Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Dagsê. Ek steek bietjie voelers uit en wil graag julle opinie hoor asseblief.
Die van julle wat al by my gejag het sou almal die klomp wit brahman beeste gesien het op die plaas. Hulle is 100% hormoon vry en lekker geel vet. Soms vra die jagters my hoekom ek nie van daai vleis direk aan die publiek verkoop nie.
So my vraag is hoeveel manne hier sou belangstel in so iets? Snitte beskikbaar sal wees steaks, maalvleis, boerewors, patties, sosaties ens. 'n Proffesionele slagter sal die karkaste verwerk en netjies verpak. Die vleis sal beskikbaar wees in Pretoria teen markverwante pryse. Ek kan op voorafbepaalde tye die vleis aflaai op sentrale punte, of vir groter bestellings by die huis gaan aflewer.
Laat weet asseblief wat dink julle daarvan. Hoe meer opinies, hoe beter. As daar genoeg belangstelling is kan ek 'n proeflopie doen, maar wil net eers bietjie my huiswerk doen om te sien of so iets dalk die moeite werd kan wees.
Dalk iets om aan te dink.....bied dalk ook lekker sagte vleis te koop aan vir die manne wat daar kom jag. Dan pikel n ou mos nog minder goed saam en dit is gerieflik.
Dalk sal die vleis se kwaliteid (sagtheid) die bepalende faktor wees vir groei in so n besigheid.
Afhaal in bv. Pta is n goeie roep...daardie plek sal manne dalk moet kan bystaan om oor n naweek te gan haal.
Wors is n moeilike een want elkeen het mos n opinie oor sy smaak, spices, ens. Ek hou bv. nie van te veel sout nie en die oomblik wat daai wors terug kook met my maagsweer pensie is ek af gesit.
Hier by ons was 'Groenkloof Slaghuis' jare lank bekend vir die beste wors in die dorp. Dit klink of die iemand anders die besigheid oor geneem het en dinge het klaarblyklik plat geval. Die selfde kan gesê word oor n slaghuis in Lynwood.
Die ou by wie ek my wildsvleis in gee, werk van sy huis af en bied hoeka nou al n rukkie ook onderandere beesvleis te koop. Sy besigheid groei mooi en sy vleis is van die sagste wat ek hier rond kan koop. Ek dink hy mature die vleis vir minstens 21 dae.
Sy sout & peper wors is lekker vir my.
.....hoop dit help
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Jy kan selfs oorweeg om voorkwarte, agterkwarte of halwe karkasse ook te verkoop aan die manne wat self hulle vleis 'n bietjie langer in die koelkamer wil laat hang en dan self verder verwerk.
Ek self sal belangstel in 'n agterkwart wat ek nog so 2 weke in my koelkamertjie kan laat hang en dan sal verwerk.
As jou pryse effens onder markprys is, en die vleis is sag, dink ek jy't 'n mark. Ek sukkel geweldig om sagte vleis in die hande te kry. Alles is taai, sonder marbling, en proe soos haemoglobin.
Hier en daar doen mense presies dit wat jy nou voorstel, veral met skaap/lam. Hulle het dan gewoonlik Whatsappgroepe waar betsellings geplaas word, en maak dan sentrale aflewerings byvoorbeeld maandeliks.
Ek wil wel iets noem; moet dit asseblief nie sien as ek wat probeer sê wat reg of verkeerd is nie, dit is net my observasie. Ek dink jy sal die beste doen deur onder markprys in te kom. Om op hierdie metode vleis te koop vat 'n klein bietjie meer "admin" as om net by die slaghuis te koop, so die meerderheid van mense sal dit nie doen as daar nie 'n noemenswaardige besparing is nie. In wat ek al gehoor het is goed soos hormoonvryheid nie so belangrik vir verbruikers soos mens sou dink nie.
Sover ek weet (onder korreksie), is daar redelik vet om te deel tussen boer en verbruiker as die middelman (slagpale, slaghuis ens?) uitgesny word. Kom ons sê byvoorbeeld, in die gewone transaksie met almal in die ketting sou pryse soos volg wees (hipotetiese bedrae):
Boer se uitgawes 70c/kg
Boer kry R1/kg
Slagpale sit 30c/kg by
Slaghuis sit 30c/kg by
Aankoopprys vir verbruiker R1,40/kg
Boer wins 30c/kg
Direk verskafte transaksie (met geen verstellings):
Boer se uitgawes 70c/kg
Aankoopprys vir verbruiker R1,40/kg
Boer wins 70c/kg
Besparing vir verbruiker R0.00/kg
Meeste redelike mense wil graag hê die boer moet meer wins maak, maar ook dat aankoper 'n bietjie spaar. So in plaas van boer wat eindprys dieselfde hou en nou 70c vat in plaas van 30c, probeer dalk die koper ook bietjie tegemoet kom in die middel, met so tipe iets:
Aanbevole transaksie:
Boer se uitgawes 70c/kg
Aankoopprys vir verbruiker R1,20/kg
Boer wins 50c/kg
Besparing vir verbruiker 20c/kg
Ek vermoed ek gaan dalk op paar tone trap deur te sê wat ek hier sê, maar my bedoeling is om inligting deur te gee wat ek eerstehands gesien het met hierdie tipe goed, op so 'n manier dat almal beter af is.
