Draad sny vir knaldemper.

Post Reply
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Draad sny vir knaldemper.

Post by sako 30-06 »

Wat kos dit deesdae om n draad te sny vir n knaldemper en hoe lank vat dit?
Verkieslik in die oosrand area.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1117
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Draad sny vir knaldemper.

Post by J le Roux »

Hier by is ons in Pietersburg kos dit R1250 met end cap ingesluit. Ek dink dis maar so uur of wat se werk, maar alles hang af van die werkswinkel se skedule.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2473
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Draad sny vir knaldemper.

Post by jdpretorius »

Warrior het my R1350 gevra

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Draad sny vir knaldemper.

Post by sako 30-06 »

jdpretorius wrote: Tue May 23, 2023 11:06 am Warrior het my R1350 gevra

Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Ek mik juis na die warrior demper toe, wil dalk op my 30-06 sit sodat my dogtertjie met die geweer kan skiet.
Is jy 100% tevrede, hoe lank het hulle gevat om die draad te sny?
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2473
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Draad sny vir knaldemper.

Post by jdpretorius »


sako 30-06 wrote:
jdpretorius wrote: Tue May 23, 2023 11:06 am Warrior het my R1350 gevra

Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Ek mik juis na die warrior demper toe, wil dalk op my 30-06 sit sodat my dogtertjie met die geweer kan skiet.
Is jy 100% tevrede, hoe lank het hulle gevat om die draad te sny?
Ek't dit laat doen deur n geweer winkel, saam n paar ander goed, en was 2dae by Warrior. Ek't die loop ook op 20" laat sny, met n 11° comp kroon. Hulle werk is netjies gedoen. 2 dinge wat ek dalk kan noem, is dat hulle nie weer die punt ge "blue" het nie maar n ou kan seker self cold blue doen as jy wil. Die ander is dat hulle die skroef draad vir die KD 13x1 gesny het en ek sou graag 14x1 wou hê, maar ek't nie vroegtydig gepraat nie....dalk maar goed so...

Warrior beveel nie hulle "shorty" aan vir 30-06 nie, so ek't die "reflex" opsie gegaan, met n barrel tuner en eksterne break by....juis om die terug skop met maksimum te verlig, sodat my vrou ook gemaklik is agter hom. .....sy kon nog nie met hom speel nie want n ou moet mos eers seker maak of hy bokke kan laat bakkie ry Image
Hy skop nou seker maar soos n 243 op ergste.

Die gedagte met die 30-06 is om sommer rak ammo te skiet vir n begin, en dus die barrel tuner.

....ek hoop dit help jou bietjie


Sent from my SM-A536E using Tapatalk



338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Draad sny vir knaldemper.

Post by sako 30-06 »

Baie dankie vir die terugvoer, dit help my regtig baie.
Ek wil nie eintlik my 30-06 sny nie, maar my jagmaats en dogter is maar bang vir die Oom se skop.

Dis n baie moeilike besluit.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2473
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Draad sny vir knaldemper.

Post by jdpretorius »

sako 30-06 wrote:Baie dankie vir die terugvoer, dit help my regtig baie.
Ek wil nie eintlik my 30-06 sny nie, maar my jagmaats en dogter is maar bang vir die Oom se skop.

Dis n baie moeilike besluit.
Net n plesier.

Ek moes ook op n stadium maar my denke swaai, dat n geweer n "tool" is. As hy nie gebruik word vir sy doel nie, dan staan hy net in die kluis en nie almel geniet hom nie ....dit is wel nie te sê dat n ou hom moet verniel nie.

Die lekker van die korter loop is dat n ou bv. 150gr teen n matig spoed skiet, wat op sy beurt seker minder vleis skade kan beteken, met goedkoper lood koeëls.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Draad sny vir knaldemper.

Post by sako 30-06 »

Is n M14 x 1 thread reg vir die 30-06?
Of is dit beter om M18x1 te sny?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Draad sny vir knaldemper.

Post by Capt. Yoda »

Sny hom 18x1
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Draad sny vir knaldemper.

Post by Chris (vdB) »

Hang dit nie af van hoe dik die loop is nie. Meeste 30-06'e is mos nie varmint lope nie of dalk is joune.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Draad sny vir knaldemper.

Post by sako 30-06 »

Chris (vdB) wrote: Wed May 24, 2023 5:40 pm Hang dit nie af van hoe dik die loop is nie. Meeste 30-06'e is mos nie varmint lope nie of dalk is joune.
Loop is standaard, dis waarom ek gedink het om M14 draad te sny.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2473
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Draad sny vir knaldemper.

Post by jdpretorius »

Jip, myne ook standaard loop, 18x1 is net moontlik op dukker lope soos Tikka bv.
Hulle behoort dus n 14x1 te kan sny. Ek't geen idee hoekom Warrior n 13x1 gesny het nie.....ek moet dalk net sê ek't hom nog nie gemeet nie en sommer net na die tik merkie op die boksie vinnig geloer in die veby gaan.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Draad sny vir knaldemper.

Post by Capt. Yoda »

Askies julle is 100% reg, ekt nou 3 van my Sakos gemeet en hul is 14x1 gesny.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Draad sny vir knaldemper.

Post by Giepie »

Ek is baie tevrede met Gun Warrior se sny werk. My Howa 30-06 by hulle laat doen, ek het 'n dag gewag.

Met 'n demper pak daar koolstof voor op die loop aan. Wanneer jy jou geweer skoon maak moet jy dit ook maar af haal, maklikste is Iosso paste, maar dan haal dit die blueing ook af, maar na paar skote is dit in elk geval weer swart.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Post Reply