Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek wil graag my nuwe 22-250 saamvat Stellenbosch toe as dit moontlik is... Ek kan obviously nie die wapen in my koshuiskamer onder my bed wegsteek nie, so daarom wil ek graag hoor of dit enigsins moontlik sou wees??
Kan ek die wapen saamvat en by polisie laat stoor? Is dit veilig?
Kan ek die wapen nie dalk teen betaling by 'n wapenhandelaar stoor nie? (Safari is 'n klipgooi van my af )
Kan die SAPS 'n permit of iets uitreik aan my dat ek dit dalk in 'n familielid in Stellenbosch se kluis mag stoor?
ns. Indien die topic al aangeraak is, verwys my net asb...
Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Kom nounet uit die veld. Die wind waai my weg! Net een ligsku jakkie raakgelig, maar hy het vinnig pad gegee. Wind was bietjie kwaai, so toe los ek maar, want my roepplek was ook nie na my sin nie.
Baie dankie vir die terugvoering, ek dink die familielid opsie gaan vir my werk!
Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Ponkie, Bergings permite kry jy maklik by die polisie stasie. Dit is twee vorms wat jy moet invul. Een hou jy en die ander een stoor jy saam met jou wapen. Eintlik te eenvoudig na my sin. Het dieselfde gedoen met twee van my nuwe aansoeke, tot ek my lisensies gekry het. Die persoon by wie jy die wapens berg moet net 'n lisensie h?.
Ponkie ek stel voor jy probeer die bergingspermit opsie, dit behoort maklik te wees om te kry. Anders glo ek jy behoort 'n reeling by Safari & Outdoor te kan tref om die wapen te stoor, ek is seker hulle sal dit vir jou kan doen sonder probleme.