Paasnaweek Jag en kuier Koedoeskop

Post Reply
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Paasnaweek Jag en kuier Koedoeskop

Post by Frederik »

Ons het die Paas naweek as 3 families saam en vriend bietjie veld toe gegaan en darem so paar bokkies omgegooi.
Party se vingers het meer gejuk as anders myne ook maar die beursie wou nie saamspeel nie.

Nietemin was lekker jag en my vriend en my seun gehelp om paar diere vir die yskas te kry.
Skote was oor die algemeen naby as jy stap en bos ruig so kop skoote was partykeer die enigste opsie.
Al die diere te voet of van hide is kopskoot toegedien.

Image

Image

Image

Vrydag se bokke almal van bakkie of spot en stalk.

Saterdag

Image
Aaron se eerste rooibok kopskoot hy het vroeer die oggend 'n ooi skoon gemis half uur gesoek vir bloed maar jy kon duidelik hoor die skoot was mis.
Ons was van plan om 3 ooie te skiet oor die naweek en dalk nog vark. Ons was in lang gras toe vlakvark voor oons opspring en weghardloop wat ons toe nie kon sien nie. Die het toe r=die ram wat ook geslaap het laat opspring en toe stop om te sien waarvoor die varkie hardloop. Stop en loer toe oor die gras en lae bosse vir ons laat net sy kop wys. Sit die stokke op en se toe vir Aaron skiet hy kyk vir my en se toe maar pa dis 'n ram ek se toe skiet! Hy kyk toe weer vir my maar pa ek kan net die kop sien en ek se toe weer vir hom skiet! Skoot loop en rooibok is plat skoot mooi agter kop uit waar skedel en nek bymekaar kom. Afstand was so 80 meter ek verduidelik toe vir my seun hy was oorhaastig met die ooi wat hy gemis het en dat hy na die rooibok geskiet het en nie na 'n kol op die rooibok nie afstand was so 140m. Toe hy na die kop skiet moes hy fyn mik en skiet en siedaar.

Image

Die plaas was nie baie groot vir ons almal nie maar die boer het geneom voor die tyd daar is 2 hides op die plaas wat hulle gebruik. Ek noem toe die vir my vrou wat graag saamgaan plaas toe maar nooit saam gaan jag nie. Vrae haar toe of sy gaan omgee om saam te sit as ek dalk vleisbokkie sou skiet. Sy stem toe in en ek vat my kans. 204 ruger met 32gr kriek teen 3900fps is mos lekker kopskoot medisyne.
lang storie kort rooibok ooi op 60m en haar switch was vinnig af sy het nie geweet wat gebeur het nie.

Image

Image
Mos toe mooi my vrou verduidleik die was die ersgte wat die 204 nog gedoen het en gewoonlik is dit net netjies gate. Lyk my die 204 was kwaai die dag.

Ons het toe laatmiddag gaan sundowner vat op die plaas.

Image

Sondag se jag.

Image
Die ram was op 30 meter omgedop was lekker stalk gewees. Was ook die swaartse van die naweek 37kg uitgeslag geweeg by slagter.

Image
Nie ver van die kamp af vald die ooi ook seker op 30-40 meter voor ons.

Image

Ons is toe klaar geejag maar Adriaan noem toe vir Aaron hy kort varkie vir salamie hy hoef nie twee keer gevra te word nie en na lekker lang stalk kap hy toe die jong sog perfek vir salami oor 140meter.
Image

Ander diere van Sondag.

Image

Net nog fotos van die naweek.
Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image
Twee grootse ramme van die naweek links 24 1/4" en regs 24 1/2"
Leon Crous
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 429
Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am

Re: Pasnaweek Jag en kuier Koedoeskop

Post by Leon Crous »

Ai, lekker man! Hoe jaloers raak ek dan nou....
Dankie vir die deel vd storie en mooi foto's.
Altyd heerlik, so 'n familie jagnaweek.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Pasnaweek Jag en kuier Koedoeskop

Post by ruaanb »

Lekker!
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1491
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Pasnaweek Jag en kuier Koedoeskop

Post by Eduard Venter »

Dis nou lekker! Pragtige foto's. Hoe ver het die rooibok ooi toe gehardloop?

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Pasnaweek Jag en kuier Koedoeskop

Post by Malan123 »

Lekker saam gelees. Well done Frederik. Ek dink egter daai rooibok ooi is so 5mm te links geskiet...
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Pasnaweek Jag en kuier Koedoeskop

Post by KalahariKlong »

Te lekker. Dankie vir die deel.
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: Pasnaweek Jag en kuier Koedoeskop

Post by Smith223 »

Sjoe mooi bokke, lyk my die goeie reën seisoen het nie net gesorg vir mooi vet bokke nie, maar het die trofees ook bietjie aangehelp.
Geluk!
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Pasnaweek Jag en kuier Koedoeskop

Post by Diesel Dog »

Mooi Frederik.
Die walk en stalk ding kan aansteeklik raak,ek moet so gou moontlik in die vlaktes agter op n bakkie kom voor ek n obsesie met die tipe jag ontwikkel :laugh: :laugh:

DD
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Pasnaweek Jag en kuier Koedoeskop

Post by win270 »

Dankie vir die lekker vertel en die mooi foto's, Frederik. Dis kwaliteit tyd en wyse om dit so saam met vriende en familie te doen. Geniet die wildsvleis!
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Pasnaweek Jag en kuier Koedoeskop

Post by knipmes »

Baie mooi opwindende plasing. Ek kry dadelik skietbaan koors om te gaan oefen vir die jag in Junie
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Pasnaweek Jag en kuier Koedoeskop

Post by Frederik »

Nou ja dankie ek wag nou vir julle jagte, gooi lood manne!

Ek wag nog vir woorde van Dimitri omdat ek uit hide geskiet het oor water maar hy moet my maar vergewe dit was eerste keer dat vrou saam was toe ek skoot trek op 'n dier. :laugh: ;D
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Pasnaweek Jag en kuier Koedoeskop

Post by JPS »

Netjies Frederik
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 485
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Pasnaweek Jag en kuier Koedoeskop

Post by saswart »

Lekker Frederik! Lekker so gesinsjag! Lyk of Aaron dit lekker geniet het!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Pasnaweek Jag en kuier Koedoeskop

Post by Geno »

Te lekker. Mooi gejag Maat!
Goed, beter, 6millimeter!
JVT172
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Tue Jun 26, 2012 9:47 am

Re: Pasnaweek Jag en kuier Koedoeskop

Post by JVT172 »

Lekker juk my vinger nou, vir sneller trek.
Mooi paar bokke, geluk.
Post Reply