PMP Probleme in die algemeen

Post Reply
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

PMP Probleme in die algemeen

Post by Lourens »

Middag mense,

My beste pel se broer skiet 'n custom .375H&H en het onlangs vir hom 'n paar bokse PMP African Elite ammunisie gekoop teen sowat R1100 per boks. Met die klap van die 2de skoot was daar bo-normale recoil en na die skoot kon hy glad nie sy slot oopkry nie. Soveel so dat hy van kragtige tegnieke moes gebruik maak om die skot oop te kry.  ;D  By die oopmaak blyk die volgende toe. Die primer is heeltemal uitgeblaas en primer pocket ietwat vergroot. 'n gedeelte van die ".375 H&H MAG" kopstamp is heeltemal weggeslaan. Die rim van die dop is effens vervorm en het 'n lekker duik weg. Agter op die dop naby die kop is daar tekens van verswakking. Hy skiet toe nog 'n skoot of twee en dit gaan oraait. By dievolgende skoot gebeur dit toe weer en die uitslag is identies. Ek het ongelukkig die doppie vir oom Kassie Kasselman by Safari & Outdoor gegee, so ek kan nie dadelik fotos oplaai nie. Hy het amper op sy rug geval en was baie omgekrap daaroor en het gese hy gaan dit met PMP opneem. Die geweer het nog nooit voorheen enige probleme gehad nie. Hy het al ander fabrieksammunisie geskiet sonder issues en my pel het ook vir hom maandag redelike stewige ladings met 300gr Barnes TSX punte gelaai wat uitstekend groepeer en geen druktekens toon nie.

Ek is nie iemand wat daarvan hou om 'n ander se produk in die openbaar af te kraak nie, MAAR HIERDIE IS LEWENSGEVAARLIK!!! Sy geweer kon erge skade opgedoen het en hy kon self lelik seer gekry het.
Ek was nog nooit 'n PMP aanhanger gewees nie maar het nie 'n probleem met mense wat dit gebruik nie, as dit vir jou werk dan werk dit vir jou, maar teen R1100 per boks en dit is die resultaat!?!? Dis absoluut verregaande!!

Is daar dalk nog manne hier wat dieselfde tipe probleeme ervaar het met hierdie ammunisie?

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
james 303
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Aug 13, 2010 7:23 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by james 303 »

Ek het onlangs n probleem opgetel met n dop wat by die nek geseperate het en dit is nie die geweer nie maar wel die dop.Dit was ook n pak van die rak af die ander negentien doppe het ek al 5 keer gelaai en kan nog gelaai word.Ek het nog nie so probleem gehaad nie maar dit klink nie goed nie
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by BLOK »

Klink vir my die selfde as wat die naweek op die kursus gebeer het met james se 300H&H, verskil is net was die blou pakkie gewees.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Lourens »

Ek het so vemoede PMP laai die goed te warm, hulle doppe se kapasiteit is nie konstant nie en hulle doppe is ook bekend daarvoor dat die wande dikker is as ander fabrikate, dus is hul volume minder en kan jy nie noodwendig dieselfde lading laai as met jou winchester, remington, norma of nosler doppe nie.

Maar dis om van siek te word!!! Ek het ook in die verlede al 'n klagte of 2 gehoor oor die African Elites. Hier sit ons nou al met 2 manne wat amper groot skade aan hulle gewere en hulself opgedoen het met PMP ammo. Waar is die kwaliteitsbeheer!?!
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Johan JvR »

dis dalk waar al die S365 lot o61 wat terug geneem is heen is.......... :angel:
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Lourens »

Net so Johan, ek wonder ook of PMP 'n twee nuwe customs in .300H&H en .375H&H sou ge-sponsor het as die gunne nie oorleef het nie?  ;) ;D
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
BUSH1
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Wed Apr 21, 2010 3:58 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by BUSH1 »

ek was so 2 jaar terug by Pro amm skiet in durbanville in die kaap , en het self druk probleme ondervind , en van die andermanne op die baan ook , so daar moet verseker iets verkeerd wees  :o
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by MJK »

Jakkals

Het onlans ander man gehelp met blou boksie 300H&H doppe te herlaai. Op kol dop wat afgeskryf het middeldeur gesaag. Verstommend hoe onegalig die wanddiktes was met die blote oog. Verder was die mond(?) van die doppe (so 60 van dit) geheel en al onegalig! Stem saam dat kwaliteit geen spraak van is nie :P
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4598
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by James Wilson »

ek het my geweer se kamer nou groter laat maak omdat het  PMP rak ammo druk teen die lands vas. toe ek egter by die geweersmit kom haal hy ook n pakkie PMP pro amm uit en daar kon ek toe sommer op die crimping groove sien sy pakkie se punte is weer dieper geseat as myne. so, een pak lyk so die ander lyk weer anders.  lekker my lalli!!  kom ons maak bietjie soos ons wil.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Pottie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 76
Joined: Mon Feb 21, 2011 7:27 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Pottie »

N vriend van my het verlede jaar amper na die ewigheid gereis agv een van daai PMPs, toe n luiperd n klient storm, het  die geweer hom nie toegelaat om n opvolg skoot te skiet nie, oor n dop wat nav drukprobleme in sy 375 se kamer vasgesit het.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Beretta »

Jagbehep
Ja dit wys jou net PMP werk ons maar net deur die ore met hulle ammo.Derde wereld se produk teen dollar pryse wat goed koper in die VSA is as wat jy hier betaal.Ek dink die manne moet maar die nuwe verbruikers wet laat geld.
Beretta
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by fanie17 »

n Maat van my het amper sy oog verloor en wel 30% sig verloor met n 223 pmp wat agtertoe uitgeblaas het,die hofsaak is nog aan die gang, lyk of hulle probleme het.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Beretta »

