Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Ek is amper daar met my klein sisteem ons is darem net 3 in die huis en het geleer om die ketel en geyser apart te hardloop asook skottelgoed waser en geyser.
1 x 5 KVA Inverter - The Sun Pays opgetel vir next to nothing by pel van my en so ver na 2 maande loop baie mooi.
1 x SOL-7550 - Greenrich UP5000 (5KWH, 7.5KW, 1.5C) battery loop ook baie goed nog nie leeg geloop gestel op 20% behalwe die een keer wat ons 6 uur sonder krag gesit het en my vrou die geyser laat hardloop vir 1 uur nie.
Dan is dit 8 x 455KW Canadian panele wat net nog moet gekoppel en installer word.
Ek doen die so stuk stuk met een van my vriende wat Solar doen soos wat daar geld is.
Die Greenrich battery is regtig goed en loop baie mooi meer as wat on verwag het. Ek sal verder terugvoer gee sodra my panele op en in die gang is sal seker teen volgende week vol aan die gang wees.

- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Sunsynk 8kw x 2 Hubble AM2 batterye en 14 Canadian 550 panele. Baie gelukkig en sisteem loop mooi
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
- saswart
- Sr. Member

- Posts: 485
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
2 x 3.7 kWh batterye, 8 kW hybrid Inverter, 9X455W panele.
Die sisteem vroeg 2022 ingesit en ek moet bieg, ek kyk nie terug nie. Loadshedding pla nie. 3 grootmense, 3 kinders
Goed wat ek doen en gesien het:
- Inverter gestel op eers son, dan battery, dan eskom
- Geyser is wel gekoppel - maar ek het timer ingesit op geyser, slegs aan 10h - 15h elke dag, 30 min 20:00h en 30min 05:00. My vrou, en ek bieg ek ook, is nie lus vir koue stort in oggend na oefen nie
- Ons gas-oond het die elektrise oond en nie oond op sisteem gekoppel nie. So as loadshedding daar is, kan ek nie sisteem gebruik nie. Maar ons gebruik oond so min, dit pla glad nie
- Ek wek so gemiddeld 15 - 20 kWh per dag, beste was 27. Beste maande was Jul en Aug (rondom 580 kWh per maand), somer maande gemiddeld so 450. Maar daarna het ek my batterye gestel, so die sisteem laai nie baie soos wat dit sou kon as batterye leeg (bv 10-20%) was nie. En ek dink die geyser bly langer warm, dus minder krag om warm te maak in dag.
- Sedert die loadshedding verby Level 4 beweeg het, het ek my level of discharge (LOD) gesit op gemiddeld 50%. Dit sal minder raak as dit loadshedding is natuurlik, maar dan ook getel dat hy grid charge, so eskom laai hom terug tot 50%. Wat se die ander, is dit nadelig vir batterye om te bly op 50% en met grid charge daar te hou?

-
junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1226
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Ek benodig hulp van die manne in die kaap(Stellenbosch as moontlik) vir n 12V of 24V lithium Battery.
Extreme lights in The Woodmill het voorraad maar ek wil net seker wees die besigheid bestaan regtig en is betroubaar.ek sal self bestel en courier na Bloemfontein.Ek is dringend en nerens in Bloemfontein is tans voorraad nie.

- Dries Skiet
- Hero Member

- Posts: 1094
- Joined: Mon Oct 01, 2012 10:01 am
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Ek koop sommer op TakeAlot. Hulle staan agter hulle goed. Dit werk vir my.
Dries van Lingen.
Genoeg gewere, maar ek soek nog.
Genoeg gewere, maar ek soek nog.
- Dries Skiet
- Hero Member

- Posts: 1094
- Joined: Mon Oct 01, 2012 10:01 am
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Dries van Lingen.
Genoeg gewere, maar ek soek nog.
Genoeg gewere, maar ek soek nog.
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 1000
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Extreme lights bestaan al lank en het al by hulle gekoop.
As dit hulle is kan jy maar koop.
https://www.extremelights.co.za/?gclid= ... EWEALw_wcB

YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 828
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Naand almal. Gou n vraag oor sonpaneel orientasie. Google sê in SA moet panele noord kyk. Nou ek het my foon en 2 verskillende Garmin gps'se gebruik en al drie wys dieselfde rigting(mens sou so hoop né) nou my vraag, wys hulle ware noord of magnetiese noord. En as ek nou na ware noord kyk, is magnetiese noord effe regs of links van ware noord. Ek luister by die radio.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5133
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Nee man Lamtjop jy oordink die dingLamtjop wrote: Wed Jun 28, 2023 6:27 pm Naand almal. Gou n vraag oor sonpaneel orientasie. Google sê in SA moet panele noord kyk. Nou ek het my foon en 2 verskillende Garmin gps'se gebruik en al drie wys dieselfde rigting(mens sou so hoop né) nou my vraag, wys hulle ware noord of magnetiese noord. En as ek nou na ware noord kyk, is magnetiese noord effe regs of links van ware noord. Ek luister by die radio.
Ek sit gereeld stelsels in en ons moet werk met wat ons beskikbaar het. Ons kan ongelukkig nie die huise se dakke skuif nie.
My 1ste keuse is altyd Noord, sommer Google se Noord. Maar net so belangrik is die helling van die paneel tussen 25-30 grade.
Indien jou panele effe Oos van Noord wys het jy vroeg oggend vinniger opwekking maar laat middag is jou dag korter. Wes van Noord weer die teenoorgestelde. As ek kon kies sal ek eerder effe Wes van Noord gebruik as Oos.
Indien dinge mooi uitwerk kan jy paar panele reg Oos en paar reg Wes plaas. Dit 'n baie goeie opsie en werk besonder goed.
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 828
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Hierdie panele kom op n raam wat 30° is en moet nog net reg "kyk". Vir my voel dit hulle wys te veel Wes. Ek is maar bietjie OCD
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 843
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Dit gaan oor optimale sonbenutting. In Suid Afrika is die optimale sonbenutting, uitgesluit opstruksies soos berge en bome, 10° Oos van Noord. Dit is die ideaal om 'n nuwe huis ook so te laat bou. Magnetiese Noord is dan definitief nie die antwoord nie.Naand almal. Gou n vraag oor sonpaneel orientasie. Google sê in SA moet panele noord kyk. Nou ek het my foon en 2 verskillende Garmin gps'se gebruik en al drie wys dieselfde rigting(mens sou so hoop né) nou my vraag, wys hulle ware noord of magnetiese noord. En as ek nou na ware noord kyk, is magnetiese noord effe regs of links van ware noord. Ek luister by die radio.
- Willie
- Sr. Member

- Posts: 460
- Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Het iemand dalk kennis van die Geewiz produkte ?
Ek kyk na GW-A-PS3K PLUS as 'n ups vir my dogter vir PC, Wifi en dalk 'n lig. Sy het reeds loodsuur baterrye en oorweeg dit om dalk later paar sonpanele aan te skaf.

- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Lamtjop
My bietjie ondervinding is as jy batterye beter wil volhou. Sit panele op wat meer oos kyk en kombineer met panele wat meer wes kyk. Batterye is die duur deel van die stelsel. Panele om by te sit is goedkoper om batterye beter vol te hou.
En magnetiese noord is links of meer wes van ware noord.

- prohunt
- Hero Member

- Posts: 837
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Hoekom "Spike" Battery Persentasie
Goeiemore,
'n Vraag vir die slim manne asseblief.
Ek het 'n Sunsynk 8,8kW met drie 8,8kW BSL batterye en 24 x 425W panele. Die stelsel werk goed behalwe vir een probleem. My hele huis is op die stelsel en na 'n nag se gebruik is die battery vlakke in die oggend so tussen 55 en 62%. Soos die sonkrag meer word laai die batterye op tot so 64/65%. Dan gebeur die volgende op 'n sonskyndag. Sodra jy dan die las verhoog soos bv 'n geyser aansit (3kW) spring die battery persentasie op na 98% en wys die liggies op die batterye ook hulle is skielik byna vol. Dit is egter 'n vals lesing want die batterye laai dan nog ongeveer twee na drie ure (afhangend van gebruik) voordat hulle werklik vol is. Ek het 'n video geneem van presies hoe dit gebeur maar weet nie hoe om hom klein genoeg te kry om dit hier te laai nie...indien iemand daarmee kan help sal ek dit baie waardeer. Volgens my is al die verstellings (settings) reg (Float 54,5V; Absorpsion 55.0V; Eqaulization 54.0V). Ek hoor graag of van die slim manne 'n goeie verklaring hiervoor het.
Seën
Johan

Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
My Freedomwon Etower batterye het ook snaaks truuks in die begin gehad. Toe met hulle tegniese manne gepraat en hulle het my batterye se sagteware net ge’update’ en siedaar!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5133
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Hoekom "Spike" Battery Persentasie
Hi Johan.prohunt wrote: Thu Jul 20, 2023 10:36 am Goeiemore,
'n Vraag vir die slim manne asseblief.
Ek het 'n Sunsynk 8,8kW met drie 8,8kW BSL batterye en 24 x 425W panele. Die stelsel werk goed behalwe vir een probleem. My hele huis is op die stelsel en na 'n nag se gebruik is die battery vlakke in die oggend so tussen 55 en 62%. Soos die sonkrag meer word laai die batterye op tot so 64/65%. Dan gebeur die volgende op 'n sonskyndag. Sodra jy dan die las verhoog soos bv 'n geyser aansit (3kW) spring die battery persentasie op na 98% en wys die liggies op die batterye ook hulle is skielik byna vol. Dit is egter 'n vals lesing want die batterye laai dan nog ongeveer twee na drie ure (afhangend van gebruik) voordat hulle werklik vol is. Ek het 'n video geneem van presies hoe dit gebeur maar weet nie hoe om hom klein genoeg te kry om dit hier te laai nie...indien iemand daarmee kan help sal ek dit baie waardeer. Volgens my is al die verstellings (settings) reg (Float 54,5V; Absorpsion 55.0V; Eqaulization 54.0V). Ek hoor graag of van die slim manne 'n goeie verklaring hiervoor het.
Seën
Johan
Hoe oud is die sisteem en hoe lank sien jy al die verskynsel?
BSL batterye is Get Off Grid se produk. Ek koop meeste van my Sunsynk inverters by hulle. Ek self het nog nooit BSL gekoop nie maar het al 4 installasies gedoen met hulle waar die klieënt die BSLs voorsien het.
In 3 van die 4 installasies het hulle ook 'n State Of Charge probleem gehad. Die inverter wys die battery is nog tussen 70 en 80 % vol en haak daar vas vir lank terwyl hy steeds laai. Dan skielik spring hy na 100%. Op die grafiek is dit letterlik 'n lyn wat reguit vertikaal op spring in geen tyd nie.
Get of Grid is genader en die verskynsel is met hulle bespreek. Heel koel en kalm vertel die man my dat dit normaal is vir nuwe installasies en dat ons net die sisteem moet cycle vir paar weke en dan sal dit verdwyn. So gesê en so gedaan en na so paar weke het die probleem minder begin word en 1 vir 1 het al 3 installasies hulself uit gesort.
Die man by GOG het my verduidelik dat die BSL batterye soos enige ander battery altyd met effe ongebalanseerde selle in elke battery en dan ook teenoor mekaar in verskillende batterye sit as die installasie nuut is. Dit vat dan tyd vir die selle om te balanseer en die gebeur op verskillende maniere afhangende van watter Battery Management System gebruik word.
Indien die batterye in my installasies nie sou reg kom binne 2 maande nie was die volgende stap dat ek Firmware update moes doen op elke battery. Verskillende FW in dieselfde battery pak kan soms ook probleme veroorsaak maar dis nie algemeen nie.
My voorstel sal wees om die installeerder te vra om vir GOG te kontak, die nodige kabel en sagteware te bekom em vir 'n begin die FW te update voor mens enige ander stappe neem.
- prohunt
- Hero Member

- Posts: 837
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Baie dankie vir almal se terugvoer sover, waardeer.
My stelsel is nou 'n maand oud. Die batterye en die inverter se sagteware is so 10 dae gelede opgradeer, so daaraan kan ek niks meer doen nie.
Ek het die verskynsel binne die eerste twee weke opgemerk en dit het nog nie verander nie.
Die installeerder het met die BSL verskaffers geskakel en ek het die batterye seker so vier keer tussen 40-50% na 100% laat cycle. Die batterye ontlaai elke dag van 100% na ongeveer 50-60%. Die volgende oggend begin hy dan normaal laai maar die oomblik as ek 'n groter las op hom plaas in die omgewing van 65% spring hy in 'n reguit lyn op na 98%. Dit gebeur gewoonlik so tussen 09:00 en 10:00 die oggend wanneer die PV al in die omgewing van 5kW is.

