Beretta,
As ek die herlaai kursus voltooi het en n 100 punte kry dan gaan ek smile so lank dit net uit 100 punte tel.
Net daar dop ons altwee die toets. In my voorbeeld het ek het 'punte' gebruik in plaas van 'koeels'. Jy sien, 100 koeels van jou kaliber-keuse was ingesluit in die fooi vir die kursus. Ek moes ges? het "Ek het die herlaaikursus voltooi en 100 koeels gekry." Ek het die verkeerde woord gebruik en jy het my verkeerd verstaan. Ek kan vir jou talle voorbeelde van die forums af gee, maar die 'punt' gebruikers sal 'n kat elk kry.
Flip,
Jy s? jy is 'n rekenaar tegnikus. Jy sal die een verstaan. Die man wat ons rekenaar netwerk versien vertel van 'n klient wat gekla het dat sy rekenaar nie genoeg memory het nie. Ons tegnikus installeer toe meer RAM, soos ek dit verstaan. Die klaer bring die rekenaar 'n paar dae later terug en is baie ontsteld oor sy rekenaar nog steeds nie genoeg memory het nie. Ons tegnikus stop al die gate vol RAM (dink ek het hy ges?), lewer die rekenaar af en lewer sy rekening. Die klaer kom weer terug en is baie ontsteld oor ons tegnikus weereens nie enigiets gedoen het nie. Die klaer het so vermoed en hy het die memory met 'n velt pen 'n merkie op gemaak en dus weet hy dis nie vervang nie. Ons tegnikus maak die rekenaar oop en vra die klaer moet vir hom wys waar die merkie gemaak is. Die klaer wys na die merkie op die harde skyf.
Bo alle mense behoort jy te weet hoe belangrik die regte terme is.
Jy s? egter: "Niemand stry oor wat reg is nie," maar ons weet wat reg is en daar is etlike wat stry daaroor en steeds verkeerd foeter.
"dit gaan oor iemand wat inligting soek en die die hele Topic word verander oor wat is die regte taalgebruik." Dit is juis die punt. Ouens vra vrae en gebruik die verkeerde terme. Ons kan hulle net reghelp as ons die regte terme gebruik en dit is wat ons doen. Dan stry julle daaroor.
" as dit jou pla maak 'n nuwe topic daaroor dan kan julle baie lekker gesels," Dit is al 'n paar keer gedoen maar, as mense nie wil leer nie, dan moet mens maar aanhou met leer.
"maar op die einde gaan dit as iemand oor iets vra wil hy daarop 'n antwoord he, en nie wat is die regte benaming nie." So ek kan maar vra oor wiele as ek van buitebande wil weet, of oor memory as ek wil weet van die harde skyf, of oor patrone as ek wil weet van koeels? Kan ek maar van patrone praat wanneer ek doppe bedoel ook?
pietjacobs,
My PTI in die weermag het in sy broek ge&&*#k as jy praat van koeels of patrone.
As die onderwerp ammunisie was, was hy reg wat koeels aanbetref. Ammunisie is nie koeels nie, behalwe as jy dink koeels is ammunisie en koeelpunte (of punte) is koeels.
"Patroon is wat jou ma gebruik om rokke van te maak en 'n hond het koeels. Julle praat van rondtes" Die man het egter duidelik niks van herlaai-komponente en honde geweet nie. Jy weet dit mos. Hy het geweet van ammunisie en het die patroonstorie net gebruik om julle rond te jaag. Dit was deel van sy werk.
Gromit,
Die punt( askies) is nou tot vervelens toe bespreek en ek dink almal is van die punt af.
Jy behoort nie verskoning te vra wanneer jy die regte woorde gebruik nie. Jy behoort wel verskoning te vra wanneer jy 'punt' verkeerd gebruik en sodoende die leke verder verwar. Besprekings raak verskeie onderwerpe aan.
Die een het van monometaal/loodkern af, deur verskeie onderwerpe gevloei, raak gewoond daaraan.