Draad sny vir silencer?

Post Reply
Kloukat
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Thu Nov 09, 2017 10:39 am

Draad sny vir silencer?

Post by Kloukat »

Middag manne, ek is nuut in Parys OVS. Sal graag wil hoor watter wapensmit jul aanbeveel in omgewing wat draad sny vir silencer. Baie dankie
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2212
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Draad sny vir silencer?

Post by Ds J »

Advanced GunTech in Potchefstroom.
Kloukat
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Thu Nov 09, 2017 10:39 am

Re: Draad sny vir silencer?

Post by Kloukat »

Ds J wrote: Tue Jun 22, 2021 3:11 pm Advanced GunTech in Potchefstroom.
Dankie ek sal hulle kontak.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Draad sny vir silencer?

Post by PWV »

Bloedgeld om 'n arm en 'n been te betaal om die draad te laat sny.
My man in die Paarl, wat slegs R260.00 gevra het, het ons ongelukkig vooruit gegaan. :'( :'(
Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

Re: Draad sny vir silencer?

Post by Basie2 »

Ek wou aanbeveling maak in Klerksdorp, maar toe ek die R260 sien, toe skrik ek, want ek het R900 betaal vir sny van draad. Ek is meer bekommerd oor kwaliteit van diens, want dis my geweer waaraan hy werk.
My 2c


Sent from my iPad using Tapatalk
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Draad sny vir silencer?

Post by Armand Steenkamp »

Betaal self R200 in springbok vir draadsny.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Draad sny vir silencer?

Post by Arnold »

As daai manne wat R260 en R200 vra ordentlike werk doen dan vra hulle hopeloos te min!
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Draad sny vir silencer?

Post by Armand Steenkamp »

Arnold wrote: Thu Jun 24, 2021 10:58 am As daai manne wat R260 en R200 vra ordentlike werk doen dan vra hulle hopeloos te min!
Seker van die beste draad wat ek al laat sny het. Maar dit is maar een van daai gunsies vir n pel
Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

Re: Draad sny vir silencer?

Post by Basie2 »

Jy kan Gert le Roesh skakel by 082 drie drie sewe 5119, hy is in Klerksdorp. Jy gaan 4 weke minimum wag. Hy sit standard çover'oor die draad, dalk geval dit jou nie, so maak seker wat is jou vereistes.

Hy doen goeie werk.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Draad sny vir silencer?

Post by Arnold »

Armand Steenkamp wrote: Thu Jun 24, 2021 11:20 am
Arnold wrote: Thu Jun 24, 2021 10:58 am As daai manne wat R260 en R200 vra ordentlike werk doen dan vra hulle hopeloos te min!
Seker van die beste draad wat ek al laat sny het. Maar dit is maar een van daai gunsies vir n pel
Versigtig om 'n prys by te sit as iemand jou 'n guns doen ... volgende keer soek almal gunse en dan kry jy nooit weer een nie :laugh:
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Draad sny vir silencer?

Post by PWV »

Arnold wrote: Thu Jun 24, 2021 10:58 am As daai manne wat R260 en R200 vra ordentlike werk doen dan vra hulle hopeloos te min!
Ek wou die anderdag 'n bakkie koop. Die prys, volgens die verkoopsman, was R550 000.00. Toe se ek vir hom dit is hopeloss te min!! :)
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1878
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Draad sny vir silencer?

Post by Alwin »

Om die draad te sny vat omtrent 10 - 20 minute.

Om die loop reg "op te klok" in die draaibank, vat enigiets van 15 - 45 min, of tot hy uiteindelik reg is.

Jy moet dus begroot vir 1 uur se arbeid vir die draad sny alleen.

Tel by masjienkoste, draaibanke en snybeitels is nie verniet nie.

Dan moet die geweer nog uitmekaargehaal en aanmekaar gesit en getoets word.

Werk self uit wat al die bostaande vir jou werd is, en besluit maar waar jy kan kostes sny.
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: Draad sny vir silencer?

Post by Smith223 »

Alwin wrote: Thu Jun 24, 2021 7:15 pm Om die draad te sny vat omtrent 10 - 20 minute.

Om die loop reg "op te klok" in die draaibank, vat enigiets van 15 - 45 min, of tot hy uiteindelik reg is.

Jy moet dus begroot vir 1 uur se arbeid vir die draad sny alleen.

Tel by masjienkoste, draaibanke en snybeitels is nie verniet nie.

Dan moet die geweer nog uitmekaargehaal en aanmekaar gesit en getoets word.

