Middag mense,
My beste pel se broer skiet 'n custom .375H&H en het onlangs vir hom 'n paar bokse PMP African Elite ammunisie gekoop teen sowat R1100 per boks. Met die klap van die 2de skoot was daar bo-normale recoil en na die skoot kon hy glad nie sy slot oopkry nie. Soveel so dat hy van kragtige tegnieke moes gebruik maak om die skot oop te kry.

By die oopmaak blyk die volgende toe. Die primer is heeltemal uitgeblaas en primer pocket ietwat vergroot. 'n gedeelte van die ".375 H&H MAG" kopstamp is heeltemal weggeslaan. Die rim van die dop is effens vervorm en het 'n lekker duik weg. Agter op die dop naby die kop is daar tekens van verswakking. Hy skiet toe nog 'n skoot of twee en dit gaan oraait. By dievolgende skoot gebeur dit toe weer en die uitslag is identies. Ek het ongelukkig die doppie vir oom Kassie Kasselman by Safari & Outdoor gegee, so ek kan nie dadelik fotos oplaai nie. Hy het amper op sy rug geval en was baie omgekrap daaroor en het gese hy gaan dit met PMP opneem. Die geweer het nog nooit voorheen enige probleme gehad nie. Hy het al ander fabrieksammunisie geskiet sonder issues en my pel het ook vir hom maandag redelike stewige ladings met 300gr Barnes TSX punte gelaai wat uitstekend groepeer en geen druktekens toon nie.
Ek is nie iemand wat daarvan hou om 'n ander se produk in die openbaar af te kraak nie, MAAR HIERDIE IS LEWENSGEVAARLIK!!! Sy geweer kon erge skade opgedoen het en hy kon self lelik seer gekry het.
Ek was nog nooit 'n PMP aanhanger gewees nie maar het nie 'n probleem met mense wat dit gebruik nie, as dit vir jou werk dan werk dit vir jou, maar teen R1100 per boks en dit is die resultaat!?!? Dis absoluut verregaande!!
Is daar dalk nog manne hier wat dieselfde tipe probleeme ervaar het met hierdie ammunisie?
Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...