Lisensie aansoeke wagtydperk

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Giepie »

Ek het 4 April 3 hernuwings ingedien. Maar omdat die finansieële stelsel af was kon ek eers die 24ste betaal. op 27/4 het ek 'n sms gekry "it is receiving attention at the DFO". My verwysing is R103*****. So ek weet nie waar my goed ttrek nie, maar hernuwings is nie hoog op hulle prioriteite nie. My problem is dat my kaarte is saam met my beursie 'n ruk terug in Botswana gesteel. Ek het al reprints aangevra maar die aansoeke het in die lug verdwyn. So ek sal maar moet wag, en wag, en wag, en ......
Last edited by Giepie on Thu Jun 22, 2023 8:34 pm, edited 1 time in total.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13589
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Capt. Yoda »

Giepie wrote: Wed Jun 21, 2023 11:06 pm Ek het 4 April 3 hernuwings ingedien. Maar omdat die finansieële stelsel af was kon ek eers die 24ste betaal. op 27/4 het ek 'n sms gekry "it is receiving attention at the DFO". My verwysing is R103*****. So ek weet nie waar my goed ttrek nie, maar hernuwings is nie hoog op hulle prioriteite nie. My problem is dat my karate is saam met my beursie 'n ruk terug in Botswana gesteel. Ek het al reprints aangevra maar die aansoeke het in die lug verdwyn. So ek sal maar moet wag, en wag, en wag, en ......
Maak maar reg vir n jaar of 3 wag
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ammion
Hero Member
Hero Member
Posts: 571
Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Ammion »

Giepie wrote: Wed Jun 21, 2023 11:06 pm Ek het 4 April 3 hernuwings ingedien. Maar omdat die finansieële stelsel af was kon ek eers die 24ste betaal. op 27/4 het ek 'n sms gekry "it is receiving attention at the DFO". My verwysing is R103*****. So ek weet nie waar my goed ttrek nie, maar hernuwings is nie hoog op hulle prioriteite nie. My problem is dat my karate is saam met my beursie 'n ruk terug in Botswana gesteel. Ek het al reprints aangevra maar die aansoeke het in die lug verdwyn. So ek sal maar moet wag, en wag, en wag, en ......
Hoop net nie iemand steel ooit my karate nie .......
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Riaan Kriel »

Ammion wrote: Thu Jun 22, 2023 11:57 am
Giepie wrote: Wed Jun 21, 2023 11:06 pm Ek het 4 April 3 hernuwings ingedien. Maar omdat die finansieële stelsel af was kon ek eers die 24ste betaal. op 27/4 het ek 'n sms gekry "it is receiving attention at the DFO". My verwysing is R103*****. So ek weet nie waar my goed ttrek nie, maar hernuwings is nie hoog op hulle prioriteite nie. My problem is dat my karate is saam met my beursie 'n ruk terug in Botswana gesteel. Ek het al reprints aangevra maar die aansoeke het in die lug verdwyn. So ek sal maar moet wag, en wag, en wag, en ......
Hoop net nie iemand steel ooit my karate nie .......
++>: Praat jy.... Gelukkig weet ons karate is net soos die staatsdiens en die mense by cfr... Dit werk net soms ;) >:D ++>:

My eerste 4 hernuwing goedkeurings is gister deur.. 1 jaar en amper 5 maande later. Die 1ste klomp hernuwingsaansoeke is egter nog nie eers aan geraak nie... 2 jaar en 4 maande later :-X
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13589
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Capt. Yoda »

Ammion wrote: Thu Jun 22, 2023 11:57 am
Giepie wrote: Wed Jun 21, 2023 11:06 pm Ek het 4 April 3 hernuwings ingedien. Maar omdat die finansieële stelsel af was kon ek eers die 24ste betaal. op 27/4 het ek 'n sms gekry "it is receiving attention at the DFO". My verwysing is R103*****. So ek weet nie waar my goed ttrek nie, maar hernuwings is nie hoog op hulle prioriteite nie. My problem is dat my karate is saam met my beursie 'n ruk terug in Botswana gesteel. Ek het al reprints aangevra maar die aansoeke het in die lug verdwyn. So ek sal maar moet wag, en wag, en wag, en ......
Hoop net nie iemand steel ooit my karate nie .......
++>: ++>:
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Giepie »

Oeps, dekselse "automatic spellchecker". Reg gestel. :-[ ;D
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Chris (vdB) »

My 9356### nuwe aansoek het gister geskuif na IN CONCIDERATION
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
Albert_7
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sat Dec 08, 2012 10:30 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Albert_7 »

Naand Manne

Het iemand dalk onlangs bevoegdheid hernuwing gedoen? Probeer 'n idee van wag periode kry

Groete
Albert
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13589
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Capt. Yoda »

Albert_7 wrote: Fri Jun 30, 2023 9:54 pm Naand Manne

Het iemand dalk onlangs bevoegdheid hernuwing gedoen? Probeer 'n idee van wag periode kry

Groete
Albert
Ek wag al so jaar, hiers manne wat al 3 jaar wag
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Albert_7
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sat Dec 08, 2012 10:30 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Albert_7 »

Capt. Yoda wrote: Sat Jul 01, 2023 9:27 am
Albert_7 wrote: Fri Jun 30, 2023 9:54 pm Naand Manne

Het iemand dalk onlangs bevoegdheid hernuwing gedoen? Probeer 'n idee van wag periode kry

Groete
Albert
Ek wag al so jaar, hiers manne wat al 3 jaar wag
Shoe dankie vir die terugvoer. In tussen hoe maak mens met lisensies wat binnekort verval? Doen jy maar aansoek en dan wag die lisensie vir die bevoegdheid?

