alles is taai, sonder marbling, en proe soos haemoglobin.
Stef1274
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Thu Jan 26, 2023 1:27 pm

Re: Beesvleis direk van die boer

Post by Stef1274 »

Hi Eduard,

Hier en daar doen mense presies dit wat jy nou voorstel, veral met skaap/lam. Hulle het dan gewoonlik Whatsappgroepe waar betsellings geplaas word, en maak dan sentrale aflewerings byvoorbeeld maandeliks.

Ek wil wel iets noem; moet dit asseblief nie sien as ek wat probeer sê wat reg of verkeerd is nie, dit is net my observasie. Ek dink jy sal die beste doen deur onder markprys in te kom. Om op hierdie metode vleis te koop vat 'n klein bietjie meer "admin" as om net by die slaghuis te koop, so die meerderheid van mense sal dit nie doen as daar nie 'n noemenswaardige besparing is nie. In wat ek al gehoor het is goed soos hormoonvryheid nie so belangrik vir verbruikers soos mens sou dink nie.

Sover ek weet (onder korreksie), is daar redelik vet om te deel tussen boer en verbruiker as die middelman (slagpale, slaghuis ens?) uitgesny word. Kom ons sê byvoorbeeld, in die gewone transaksie met almal in die ketting sou pryse soos volg wees (hipotetiese bedrae):

Boer se uitgawes 70c/kg
Boer kry R1/kg
Slagpale sit 30c/kg by
Slaghuis sit 30c/kg by
Aankoopprys vir verbruiker R1,40/kg
Boer wins 30c/kg

Direk verskafte transaksie (met geen verstellings):
Boer se uitgawes 70c/kg
Aankoopprys vir verbruiker R1,40/kg
Boer wins 70c/kg
Besparing vir verbruiker R0.00/kg

Meeste redelike mense wil graag hê die boer moet meer wins maak, maar ook dat aankoper 'n bietjie spaar. So in plaas van boer wat eindprys dieselfde hou en nou 70c vat in plaas van 30c, probeer dalk die koper ook bietjie tegemoet kom in die middel, met so tipe iets:

Aanbevole transaksie:
Boer se uitgawes 70c/kg
Aankoopprys vir verbruiker R1,20/kg
Boer wins 50c/kg
Besparing vir verbruiker 20c/kg

Ek vermoed ek gaan dalk op paar tone trap deur te sê wat ek hier sê, maar my bedoeling is om inligting deur te gee wat ek eerstehands gesien het met hierdie tipe goed, op so 'n manier dat almal beter af is.
308 Win - Custom Israeli Mauser
303 Bri - Enfield 1970s Sporter
6.5 Grendel - Howa Mini
9mmS - Beretta 84BB
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1489
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Beesvleis direk van die boer

Post by Eduard Venter »

Dagsê. Dankie vir die insette sover, dit is insiggewend. Ek dink dit sal die moeite werd wees om 'n proeflopie te doen en mooi somme te maak met die data versamel daaruit en dan kan mens besluit of die storie die moeite werd gaan wees om gereeld te doen in die toekoms.



Sent from my SM-A528B using Tapatalk


User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Beesvleis direk van die boer

Post by Lategan1 »

@Stef, geen tone getrap nie. Jy vat al die beginsels mooi saam.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Beesvleis direk van die boer

Post by Johan Nel »

Eduard, jou gedagte het beslis meriete. Ons hier in Mpumalanga kan van 'n produsent in Amsterdam genaamd Glen vleis maandeliks vleis bestel. Hulle lewer dan die verpakte vleis op sentrale punte in die dorpe af waar die kopers dit kom oplaai.
Jy kan dalk op hulle Facebook gaan loer hoe lyk hulle advertensies en bemarking. Dit kan dalk help om jou plan van die grond af te kry.
https://www.google.com/url?q=https://m. ... ZmZR0mbdLz
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Beesvleis direk van die boer

Post by Toxxyc »

Eduard Venter wrote: Mon Dec 04, 2023 1:06 pm Dagsê. Dankie vir die insette sover, dit is insiggewend. Ek dink dit sal die moeite werd wees om 'n proeflopie te doen en mooi somme te maak met die data versamel daaruit en dan kan mens besluit of die storie die moeite werd gaan wees om gereeld te doen in die toekoms.



