Die eerste is wat Ruaanb hier onder noem, en dit strook 100% met my eie ervaring. Dit wil vir my voorkom asof lyf-skote op n springbok bykans altyd lei tot n mors van vleis, en n bebloede karkas. Ek het al springbokke verwerk wat geskiet is met enige iets vanaf n .222 tot n 8x60, en die resultaat lyk min of meer altyd dieselfde met n bladskoot. Miskien is dit oor die relatiewe grote van die bok - dat n 15cm bloed kol baie groter lyk op n springbokkie as op n koedoe, of dalk is hulle net "sagter" as ander wild.
ruaanb wrote: Wed Jul 21, 2021 7:05 am Luan skiet bietjie n springbok op dieselfde afstand as daai vark met die 208gr eld-m. Nare storie……
Dan in terme van monolitiese koeëls, en met verwysing na Rabie se plasing.RabieL wrote: Tue Jul 20, 2021 7:13 pm Wat Mono's betref het n goeie vriend van my dit reg gekry om 5 skote op n blesbok se kop te land. Die een skoot was die dood skoot maar 2 van die ander sou ook die werk kon klaarmaak sou dit n loodkern koeel was. Kaliber was 270 en spoed teen 3100 fps. So ek is nog nie heeltemal op die mono bladsy nie.
Groete
Agtergrond: Ek is n groot voorstaander van "premium koeëls"- hetsy monolities, Partition of gebonde kern. Sover, in 21 jaar se jag, loop daar nog net 2 kwesbokke rond. In een geval het ek n fyn takkie getref wat defnitief n invloed gehad het, en die ander keer was my afstand skatting uit, en die skoot te laag. Al die ander bokke het bakkie gery, meeste na een skoot, en n paar na n tweede. Vir my is die koste van daardie koeël baie min in vergelyking met die koste van n bok. Hoeveel duurder is n Accubond / Partition / TSX as n ELD of soortgelyk?
Ek glo die monolities / partition / gebonde kern is ontwikkel vir lyf-skote waar daar genoeg weerstand is om te sorg dat die koeël betroubaar omklink. Maar dit is juis ook hierdie ontwerp-eienskap wat die tipe koeël nie so geskik maak vir kop-skote as n lood kern koeël nie. Ek skiet 99% lyf-skote. Ek voel gemaklik daarmee, en sover was dit redelik suksesvol. Netso is daar manne wat kop-skote kan skiet, en dit werk vir hulle. Gebruik die regte toerusting vir die taak. Vir my is dit soos om een geweer te wil gebruik vir springbokke uitskiet en buffel jag. As jy wil en kan kop-skote skiet, laai sagte koeëls, en lewe saam met een of twee stukkende blaai, maar as jy lyf-skote skiet, laai n gepaste koeël daarvoor.












