Wat se Die Wet itv "stoor van 'n vuurwapen"?

Post Reply
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Wat se Die Wet itv "stoor van 'n vuurwapen"?

Post by Ponkie »

Manne

Ek wil graag my nuwe 22-250 saamvat Stellenbosch toe as dit moontlik is... Ek kan obviously nie die wapen in my koshuiskamer onder my bed wegsteek nie, so daarom wil ek graag hoor of dit enigsins moontlik sou wees?? ??? ???

Kan ek die wapen saamvat en by polisie laat stoor? Is dit veilig?
Kan ek die wapen nie dalk teen betaling by 'n wapenhandelaar stoor nie? (Safari is 'n klipgooi van my af ;D)
Kan die SAPS 'n permit of iets uitreik aan my dat ek dit dalk in 'n familielid in Stellenbosch se kluis mag stoor?

ns. Indien die topic al aangeraak is, verwys my net asb...

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: Wat se Die Wet itv "stoor van 'n vuurwapen"?

Post by Wismit »

Ponkie wrote:Kan ek die wapen saamvat en by polisie laat stoor? Is dit veilig?
Jy kan ja, maar ek sal dit nie doen as ek jy is nie, hy gaan verniel word of selfs voete kry.
Ponkie wrote:Kan ek die wapen nie dalk teen betaling by 'n wapenhandelaar stoor nie? (Safari is 'n klipgooi van my af ;D)
Ja jy kan.
Ponkie wrote:Kan die SAPS 'n permit of iets uitreik aan my dat ek dit dalk in 'n familielid in Stellenbosch se kluis mag stoor?
Ja, `n SAP 539
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Wat se Die Wet itv "stoor van 'n vuurwapen"?

Post by G-force »

Baie maklik om stoor permit te kry.Al jou opsies sal moontlik wees.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Wat se Die Wet itv "stoor van 'n vuurwapen"?

Post by Ponkie »

Naand Manne

Kom nounet uit die veld. Die wind waai my weg! Net een ligsku jakkie raakgelig, maar hy het vinnig pad gegee. Wind was bietjie kwaai, so toe los ek maar, want my roepplek was ook nie na my sin nie.

Baie dankie vir die terugvoering, ek dink die familielid opsie gaan vir my werk!  ;)

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: Wat se Die Wet itv "stoor van 'n vuurwapen"?

Post by FE »

Ponkie, Bergings permite kry jy maklik by die polisie stasie. Dit is twee vorms wat jy moet invul. Een hou jy en die ander een stoor jy saam met jou wapen. Eintlik te eenvoudig na my sin. Het dieselfde gedoen met twee van my nuwe aansoeke, tot ek my lisensies gekry het. Die persoon by wie jy die wapens berg moet net 'n lisensie h?.
Born to hunt, but forced to work!
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Wat se Die Wet itv "stoor van 'n vuurwapen"?

Post by Lourens »

Ponkie ek stel voor jy probeer die bergingspermit opsie, dit behoort maklik te wees om te kry. Anders glo ek jy behoort 'n reeling by Safari & Outdoor te kan tref om die wapen te stoor, ek is seker hulle sal dit vir jou kan doen sonder probleme.

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Post Reply