Groete
Albert
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13589
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Capt. Yoda »

Basies ja, ek het n klompie liksense wat al verval het en hul aansoeke wag nou maar vir die bevoegdhied voordat daar aan hulle gewerk word
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Albert_7
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sat Dec 08, 2012 10:30 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Albert_7 »

Ok dankie. In terme van die wapens vervoer na hulle lisensie verval het, ry jy net die bewys van betaling vir die hernuwing saam met die ou kaartjie?
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 960
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by OosKaapJagter »

Albert, google Act 60 of 2000 en druk die bladsy waarop artikel 24 voorkom. Artikel 24(4) bepaal dat as jou aansoek betyds ingedien is, bly jou huidige lisensie geldig totdat daar oor jou aansoek beslis is. Daardie artikel tesame met die bewys van betaling en jou vervalde lisensiekaart sal die ding doen vir selfs die domste amptenaar wat jy mag teëkom.

Ek wou einde Februarie 'n aansoek vir 'n nuwe lisensie indien tesame met 'n hernuwing van my bevoegdheid. Die bevoegdheid verval eers in Oktober. My DFO het toe aanbeveel dat ek eers die wapenlisensie hanteer, want as dit op die stelsel wys daar is nou 'n hangende bevoegdheid hernuwing, kan dit my lisensie aansoek vertraag. Die lisensie aansoek is intussen goedgekeur en nou is die bevoegdheid hernuwing ingedien. Nou is dit net 'n kwessie van wag vir die bevoegdheid hernuwing en hoop ek kom nie op 'n nuwe speelding af voor die hernuwing goedgekeur is nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13589
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Capt. Yoda »

Ons ry nou oor n week om te gaan jag en ons ry taamlike ver en my hele kluis het basies verval tewyl ek vir die comp renewal wag (alles was in tyd in gegee) . Wat my pla is die “bewys van betaling” wys niks behalwe n paar nommers op n stuk papier nie. Kort ek iets anders behalwe die papier en dan nou iets soos daai Act 60 van 2000 ? Ek het geen probleem om hul op te d.onner as hul my kwart voor 5 op n Donderdag ogend wil toe sluit nie maaar nou is jou hele jag op die einde na moer
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Albert_7
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sat Dec 08, 2012 10:30 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Albert_7 »

Capt. Yoda wrote: Sat Jul 01, 2023 5:33 pm Ons ry nou oor n week om te gaan jag en ons ry taamlike ver en my hele kluis het basies verval tewyl ek vir die comp renewal wag (alles was in tyd in gegee) . Wat my pla is die “bewys van betaling” wys niks behalwe n paar nommers op n stuk papier nie. Kort ek iets anders behalwe die papier en dan nou iets soos daai Act 60 van 2000 ? Ek het geen probleem om hul op te d.onner as hul my kwart voor 5 op n Donderdag ogend wil toe sluit nie maaar nou is jou hele jag op die einde na moer
Self gesien daai papier is maar baie vaag maar nou ja dis al wat mens het.

Dankie vir die inligting manne
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Chris (vdB) »

Chris (vdB) wrote: Wed Jun 28, 2023 11:24 am My 9356### nuwe aansoek het gister geskuif na IN CONCIDERATION
Approved, sms gister 16H20 gekry, 85 weeksdae gevat.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
NicoO
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 289
Joined: Sat Jul 19, 2014 5:59 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by NicoO »

My Glock se lisensie is vanoggend goed gekeur.. 38 werksdae..
_____________________________________________
.22 Cz455
250 Sav Ruger M77
6XC Sauer
6.5 CM Tikka
7x64 Bren Musgrave
308 Krico
300 WM Mauser
375 Custom
416 Rigby
Musgrave AR-15 223
9mm Glock
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Lategan1 »

Hernuwing op geweer en kaart ontvang.

Tydperk: 14 mnde.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Diesel Dog »

Nuutste aansoek 28 dae van indien tot approved.

DD
User avatar
Hano243
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Hano243 »

Nog n hernuwing goed gekeur, 228 dae. Wag nou maar verder vir die kaartjie.
Hano
Hannes H
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Fri Jul 18, 2014 8:04 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Hannes H »

Nuwe Baretta haelgeweer aansoek: 38 Werksdae
DJC
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Thu Dec 05, 2013 4:34 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by DJC »

Hernuwing van bevoedgheid - sms gekry dat dit goedgekeur is 47 werksdae nadat aansoek ingehandig is!
fanies7772
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Fri Dec 09, 2016 2:20 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by fanies7772 »

Wag nou al 3 maande vir my kaartjie, weet iemand van probleme met die druk van kaartjies

Kon darem al die geweer optel met die papier uitdruk

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13589
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Capt. Yoda »

fanies7772 wrote: Mon Aug 07, 2023 7:06 pm Wag nou al 3 maande vir my kaartjie, weet iemand van probleme met die druk van kaartjies

Kon darem al die geweer optel met die papier uitdruk

Sent from my iPhone using Tapatalk
Die kaart drukker is die selfde een wat die motor liksensies druk, sover ek weet staan hy of het hy n paar maande gestaan
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
6mmMusgrave
Hero Member
Hero Member
Posts: 1033
Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by 6mmMusgrave »

Ek het 2 jaar gewag vir hernuwings. Nadat ek hulle gaan sien het en gemoan het kry ek hulle n maand later.

Snaakse ding was ek het 2 lotte hernuwings 7 maande uitmekaar ingegee maar almal op dieselfde tyd gekry.
Post Reply