Draad sny vir knaldemper.
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Draad sny vir knaldemper.
Wat kos dit deesdae om n draad te sny vir n knaldemper en hoe lank vat dit?
Verkieslik in die oosrand area.
Verkieslik in die oosrand area.
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1117
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Draad sny vir knaldemper.
Hier by is ons in Pietersburg kos dit R1250 met end cap ingesluit. Ek dink dis maar so uur of wat se werk, maar alles hang af van die werkswinkel se skedule.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2473
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Draad sny vir knaldemper.
Warrior het my R1350 gevra
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Draad sny vir knaldemper.
Ek mik juis na die warrior demper toe, wil dalk op my 30-06 sit sodat my dogtertjie met die geweer kan skiet.jdpretorius wrote: Tue May 23, 2023 11:06 am Warrior het my R1350 gevra
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Is jy 100% tevrede, hoe lank het hulle gevat om die draad te sny?
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2473
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Draad sny vir knaldemper.
Ek't dit laat doen deur n geweer winkel, saam n paar ander goed, en was 2dae by Warrior. Ek't die loop ook op 20" laat sny, met n 11° comp kroon. Hulle werk is netjies gedoen. 2 dinge wat ek dalk kan noem, is dat hulle nie weer die punt ge "blue" het nie maar n ou kan seker self cold blue doen as jy wil. Die ander is dat hulle die skroef draad vir die KD 13x1 gesny het en ek sou graag 14x1 wou hê, maar ek't nie vroegtydig gepraat nie....dalk maar goed so...sako 30-06 wrote:Ek mik juis na die warrior demper toe, wil dalk op my 30-06 sit sodat my dogtertjie met die geweer kan skiet.jdpretorius wrote: Tue May 23, 2023 11:06 am Warrior het my R1350 gevra
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Is jy 100% tevrede, hoe lank het hulle gevat om die draad te sny?
Warrior beveel nie hulle "shorty" aan vir 30-06 nie, so ek't die "reflex" opsie gegaan, met n barrel tuner en eksterne break by....juis om die terug skop met maksimum te verlig, sodat my vrou ook gemaklik is agter hom. .....sy kon nog nie met hom speel nie want n ou moet mos eers seker maak of hy bokke kan laat bakkie ry

Hy skop nou seker maar soos n 243 op ergste.
Die gedagte met die 30-06 is om sommer rak ammo te skiet vir n begin, en dus die barrel tuner.
....ek hoop dit help jou bietjie
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Draad sny vir knaldemper.
Baie dankie vir die terugvoer, dit help my regtig baie.
Ek wil nie eintlik my 30-06 sny nie, maar my jagmaats en dogter is maar bang vir die Oom se skop.
Dis n baie moeilike besluit.
Ek wil nie eintlik my 30-06 sny nie, maar my jagmaats en dogter is maar bang vir die Oom se skop.
Dis n baie moeilike besluit.
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2473
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Draad sny vir knaldemper.
Net n plesier.sako 30-06 wrote:Baie dankie vir die terugvoer, dit help my regtig baie.
Ek wil nie eintlik my 30-06 sny nie, maar my jagmaats en dogter is maar bang vir die Oom se skop.
Dis n baie moeilike besluit.
Ek moes ook op n stadium maar my denke swaai, dat n geweer n "tool" is. As hy nie gebruik word vir sy doel nie, dan staan hy net in die kluis en nie almel geniet hom nie ....dit is wel nie te sê dat n ou hom moet verniel nie.
Die lekker van die korter loop is dat n ou bv. 150gr teen n matig spoed skiet, wat op sy beurt seker minder vleis skade kan beteken, met goedkoper lood koeëls.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Draad sny vir knaldemper.
Is n M14 x 1 thread reg vir die 30-06?
Of is dit beter om M18x1 te sny?
Of is dit beter om M18x1 te sny?
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Draad sny vir knaldemper.
Sny hom 18x1
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Draad sny vir knaldemper.
Hang dit nie af van hoe dik die loop is nie. Meeste 30-06'e is mos nie varmint lope nie of dalk is joune.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Draad sny vir knaldemper.
Loop is standaard, dis waarom ek gedink het om M14 draad te sny.Chris (vdB) wrote: Wed May 24, 2023 5:40 pm Hang dit nie af van hoe dik die loop is nie. Meeste 30-06'e is mos nie varmint lope nie of dalk is joune.
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2473
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Draad sny vir knaldemper.
Jip, myne ook standaard loop, 18x1 is net moontlik op dukker lope soos Tikka bv.
Hulle behoort dus n 14x1 te kan sny. Ek't geen idee hoekom Warrior n 13x1 gesny het nie.....ek moet dalk net sê ek't hom nog nie gemeet nie en sommer net na die tik merkie op die boksie vinnig geloer in die veby gaan.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Hulle behoort dus n 14x1 te kan sny. Ek't geen idee hoekom Warrior n 13x1 gesny het nie.....ek moet dalk net sê ek't hom nog nie gemeet nie en sommer net na die tik merkie op die boksie vinnig geloer in die veby gaan.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Draad sny vir knaldemper.
Askies julle is 100% reg, ekt nou 3 van my Sakos gemeet en hul is 14x1 gesny.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1544
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Draad sny vir knaldemper.
Ek is baie tevrede met Gun Warrior se sny werk. My Howa 30-06 by hulle laat doen, ek het 'n dag gewag.
Met 'n demper pak daar koolstof voor op die loop aan. Wanneer jy jou geweer skoon maak moet jy dit ook maar af haal, maklikste is Iosso paste, maar dan haal dit die blueing ook af, maar na paar skote is dit in elk geval weer swart.
Met 'n demper pak daar koolstof voor op die loop aan. Wanneer jy jou geweer skoon maak moet jy dit ook maar af haal, maklikste is Iosso paste, maar dan haal dit die blueing ook af, maar na paar skote is dit in elk geval weer swart.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
