Skiet van monometal en gewone Punte

Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by Beretta »

Blok
Ek koop gewoonlik so n pakkie van die rooies 45gr vir die 222 net om nie die probleem van die punt optehaal nie.Die punt is die koeel is deur die kerk.En my kar het n porridge wheel.My kar se knormoer wil ook nie knor nie.My motor mac se ook my vlieg wiel het so pas gevlieg saam met die knor moer in sy m&&r in. ;D ;D ;D ;D Ek gaan nou die AA bel die laaste twee goed verstaan ek nie.Het n kar sulke goed.Koeel, punt volgens my wat maak dit saak almal weet tog waarvan ons praat ;D ;D ;D
Beretta
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by BLOK »

Klink my jy het n punt beet 8)
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Gerard

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by Gerard »

Die projektiel was n koel en sy punt het my eerste penetreer
Presies reg en dit raak 'n verdere punt aan:  'n koeel is 'n projektiel slegs as dit beweging het, maar 'n projektiel is nie noodwendig 'n koeel nie.  'n Koeel wat op die laaibank l?, is nie 'n projektiel nie, dit is eenvoudig 'n koeel met 'n punt, 'n skag en 'n agterkant.

Beretta,
'n Vraag:  Wat is met jou skoonma verkeerd dat sy nie meer knor nie?
Nog 'n vraag as punt en koeel dan dieselfde is:  Waarvan praat ek wanneer ek s? "Hierdie punt is langer as daardie een. Ek sal liewers hierdie punte gebruik vir vlakte-skiet"  Of:  "Ek het die herlaaikursus voltooi en 100 punte gekry."
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by Skolla »

Manne

Gee my gou so n paar minute , ek wil gou gaan popcorn kry. ;D
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by Beretta »

Gerard
As ek die herlaai kursus voltooi het en n 100 punte kry dan gaan ek smile so lank dit net uit 100 punte tel.Die punt oor die knor moer (skoon ma) sy is n goeie ou siel knor nie meer vir my nie.Ek het die post oor die voel verskrikker vir haar gewys so dit lyk my die geknor gaan nie gou weer gebeur nie.Die rooi punt is langer as die groen punt se punt.O ja hulle se ook in die ou tyd het die mense binne ge eet en buite gekuit vandag eet ons buite en skuit binne ;D ;D ;D
Beretta
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2486
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by Flip Nel »

Niemand stry oor wat reg is nie, dit gaan oor iemand wat inligting soek en die die hele Topic word verander oor wat is die regte taalgebruik.  As dit jou pla maak 'n nuwe topic daaroor dan kan julle baie lekker gesels, maar op die einde gaan dit as iemand oor iets vra wil hy daarop 'n antwoord he, en nie wat is die regte benaming nie.

Koos

Jy is heel reg maar dit is 'n feit almal praat nie soo as dit by herlaai kom nie, dit is net soos Monolithic, oor die algemeen bedoel hulle "koeels" wat uit Koper gemaak is, maar Lood Koeels
is ook monolithic.  As dit so belangrik word dat die regte taal gebruik moet word en die hele punt waaroor iemand iets vra word misgekyk dat sit ons die pot mis.  Al wat ek vra is help iemand as hy inligting nodig het, moet hom nie 'n les in taalgebruik gee nie een keer is genoeg, as iemand gemaklik voel om op 'n seker manier iets te verduidelik los hom.  Ek is 'n rekenaar tegnikus en ek het nie die drang om elke slag as iemand die dinge deurmekaar draai op te spring en hulle reg te help nie, dit maak jou nie gewild nie, ek help eerder die persoon om oor sy probleem te kom
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by Vosman »

Op 'n koelerige punt is die nou interessant.
My vriend gee my ook gas as ek praat van punte en projektiele. Moes dit maar afleer.
Dit is ook waar dat 'n mens darem jou eie taal moet ken, en die kennis wat gedeel word en die reg help is goed bedoel.
Voor almal te opgewerk raak, lees bietjie nuus24 en lees die kommentaar van party van die skepsels onder aan die berigte.
Ek moet se die mense op die forum is baie meer geletterd en wys.

Wou ook maar net iets se!

Groetnis
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by pietjacobs »

My PTI in die weermag het in sy broek ge&&*#k as jy praat van koeels of patrone.