Ludwig
Ek dink dit kan dalk deesdae wees Philemon maak Patrone  ;D ;D ;D ;D
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by MJK »

Carte Blance? Al lankal lus om vir Derek Watts op hulle te sit ;)
User avatar
james 303
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Aug 13, 2010 7:23 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by james 303 »

Ek wil byse dat dit my nou eers bykom my doppe het redelik gesukkel om uit tekom van dat ek dieselfde doppe herlaai kom hulle maklik uit
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by blaser »

ja hulle voer mos die gemors uit na die vsa
daar moet iets verkeerd gaan dan sal hulle gedagvaar word tot by dantjie in die kalerhok
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by baboonstalker »

ja hulle voer mos die gemors uit na die vsa
Net die wat quality control geslaag het word uitgevoer, die res dump hulle sommer in de plaaslike mark  ;D
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Beretta »

baboonstalker
Ja amper so iets soos n Mahindra met Toyota enjin  ;D ;D ;D
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Lourens »

Manne my hare rys as ek hierdie stories hoor, ekt 'n gevoel dis nie lank nie dan gaan ons 'n fatale geval h? met hierdie mense se ammunisie. Beste is dat hulle die goed nog uitvoer VSA toe en dan is dit nog goedkoper as hier by ons.  ???  ??? Iemand moet hierdie manne vasvat.

Daai selfde pel van my wie se broer drukmoeilikheid met die african elites ervaar het vertel my dat hy ook onlangs vir sy .270 gelaai het met PMP doppe (oor winchester en remington nie beskikbaar was nie en die noslers nog nie gekom het nie) en dat hy nog bykans 3 grein onder Somchem se voorgestelde maksimum ladings was toe hy reeds sy slot van voor af moes oopstamp met 'n skoonmaakstok as gevolg van hoe druk.  :o :o Hierdie gebeur nie met ander doppe nie en hy kan gewoonlik die maks en meer laai sonder moeilikheid. Ek gebruik die Somchem herlaai boekie al vir ligjare nie meer nie, maar is ook van mening dat die data in daai boekie veel te wense oorlaat....
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Beretta »

Rooijakkals
Ek doen dit deur nie hulle produkte te koop nie.Maar Somchem se kruit het jy nie veel van n keuse nie.As jy wil skiet moet jy dit koop en klaar jy moet nie te veel vrae vra nie.Ek twyfel sterk of iemand hulle sal aan vat hulle sponser mos kompetisies.
Beretta
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by baboonstalker »

Hulle borgskap is poep in die wind teen wat van die ander handelaars en invoerders borg.
Dit sou darrem lekker wees om te kon br?g met ons plaaslike vervaardigers se produkte, maar lyk my hulle lojaliteit l? ook elders.
Ek is net jammer vir al die manne wat hulle getrou ondersteun het al die jare.
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Lourens »

+1 BS en Beretta. Ek weier ook volstrek om hulle produkte te koop, behalwe natuurlik vir die Somchem kruit wat ons nie anders kan nie. Ekt al baie gewonder of ons ooit eendag ander kruite op ons rakke sal sien en hoe moontlik dit sal wees om daai kruite in die land in te bring. Daai yanks is darrem maar spoiled for choice en ek dink ons manne sal op grootskaal baljaar as ons daai kruite tot ons beskiking het!!  ;D
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Gerard

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Gerard »

R1100.00 vir 20 rondtes?  Dit is R55.00 elke keer wanneer jy die sneller trek!  :o
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by tripodmvr »

Ek het in my 303 ondervind dat patrone nie wou kamer nie. Moes die patrone korter maak. Die maak - Winchester.

Moet nie altyd die vervaardigers blameer nie. My 303 se kamer is korter as normaal gesny. Kyk mooi na die pasmaakgewere want dit hang af van hoe die kamers gesny is. Het selfs al gehoor van ouer gewere wat sekere ammunisie weens te lang TPL nie wou kamer.

Ek het wel ook my bekommernis oor PMP. Die pryse word al ho?r, maar niks is gedoen om die kwaliteit van die koe?ls te verbeter (uitgesluit die elite en super reeks wat weer onbetaalbaar duur is. Het eenkeer lank gelede ervaar dat 'n 303 geen dryfmiddel in gehad het nie. Koe?l het gelukkig net teen die lande vasgedruk en kon met skoonmaakstok verwyder word.

Ammunisie is en sal maar riskant wees om te gebruik. Ons probeer egter die risiko's bestuur - selfs motor ry is een van daardie goed. Ek dink mens moet maar met al die gekoopte ammunisie kyk of dit wel veilig kamer en nie sodoende drukprobleme veroorsaak nie. Ek het 'n Excel file waarop ek al die TPL's van koe?lpunte en fabrieksammunisie aanteken.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by PITSMIT »

dis omdat hulle eerste wereld koe?ls in derde wereldse doppe wil gebruik

as kind weet ek het my pa baie pmp geskiet in die 270 wat ek nou het maar nooit probleme gehad nie

almal kla maar niemand behalwe enkele gevalle wat erg is vat pmp aan nie

trek n globale petisie op en gee dit vir hulle.

koop n pak pmp rondtes en trek al die punte en weeg daai poeier. hou vir hou gaan hulle verskil van mekaar met groot toleransie

pmp in my geweer.  nie maklik nie
Last edited by PITSMIT on Mon Aug 29, 2011 3:51 pm, edited 1 time in total.
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
Post Reply