As beurtkrak nou weer minder is en jy kan dit waag kan jy af cycle tot so 20-25% vir so paar dae in 'n ry. Batterye balanseer nie net altyd aan die bo kant nie maar aan die onder kant ook tot 'n mindere mate.prohunt wrote: Fri Jul 21, 2023 11:48 am Baie dankie vir almal se terugvoer sover, waardeer.
My stelsel is nou 'n maand oud. Die batterye en die inverter se sagteware is so 10 dae gelede opgradeer, so daaraan kan ek niks meer doen nie.
Ek het die verskynsel binne die eerste twee weke opgemerk en dit het nog nie verander nie.
Die installeerder het met die BSL verskaffers geskakel en ek het die batterye seker so vier keer tussen 40-50% na 100% laat cycle. Die batterye ontlaai elke dag van 100% na ongeveer 50-60%. Die volgende oggend begin hy dan normaal laai maar die oomblik as ek 'n groter las op hom plaas in die omgewing van 65% spring hy in 'n reguit lyn op na 98%. Dit gebeur gewoonlik so tussen 09:00 en 10:00 die oggend wanneer die PV al in die omgewing van 5kW is.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5133
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Kan jy jou stelsel met my share dan loer ek saam met jou wat ek kan sien. Sodra alles weer reg is delete ek hom.
Dis nou as jy wil.
Share die sisteem na peet@solarandson.co.za
Dis nou as jy wil.
Share die sisteem na peet@solarandson.co.za
- prohunt
- Hero Member

- Posts: 837
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Baie dankie Peet vir al jou terugvoere en bereidwilligheid om te help. Ek sal jou 'n lui gee dan gesels ons oor wat jy nodig het om te kyk. Waardeer.
-
toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Ag manne ek het weer hulp nodig.
Ek het twee 105aH 12V batterye in parralel.
Gewone 105AH lead acid deep cycle Atlas batterye.
Ek het vir my 'n Victron Blue 12V/15A charger gekoop om dit mee te charge.
Simpel vraag seker vir die manne wat weet maar ek weet nie
Waarop stel julle voor stel ek die charger?
Weet nie of ek Normal of High moet kies nie. Ook nie seker of dit 4A of 15A moet wees nie....
Ek gebruik die battery gwoonlik tot so 60% discharged.
Of prop ek die Victron Blue in, koppel hom en los hom om self te besluit?
Elektrisiteit is definitief nie my sterkpunt nie.....

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
J P
- Full Member

- Posts: 100
- Joined: Tue Jun 12, 2012 11:10 am
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Normal, 15A
Sent from my SM-G985F using Tapatalk
Sent from my SM-G985F using Tapatalk
-
toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
-
toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
OK dan....
Soos julle weet uit vorige posts weet ek maar bitter min van elektrisiteit, nou het my vrou my gevra om te kyk na 'n 's sisteem as ons loadshedding kry.
Sover kry ons nie loadshedding nie omrede hulle ons substasie opgradeer (Faerie Glen) maar sodra die substasie voltooi is gaan ons op die gewone skedule geplaas word.
Vir my was die belangrikste nog altyd my 3 Vrieskas/Yskaste met my jaar se wildsvleis in :-)
Wat ek wil weet is hoe groot/duur sisteem het ek nodig.....
Wat ek nie nodig het nie is:
- My geyser is gas
- My stoof is gas en die oond is nie nodig nie
- Ons Router het UPS back-up
Ek wil net die noodsaklike aan hê:
Is daar aabiedings met installasie wat julle kan voorstel in Pretoria of installeerders in Pretoria wat julle kan voorstel?
Ek besit 'n Chalet in Sondela en daar is so sisteem in my Chalet wat goed werk. Die sisteem was alreeds geinstalleer toe ek die chalet gekoop het- DInk julle dit sal voldoende wees vir my huis vir wat ek genoem het of moet ek kyk na ander alternatiewe?
Dankie!
https://acdirect.co.za/product/srne-3-5 ... tcQAvD_BwE

- My 3 Yskas/Vrieskaste - al 3 is nuut met A++ ratings
x2 10W LED buiteligte
So ongeveer 10 LED 5W ligte binne in die huis
As ek moet, die wasgoedmasjien
50" LED Monitor (Ek besit nie 'n TV nie