"Patroon is wat jou ma gebruik om rokke van te maak en 'n hond het koeels. Julle praat van rondtes"

Dit was sy woorde en dan doen jy maar situps of hardloop om dit in jou kop te kry.
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by Frikkie Coetzee »

Menere

Ek kry n pyn in my g@t.

Die punt( askies) is nou tot vervelens toe bespreek en ek dink almal is van die punt af.

In die hele storie is daar sover net een sinvolle kommentaar en dit is nie eers myne nie.

EK wil ook graag weet of daar n verskil is oor die gebruik van molycaoting en gewone punte. Ek is geleer daar sal wees en logies maak dit sin. As jy moly in jou loop skiet los dit n laag moly as jy koper skiet los dit koper. As jy dan oorslaan na die ander tipe punt, wat gebeur? Die "sandwich " lae van moly en koper moet tog n effek he?

Die benchrest ouens het altyd gese jy skiet of die een of die ander want dit kan akkuraatheid beinvloed maar hoeveel?  EK pas dit toe maar omdat ek so gese was nie omdat my eie ondervinding dit bevestig het nie.

Ek dink Flip het n baie sinvolle vraag en ak sal graag die antwoord wil he sonder om twee keer op te staan vir popcorn en n badkamer breek.

Frikkie
Cradock
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by erx »

Blok, Beretta

Manne kom ons kom nou maar tot 'n punt en stop die storie. ;D
Ek hou glad nie daarvan dat mens te lank op een punt hammer nie ;D

Gerard, ons trek maar bietjie jou been net om te kyk of jy nie vinniger by die punt wil uitkom nie ;D

Groete
erx
Gerard

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by Gerard »

Beretta,
As ek die herlaai kursus voltooi het en n 100 punte kry dan gaan ek smile so lank dit net uit 100 punte tel.
Net daar dop ons altwee die toets.  In my voorbeeld het ek het 'punte' gebruik in plaas van 'koeels'. Jy sien, 100 koeels van jou kaliber-keuse was ingesluit in die fooi vir die kursus.  Ek moes ges? het "Ek het die herlaaikursus voltooi en 100 koeels gekry."  Ek het die verkeerde woord gebruik en jy het my verkeerd verstaan. Ek kan vir jou talle voorbeelde van die forums af gee, maar die 'punt' gebruikers sal 'n kat elk kry.

Flip,
Jy s? jy is 'n rekenaar tegnikus.  Jy sal die een verstaan.  Die man wat ons rekenaar netwerk versien vertel van 'n klient wat gekla het dat sy rekenaar nie genoeg memory het nie.  Ons tegnikus installeer toe meer RAM, soos ek dit verstaan.  Die klaer bring die rekenaar 'n paar dae later terug en is baie ontsteld oor sy rekenaar nog steeds nie genoeg memory het nie.  Ons tegnikus stop al die gate vol RAM (dink ek het hy ges?), lewer die rekenaar af en lewer sy rekening.  Die klaer kom weer terug en is baie ontsteld oor ons tegnikus weereens nie enigiets gedoen het nie.  Die klaer het so vermoed en hy het die memory met 'n velt pen 'n merkie op gemaak en dus weet hy dis nie vervang nie.  Ons tegnikus maak die rekenaar oop en vra die klaer moet vir hom wys waar die merkie gemaak is. Die klaer wys na die merkie op die harde skyf.

Bo alle mense behoort jy te weet hoe belangrik die regte terme is.

Jy s? egter: "Niemand stry oor wat reg is nie," maar ons weet wat reg is en daar is etlike wat stry daaroor en steeds verkeerd foeter.

"dit gaan oor iemand wat inligting soek en die die hele Topic word verander oor wat is die regte taalgebruik." Dit is juis die punt.  Ouens vra vrae en gebruik die verkeerde terme.  Ons kan hulle net reghelp as ons die regte terme gebruik en dit is wat ons doen.  Dan stry julle daaroor.

" as dit jou pla maak 'n nuwe topic daaroor dan kan julle baie lekker gesels,"  Dit is al 'n paar keer gedoen maar, as mense nie wil leer nie, dan moet mens maar aanhou met leer.

