GRT Gordon's Reloading Tool Community

User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community

Post by Gawie(13mm) »

Capt. Oblivious wrote: Tue Jun 22, 2021 11:20 am So niemand gebruik meer Somchem se boekie nie?
Ons is hier besig met graad 4 Wiskunde maat. Nie daai hoër-graad matriek gemors wat ons op skool geleer het nie. 🤣
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
SinWolf
Full Member
Full Member
Posts: 113
Joined: Wed Jun 19, 2013 6:57 am

Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community

Post by SinWolf »

tripodmvr wrote: Tue Jun 22, 2021 8:47 am Sinwolf, ek krap ook so tussen die 2. Wil jy nie jou data opsit sodat ek dit kan gebruik nie?
So ek het begin laas jaar met die Barnes gespook... Volgens QL moes ek 47.05 laai om op die node te wees.

Ek het gaan groepe skiet en in 0.2gr inkrimente opgegaan, en UITEINDELIK op 47.8gr uitgekom (sien post: viewtopic.php?p=813341#p813341)

Toe laas week met GRT begin speel, to gebruik ek my data soos in QL gebruik... En toe se GRT ek moet 47.85gr laai (node #5). En dit stem ooreen met my ontwikkeling laas jaar...

Vind aangeheg my data...
Data.zip

Ek moet se dat ek nou regtig G*tvol is vir my geweer... Die ding lyk my wil net eenvoudig nie monolithics skiet nie... Ek het wel daai 150gr Barnes lading, maar ek was nie happy met die 150 barnes se performance nie... Ek het seker 500 skote die laaste 3 maande geskiet... En het nogsteeds nie 'n monolithic lading nie... Is deur 100 Barnes 168 TTSX punte, 150 Barnes 168 TSX punte, deur 120 Nosler E-Tip punte, en deur 120 Peregrine 167 punte... En die beste monolithics groep wat ek kry is so 1 MOA...

En dan probeer ek Hornady ELD-X (non-monolithic), en het binne 30 skote 'n 0.48 MOA lading... Het gister 'n 0.1 MOA groep met hulle geskiet...

Moet seker nouma die Nosler Accubonds LR probeer... Dis darem nie 'n monolithic nie, maar behoort beter as die ELD-X te werk... Die mense kla maar oor die ELD-X'e

:confused:
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community

Post by Smith223 »

SinWolf wrote: Wed Jun 23, 2021 8:45 am
tripodmvr wrote: Tue Jun 22, 2021 8:47 am Sinwolf, ek krap ook so tussen die 2. Wil jy nie jou data opsit sodat ek dit kan gebruik nie?
So ek het begin laas jaar met die Barnes gespook... Volgens QL moes ek 47.05 laai om op die node te wees.

Ek het gaan groepe skiet en in 0.2gr inkrimente opgegaan, en UITEINDELIK op 47.8gr uitgekom (sien post: viewtopic.php?p=813341#p813341)

Toe laas week met GRT begin speel, to gebruik ek my data soos in QL gebruik... En toe se GRT ek moet 47.85gr laai (node #5). En dit stem ooreen met my ontwikkeling laas jaar...

Vind aangeheg my data...
Data.zip

Ek moet se dat ek nou regtig G*tvol is vir my geweer... Die ding lyk my wil net eenvoudig nie monolithics skiet nie... Ek het wel daai 150gr Barnes lading, maar ek was nie happy met die 150 barnes se performance nie... Ek het seker 500 skote die laaste 3 maande geskiet... En het nogsteeds nie 'n monolithic lading nie... Is deur 100 Barnes 168 TTSX punte, 150 Barnes 168 TSX punte, deur 120 Nosler E-Tip punte, en deur 120 Peregrine 167 punte... En die beste monolithics groep wat ek kry is so 1 MOA...

En dan probeer ek Hornady ELD-X (non-monolithic), en het binne 30 skote 'n 0.48 MOA lading... Het gister 'n 0.1 MOA groep met hulle geskiet...

Moet seker nouma die Nosler Accubonds LR probeer... Dis darem nie 'n monolithic nie, maar behoort beter as die ELD-X te werk... Die mense kla maar oor die ELD-X'e

:confused:
Die feit dat jy ‘n mono wil skiet sê vir my jy gaan nie kop-skote skiet nie en dat jy op nader afstande beplan om te jag? 1MOA is dus meer as voldoende?

Indien jy wil LA jag of kopskote skiet is 1MOA nie goed genoeg nie en is monolietiese punte nie die punte om te gebruik nie?
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
User avatar
SinWolf
Full Member
Full Member
Posts: 113
Joined: Wed Jun 19, 2013 6:57 am

Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community

Post by SinWolf »

Ek wil tot en met 500m kan skiet... Dus soek ek 0.5MOA of kleiner... Ja ek skiet kop skote tot en met 100/150m, MAAR, as die bok so staan en ek het nie 'n kop skoot nie, en slegs 'n blad skoot, dan wil ek nie huiwer om die blad skoot te skiet nie.... Ek sal nie kop skote skiet verder as 100/150m nie.