Sent from my SM-A528B using Tapatalk
As jy nou eendag hier verbykom soos ek aanhou belowe word, dan moet jy so stukkie van 'n stoterige koei saambring dan sal ek jou laat weet of dit sagter is as Checkers of nie :D
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1489
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Beesvleis direk van die boer

Post by Eduard Venter »

Haha ek maak so

Sent from my SM-A528B using Tapatalk

User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1489
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Beesvleis direk van die boer

Post by Eduard Venter »

Johan Nel wrote:Eduard, jou gedagte het beslis meriete. Ons hier in Mpumalanga kan van 'n produsent in Amsterdam genaamd Glen vleis maandeliks vleis bestel. Hulle lewer dan die verpakte vleis op sentrale punte in die dorpe af waar die kopers dit kom oplaai.
Jy kan dalk op hulle Facebook gaan loer hoe lyk hulle advertensies en bemarking. Dit kan dalk help om jou plan van die grond af te kry.
https://www.google.com/url?q=https://m. ... ZmZR0mbdLz
Baie dankie Johan! Hierdie was min of meer my idee om na toe te werk. Bly om te sien daar is manne wat my al voorgespring het en suksesvol was. Ek waardeer jou inset.

Sent from my SM-A528B using Tapatalk

User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Beesvleis direk van die boer

Post by Christo »

Ek dink jy moet van hulle op jou jag pryslys sit. Per kg en hulle laat jag. Ek is al van laas jaar af lus om 'n lekker vetterige jong tollie te "jag". Foto's en al.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1489
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Beesvleis direk van die boer

Post by Eduard Venter »

My beeste is vreeslik mak, maar as oom Christo dit wil doen kan oom my kontak vir die volgende jagseisoen, dan maak ons dit gebeur.

Nul72 334 5015

Sent from my SM-A528B using Tapatalk

Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Beesvleis direk van die boer

Post by Toxxyc »

Ek sien dit al - bladskoot op 3m met die .416, sommer so uit die heup uit. :D
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Beesvleis direk van die boer

Post by Lategan1 »

Oorlede oom van my het sy slaggoed met ‘n .303 oopvisier tussen die oë geskiet, op spoeg afstand.

Diè dag was die klap/skuifvisier op maks gestel, hy vergeet om terug te stel, ek weet nie op hoeveel yards gestel was nie. Ek en my neef het staan en kyk, ons wil mos nou sien hoe val ‘n bees!

Lang storie kort. Koeël tref bees hoog van voor en amper skrams. Daar ontaard ‘n bees in ‘n wilde bees, breek deur die boonste draad met storm en springslag reguit in ons rigting. Vinnig gesystap net om te hoor my oom het nie ‘n 2de patroon byderhand nie!

Bees stop binne ‘n kraal en raak rustiger, ons hol huis toe vir die 2de patroon - so 50m - visier word teruggestel al swetsende en bees val.

Wat ek nie kan onthou nie, was of die vleis taai was nie!

Ware verhaal.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Beesvleis direk van die boer

Post by Mellies »

Indien jy jou eie nismark kan skep met n kwaliteit produk teen skerp pryse behoort jy waarde tot jou produk te voeg ipv dat iemand anders hierdie waarde in sy/haar sak druk soos reeds genoem.

As ek net n klein regstelling kan maak, geen vleis is 100% hormoonvry nie. Elke dier produseer n verskeidenheid hormone met n reeks funksies binne die dier se liggaam.

Met n vleisie...
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Beesvleis direk van die boer

Post by Stephan86 »

Eduard as jy met daai proeflopie begin is my naam heel bo vir 'n halwe bees.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1489
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Beesvleis direk van die boer

Post by Eduard Venter »

Dankie Stephan. Jy kan my sommer 'n boodskap stuur asb dat ek jou nommer kan hou daarvoor.

Nul72 334 5015

Sent from my SM-A528B using Tapatalk

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Beesvleis direk van die boer

Post by Capt. Yoda »

Mellies wrote: Tue Dec 05, 2023 12:53 pm Indien jy jou eie nismark kan skep met n kwaliteit produk teen skerp pryse behoort jy waarde tot jou produk te voeg ipv dat iemand anders hierdie waarde in sy/haar sak druk soos reeds genoem.

As ek net n klein regstelling kan maak, geen vleis is 100% hormoonvry nie. Elke dier produseer n verskeidenheid hormone met n reeks funksies binne die dier se liggaam.

Met n vleisie...
Ek hou van n bq TREN in myne
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Lodewijk
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Mon Nov 11, 2024 6:14 pm

Re: Beesvleis direk van die boer

Post by Lodewijk »

Hi Eduard, wou sommer hoor of julle al besig is met proeflopies vir die verkoop van die beesvleis. Ek sal definitief belangstel.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1489
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Beesvleis direk van die boer

Post by Eduard Venter »

Dagsê Lodewijk. Ek was met die jagseisoen bietjie besig en lank weg. Maar ek het 'n bees by die slagter op die oomblik. Jy is welkom om my te kontak, ek sal seker vroeg Desember in pta wees

Nul723345015

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Post Reply