Werk self uit wat al die bostaande vir jou werd is, en besluit maar waar jy kan kostes sny.
Ek kan be-aam wat jy daar sê.

Ek kan nie verseker sê nie, maar dink baie van die goedkoper ‘jobs’ word sommer in ‘n 3jaw chuck gedoen en dus is daar nie clock werk nie en dit is waar hulle dan goedkoper is. Die beste 3jaw chuck wat ek al ooit tee gekom het kon nie herhaalbaar binne 0.02mm vir konsentrisiteit behaal nie, en runout was 0.03mm per 100mm.
Met ‘n 4jaw chuck kon ek nog altyd binne 15minute 0.002mm of beter konsentrisiteit kry en 0.01mm runout/100mm.

Al het ek toegang tot ‘n draaibank en die vermoë om my eie draad te sny betaal ek eerder ‘n goeie GS R1000 om dit reg te doen. Hulle doen dit elke dag, inteendeel ek sou skrikerig wees as hulle minder as R500 vra vir die job, behalwe as jy hulle goed ken en dit is ‘n guns natuurlik.
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Draad sny vir silencer?

Post by LUAN »

Hier by ons doen oom Corrie omtrent almal se gewere. Hy het my geweer binne n halfuur voor my opgeklok en gesny. Hy vra nou R750
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Draad sny vir silencer?

Post by joe rocket »

PWV wrote: Wed Jun 23, 2021 11:42 am Bloedgeld om 'n arm en 'n been te betaal om die draad te laat sny.
My man in die Paarl, wat slegs R260.00 gevra het, het ons ongelukkig vooruit gegaan. :'( :'(


Maar daai was ook in 1913
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Draad sny vir silencer?

Post by PWV »

joe rocket wrote: Thu Jun 24, 2021 8:29 pm
PWV wrote: Wed Jun 23, 2021 11:42 am Bloedgeld om 'n arm en 'n been te betaal om die draad te laat sny.
My man in die Paarl, wat slegs R260.00 gevra het, het ons ongelukkig vooruit gegaan. :'( :'(


Maar daai was ook in 1913
Vergewe tog maar vir my vriend, Joe Rocket! 'n 200 liter geyser het onlangs op sy kop geval. ::)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Draad sny vir silencer?

Post by tripodmvr »

Kaapse manne is mos taai. Hoe gaan dit met die geyser?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1847
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Draad sny vir silencer?

Post by LoopSoosStroop »

As jy R200 vra om draad te sny en 'n doppie te maak dan betaal jy eintlik die ou wat sy geweer inbring.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Kloukat
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Thu Nov 09, 2017 10:39 am

Re: Draad sny vir silencer?

Post by Kloukat »

Basie2 wrote: Thu Jun 24, 2021 11:24 am Jy kan Gert le Roesh skakel by 082 drie drie sewe 5119, hy is in Klerksdorp. Jy gaan 4 weke minimum wag. Hy sit standard çover'oor die draad, dalk geval dit jou nie, so maak seker wat is jou vereistes.

Hy doen goeie werk.
Waardeer sal hom kontak
Kloukat
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Thu Nov 09, 2017 10:39 am

Re: Draad sny vir silencer?

Post by Kloukat »

LUAN wrote: Thu Jun 24, 2021 7:56 pm Hier by ons doen oom Corrie omtrent almal se gewere. Hy het my geweer binne n halfuur voor my opgeklok en gesny. Hy vra nou R750
Jou oom bietjie ver, dan gaan koerier my doodmaak
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1229
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Draad sny vir silencer?

Post by junglejulian »

In Bloemfontein sny n paar mense groefdraad met n cap vir R750-R1000.
User avatar
Sean3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 478
Joined: Mon Jun 27, 2016 9:10 pm

Re: Draad sny vir silencer?

Post by Sean3006 »

In die Kaap vra die groot winkel se GS net onder R2k...
.30-06, 6.5CM, .22lr, 9mmP
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Draad sny vir silencer?

Post by joe rocket »

tripodmvr wrote: Fri Jun 25, 2021 2:38 pm Kaapse manne is mos taai. Hoe gaan dit met die geyser?
Hy maak nog warm
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Draad sny vir silencer?

Post by tripodmvr »

Parys Sons of Guns. Google en probeer hulle.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Kloukat
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Thu Nov 09, 2017 10:39 am

Re: Draad sny vir silencer?

Post by Kloukat »

tripodmvr wrote: Fri Jun 25, 2021 8:22 pm Parys Sons of Guns. Google en probeer hulle.
Dankie Tripod
Post Reply