Ek het so 3 weke terug 'n springbok met die ELD-X geskiet (260m), en het die jacket in die bok gekry met geen lood wat aan hom gekkleef het nie... Hy het heeltemal opgebreek.

Ek hou van monolithics a.g.v. die weight retension, so kan ligter skiet en vinniger skiet... Maar ja... Dit lyk of ek dit net eenvoudig in my kop moet kry dat ek nie monolithics kan skiet nie...
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community

Post by tripodmvr »

SW, jy het moontlik al vergeet dat ek geneom het dat H4895 nie die ideale dryfmiddel is nie. Bietjie te vinnig met lae dopvulling. Moontlik blameer jy die koeël terwyl jy 'n stadiger dryfmiddel moet gebruik.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
SinWolf
Full Member
Full Member
Posts: 113
Joined: Wed Jun 19, 2013 6:57 am

Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community

Post by SinWolf »

tripodmvr wrote: Wed Jun 23, 2021 10:46 am SW, jy het moontlik al vergeet dat ek geneom het dat H4895 nie die ideale dryfmiddel is nie. Bietjie te vinnig met lae dopvulling. Moontlik blameer jy die koeël terwyl jy 'n stadiger dryfmiddel moet gebruik.
Oom, ek het die volgende probeer:

Barnes 168 TTSX met beide H4895 en IMR4350
Barnes 168 TSX met IMR4350
Peregrine 167 met IMR4350
Nosler 150gr E-Tip met beide H4895 en IMR4350

Die kryt wat ek NIE probeer het nie, wat mense ook wel met 30-06 en ligter punte sukses het, is die IMR4064, maar ek kon nerens van dit in voorraad kry nie.

8)
Last edited by SinWolf on Wed Jun 23, 2021 11:13 am, edited 1 time in total.
User avatar
SinWolf
Full Member
Full Member
Posts: 113
Joined: Wed Jun 19, 2013 6:57 am

Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community

Post by SinWolf »

Dit lyk of my nodes met die mono's net 0.1 grein wyd is... As ek 0.1gr hoog of laag laai (weg van die node), maak die groep oop van 0.8/1 MOA na 2-3 MOA... Waar dit met die Hornady's 0.4gr wyd is (as ek 0.2gr op of af gaan het ek darem nog 'n 1 MOA groep, en dit spring nie na 2 of 3 MOA nie)...
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community

Post by Wouter Roets »

Sinwolf

Hoe ver van die lande het jy af gelaai in die begin en het jy met jou TPL gespeel daarna?

Groetnis
Wouter
User avatar
SinWolf
Full Member
Full Member
Posts: 113
Joined: Wed Jun 19, 2013 6:57 am

Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community

Post by SinWolf »

Wouter Roets wrote: Wed Jun 23, 2021 11:18 am Sinwolf

Hoe ver van die lande het jy af gelaai in die begin en het jy met jou TPL gespeel daarna?

Groetnis
Wouter
My magasyn verhoed my om te naby aan die lande te kom... Maar ek het met verskillende TPL's getoets ook ja... Magasyn TPL = 85.5mm

Ek het maar ver weg gebly, aangesien almal se raad is dat die mono's moet ver van lande wees

Barnes 168 TTSX - 86.90mm touching lands. Ek het gewerk met 84.0 mm, 83.75mm en 84.3 mm (ek het maar ver weg gebly, aangesien almal se raad is dat die mono's moet ver van lande wees)

Barnes 168 TSX - 85.7mm touching lands. Ek het gewerk met 85.2mm, en toe seating depth test gedoen op 85.43, 85.35, 85.28, 85.20, 85.12, 85.05, 84.97, 84.90. Ek het toe ook na 83.0mm gegaan en dit probeer.

Peregtine 167 VLR-4 - Touching lands 86.8mm. Ek het gewerk met 84.5mm, 83.5mm, 84.0mm, 85.0mm, 85.5mm en selfs toe nader aan die lands beweeg en 85.4mm probeer. Het toe weer ook 84.5mm, 84.7mm en 84.3mm probeer.

Hornady ELD-X 178gr - 85.35 Touching lands (hier kan ek actually by lands uitkom)... Ek het getoets met 85.0mm, 84.0mm, 83.0mm en 82.0mm... My node was die "wydste" op 83.0mm, en dis wat ek tans gebruik vir die Hornady's.

Nosler 150gr E-Tip - 87.24mm touching lands. Hier het ek net 84.0mm gewerk mee.
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community

Post by 30-06 »

99 % van my OBT berekeninge in GRT se resultaat is halfnode 4.5 . Ek besef mens kan die halfnode afsit. Dis net baie snaaks dat OBT se aanbeveling omtrent elke keer op 4.5 uitkom. Is daar nog mense wat dit ervaar.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community

Post by Apie »

30-06 wrote:99 % van my OBT berekeninge in GRT se resultaat is halfnode 4.5 . Ek besef mens kan die halfnode afsit. Dis net baie snaaks dat OBT se aanbeveling omtrent elke keer op 4.5 uitkom. Is daar nog mense wat dit ervaar.
Dit hang af watse lading jy onder inlees, hy kies altyd die naaste node aan wat jou lading onder is.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Post Reply