Dagsê. Dankie vir die insette sover, dit is insiggewend. Ek dink dit sal die moeite werd wees om 'n proeflopie te doen en mooi somme te maak met die data versamel daaruit en dan kan mens besluit of die storie die moeite werd gaan wees om gereeld te doen in die toekoms.
Eduard, jou gedagte het beslis meriete. Ons hier in Mpumalanga kan van 'n produsent in Amsterdam genaamd Glen vleis maandeliks vleis bestel. Hulle lewer dan die verpakte vleis op sentrale punte in die dorpe af waar die kopers dit kom oplaai.
Jy kan dalk op hulle Facebook gaan loer hoe lyk hulle advertensies en bemarking. Dit kan dalk help om jou plan van die grond af te kry. https://www.google.com/url?q=https://m. ... ZmZR0mbdLz
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Eduard Venter wrote: Mon Dec 04, 2023 1:06 pm
Dagsê. Dankie vir die insette sover, dit is insiggewend. Ek dink dit sal die moeite werd wees om 'n proeflopie te doen en mooi somme te maak met die data versamel daaruit en dan kan mens besluit of die storie die moeite werd gaan wees om gereeld te doen in die toekoms.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
As jy nou eendag hier verbykom soos ek aanhou belowe word, dan moet jy so stukkie van 'n stoterige koei saambring dan sal ek jou laat weet of dit sagter is as Checkers of nie
Johan Nel wrote:Eduard, jou gedagte het beslis meriete. Ons hier in Mpumalanga kan van 'n produsent in Amsterdam genaamd Glen vleis maandeliks vleis bestel. Hulle lewer dan die verpakte vleis op sentrale punte in die dorpe af waar die kopers dit kom oplaai.
Jy kan dalk op hulle Facebook gaan loer hoe lyk hulle advertensies en bemarking. Dit kan dalk help om jou plan van die grond af te kry. https://www.google.com/url?q=https://m. ... ZmZR0mbdLz
Baie dankie Johan! Hierdie was min of meer my idee om na toe te werk. Bly om te sien daar is manne wat my al voorgespring het en suksesvol was. Ek waardeer jou inset.
Ek dink jy moet van hulle op jou jag pryslys sit. Per kg en hulle laat jag. Ek is al van laas jaar af lus om 'n lekker vetterige jong tollie te "jag". Foto's en al.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Oorlede oom van my het sy slaggoed met ‘n .303 oopvisier tussen die oë geskiet, op spoeg afstand.
Diè dag was die klap/skuifvisier op maks gestel, hy vergeet om terug te stel, ek weet nie op hoeveel yards gestel was nie. Ek en my neef het staan en kyk, ons wil mos nou sien hoe val ‘n bees!
Lang storie kort. Koeël tref bees hoog van voor en amper skrams. Daar ontaard ‘n bees in ‘n wilde bees, breek deur die boonste draad met storm en springslag reguit in ons rigting. Vinnig gesystap net om te hoor my oom het nie ‘n 2de patroon byderhand nie!
Bees stop binne ‘n kraal en raak rustiger, ons hol huis toe vir die 2de patroon - so 50m - visier word teruggestel al swetsende en bees val.
Wat ek nie kan onthou nie, was of die vleis taai was nie!
Indien jy jou eie nismark kan skep met n kwaliteit produk teen skerp pryse behoort jy waarde tot jou produk te voeg ipv dat iemand anders hierdie waarde in sy/haar sak druk soos reeds genoem.
As ek net n klein regstelling kan maak, geen vleis is 100% hormoonvry nie. Elke dier produseer n verskeidenheid hormone met n reeks funksies binne die dier se liggaam.
Mellies wrote: Tue Dec 05, 2023 12:53 pm
Indien jy jou eie nismark kan skep met n kwaliteit produk teen skerp pryse behoort jy waarde tot jou produk te voeg ipv dat iemand anders hierdie waarde in sy/haar sak druk soos reeds genoem.
As ek net n klein regstelling kan maak, geen vleis is 100% hormoonvry nie. Elke dier produseer n verskeidenheid hormone met n reeks funksies binne die dier se liggaam.
Met n vleisie...
Ek hou van n bq TREN in myne
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Dagsê Lodewijk. Ek was met die jagseisoen bietjie besig en lank weg. Maar ek het 'n bees by die slagter op die oomblik. Jy is welkom om my te kontak, ek sal seker vroeg Desember in pta wees