"maar op die einde gaan dit as iemand oor iets vra wil hy daarop 'n antwoord he, en nie wat is die regte benaming nie." So ek kan maar vra oor wiele as ek van buitebande wil weet, of oor memory as ek wil weet van die harde skyf, of oor patrone as ek wil weet van koeels?  Kan ek maar van patrone praat wanneer ek doppe bedoel ook?

pietjacobs,
My PTI in die weermag het in sy broek ge&&*#k as jy praat van koeels of patrone.
As die onderwerp ammunisie was, was hy reg wat koeels aanbetref. Ammunisie is nie koeels nie, behalwe as jy dink koeels is ammunisie en koeelpunte (of punte) is koeels.

"Patroon is wat jou ma gebruik om rokke van te maak en 'n hond het koeels. Julle praat van rondtes"  Die man het egter duidelik niks van herlaai-komponente en honde geweet nie.  Jy weet dit mos.  Hy het geweet van ammunisie en het die patroonstorie net gebruik om julle rond te jaag.  Dit was deel van sy werk.

Gromit,
Die punt( askies) is nou tot vervelens toe bespreek en ek dink almal is van die punt af.
Jy behoort nie verskoning te vra wanneer jy die regte woorde gebruik nie.  Jy behoort wel verskoning te vra wanneer jy 'punt' verkeerd gebruik en sodoende die leke verder verwar.  Besprekings raak verskeie onderwerpe aan.  Die een het van monometaal/loodkern af, deur verskeie onderwerpe gevloei, raak gewoond daaraan.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by Frikkie Coetzee »

IS DAAR IEMAND WAT KAN UITBREI OP DIE OORSPRONKLIKE BESPREKINGS ONDERWERP
Cradock
300Winmag

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by 300Winmag »

300Winmag wrote: Ek het al ProAmms en koper koeels deur mekaar geskiet sonder probleme.
Soos ek s? - Op die skiet baan sommer so uit die selfde houertjie. Sonder enige druk probleme of 
akkuraatheid wat verander.
Gerard

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by Gerard »

Gromit,
Dis nie nodig om te skree nie, die oorspronklike onderwerp is beantwoord en afgehandel.  Lees die eerste twee antwoorde net voor joune.  300Winmag was so gaaf om syne te herhaal.   Jy het die onderwerp verander deur deklaag by te bring.  Dit is ook beantwoord.  As jy iets misgelees het of iets spesifiek wil weet, vra dan die vraag.  Bly kalm vriend.
Last edited by Gerard on Wed Aug 31, 2011 4:45 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by Geno »

Gerard wrote: Bly kalm vriend.
Die kalmste is om belangrik te bly!
Goed, beter, 6millimeter!
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by Beyers »

Ek lees so lekker die popcorn het gebrand ;D
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by Armand Steenkamp »

Ek het altyd van punte gepraat want dis maar hou ek geleer is. Ek het op die forum gesien dat dit verkeerd was en nou praat ek van koeels. As n man nou nogsteeds van punte praat is dit mos net so goed  jy skryf toets en iemand ge vir jou die regte andwoord op n vraag maar jy skryf nogsteeds jou antwoord omdat jy glo dit is reg ;)

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by THOMAST »

Ek kan Gerhard se "puntenerigheid" oor korrekte teminologie verstaan.
Op 'n ander forum het hy sy  frustrasie beskrywe toe hy 'n klomp koe?ls wou uitvoer na kli?nte oorsee. Die besending is korrek beskryf as koe?ls/bullets maar die manne met die rooi stempels het hulle amper bevuil, want hulle het die term "bullets" verstaan as volledige patrone en hom toe toegedraai in onnodige forms en "red tape", 'n baie tydsrowende proses.
As dit met my sou gebeur sal ek seersekerlik 'n bewerigheid in my regter ooglid ontwikkel as ek daaraan herinner word.
Hoop dit veduidelik die saak so effe..

Terug na monolities vs loodmantel koe?ls. Ek gebruik BarnesX in my een geweer en die kopersamestelling is redelik "sag", sodat die koe?ls sal omklink teen snelhede so laag as 1800fps. Nou die goed smeer maar redelik af in die loop, so ek maak maar goed skoon voordat ek teruggaan na konvensionele koe?ls, "just in case..."
Last edited by THOMAST on Thu Sep 01, 2011 11:36 am, edited 1 time in total.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by Stefan764 »

Ek kan ook glad nie sien dat n mono en n loodkoeel enige verskil in terme van mekaar se akkuraadheid het as jy hulle deurmekaar skiet nie. Ek het toe ek die GMX getoets het dit "deurmekaar"geskiet met my gewone Interbond ladings en albei se akkuraatheid en POI was elke keer spot-on sonder om te verstel.

