Rooibokjagte 2022. Wys jou bok

Post Reply
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Rooibokjagte 2022. Wys jou bok

Post by Koos Barnard »

Wie gaan hierdie jaar almal rooibokke jag? Kom wys 'n bietjie hoe lyk jou rooibokke wat jy hierdie jaar skiet. Ek het hierdie een gister naby Riversdal geskiet met my Savage .223 Rem. Die ammo was 65gr Sierra Gameking SBT teen seker so 2900vps. Die skoot is net off-centre voor die kop in en het ten volle gepenetreer. Uitgangswond was ongeveer dubbel kalibergrootte. Die afstand was seker net so onder 100m. Verskoon die swak gehalte van die foto,dit was bewolk, die lig was baie swak en die selfoon neem dan nie mooi foto's nie. Die horings het 24.4-duim gemeet (62cm).
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Koos Barnard on Sat Apr 30, 2022 9:37 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Rooibokjagte 2022. Wys jou bok

Post by Chris (vdB) »

Geluk oom Koos, dit is n' baie mooi ram. Hoeveel het hy uitgeslag oom?
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Rooibokjagte 2022. Wys jou bok

Post by Koos Barnard »

Chris, ek was ongelukkig nie by toe die ram geslag is nie. Ek het die bok vir iemand anders geskiet en ek het gery voordat die bok geslag en geweeg is. Mooi loop
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1491
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Rooibokjagte 2022. Wys jou bok

Post by Eduard Venter »

Pragtige ram, oom! Hier is een wat ek laasweek geskiet het. Foto het nie juis uitgekom soos beplan nie, maar dis mos maar die herinneringe wat saak maak. Hoop die manne deel soos die seisoen aangaan. 'n Ooi kan ook 'n mooi foto maak as mens reg neem.

GroetnisImage

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Post Reply