MOLY is wel n ander saak. Ek skiet glad nie MOLY koeels in my geweer nie. Vir geen spesifieke rede, ek skiet hulle maar net nie. Bly maar by die Hornadys. So op hierdie deel van die onderwerp kan ek nie kommentaar lewer nie.

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Kom ek kom bietjie van n ander kant af met die een. Oor die algemeen word daar te veel skote met gewere geskiet voordat daar skoongemaak word. Die ou storie van "Man ek skiet hom sommer skoon!" is oor die algemeen die norm en nie die uitsondering nie. En om dinge nog meer ingewikkeld te maak is dat die manne wat dit wel gereeld doen baie keer foutief met hulle skoonmaakprosesse is. Die skoonmaak van gewere suig baie keer aan die agterspeen by meeste jagters en nie genoeg aandag word daaraan bestee nie.

Indien n mens in die gewoonte raak om na elke baansessie of jaguitstappie jou geweer sorgvuldig skoon te maak sal hierdie vraag wat gevra is nie eers sy verskeining maak nie. Die grootste kopseer word veroorsaak deur die koperneerslag van koeels in die loop en sekere koeels is maar net meer vatbaar in akkuraadheid met groeter koperneerslae. Indien daar min koperneerslag in die loop is is die uitwerking daarvan net soveel minder op die koeels wat wel sensetief daarvoor is. Dit is tog dood logies.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by Hein M. »

Geno wrote:
Gerard wrote: Bly kalm vriend.
Die kalmste is om belangrik te bly!
;D

Hierdie gesprek is soos 'n brand en 'n paar brandweermanne wat die vuur probeer blus. 
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by Frikkie Coetzee »

Menere
en  GERHARD

Met respek aan jou Gerhard, ek skree nie. EK is net moeg vir die alewige geteem oor punte en koels. Hierdie sover my kennis strek is n redelike informele forum om idees uit te ruil. jy het jou idees oor punte en koels al lankal uitgeruil en is die onderwerp werklik al holrug gery. Hou asb op om elke onderwerp waar dit ter sprake kom n issue te maak.

Meeste mense wat die posts lees weet presies wat bedoel word. Jy sal sien ook uit my vorige posts dat ek geen poging aanwend om na wat jy as korrek beskou oor te slaan nie. My doel om by hierdie forum aan te sluit is om iets nuuts te leer, idees uit te ruil en waar ek kan my ondervinding te deel.  Meeste van die mense se posts leer my ook meer van ander mense se ondervindings. Dit is wat ek wil he, nie n taal les nie.

Ek kan amper nie dink aan enige post wat ek gelees het waar die issue van punt en koel werklik bygedrae het tot n beter verstaan van die oorspronklike punt nie. EK vind dit uiters frustreerend om deur n lang post te moet lees net om uit te vind dit dra geensins by tot die onderwerp nie.

Terug tot die punt.

Ek mis dalk iets maar ek kan niks sien in die hele relaas oor of MOLY COATED punte en punte wat nie gemoly coat is, indien in die selfde loop geskiet word sonder om skoon te maak n effek op akkuraatheis sal he nie.

Indien daar iemand is wat dit al prakties ervaart het luister ek graag.

Ek stem saam met Wouter dat meeste mense nie lope behoorlik skoonmaak nie. Baie gewere is wonderbaarlik weer akkuraat na n behoorlike skoonmaak. Ek weet ook van n paar lope wat agv nooit skoonmaak geruineer is.Die ou dae was n lappie met nirosolvent al wat gebruik was en koper uithaal is iets wat niemand regtig van iets geweet het nie.( Dalk was daardie dae se koper net soos die ou manne heelwat harder......... ;).

Frikkie
Cradock
Gerard

Re: Skiet van monometal en gewone Punte

Post by Gerard »

Meeste mense wat die posts lees weet presies wat bedoel word.
 Sien Reply #12 http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=7
Ek mis dalk iets maar ek kan niks sien in die hele relaas oor of MOLY COATED punte en punte wat nie gemoly coat is, indien in die selfde loop geskiet word sonder om skoon te maak n effek op akkuraatheis sal he nie.
Sien Reply #7 #8 #9 http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=8
Last edited by Gerard on Sun Sep 04, 2011 7:32 am, edited 1 time in total.
Post Reply