Party se vingers het meer gejuk as anders myne ook maar die beursie wou nie saamspeel nie.
Nietemin was lekker jag en my vriend en my seun gehelp om paar diere vir die yskas te kry.
Skote was oor die algemeen naby as jy stap en bos ruig so kop skoote was partykeer die enigste opsie.
Al die diere te voet of van hide is kopskoot toegedien.



Vrydag se bokke almal van bakkie of spot en stalk.
Saterdag

Aaron se eerste rooibok kopskoot hy het vroeer die oggend 'n ooi skoon gemis half uur gesoek vir bloed maar jy kon duidelik hoor die skoot was mis.
Ons was van plan om 3 ooie te skiet oor die naweek en dalk nog vark. Ons was in lang gras toe vlakvark voor oons opspring en weghardloop wat ons toe nie kon sien nie. Die het toe r=die ram wat ook geslaap het laat opspring en toe stop om te sien waarvoor die varkie hardloop. Stop en loer toe oor die gras en lae bosse vir ons laat net sy kop wys. Sit die stokke op en se toe vir Aaron skiet hy kyk vir my en se toe maar pa dis 'n ram ek se toe skiet! Hy kyk toe weer vir my maar pa ek kan net die kop sien en ek se toe weer vir hom skiet! Skoot loop en rooibok is plat skoot mooi agter kop uit waar skedel en nek bymekaar kom. Afstand was so 80 meter ek verduidelik toe vir my seun hy was oorhaastig met die ooi wat hy gemis het en dat hy na die rooibok geskiet het en nie na 'n kol op die rooibok nie afstand was so 140m. Toe hy na die kop skiet moes hy fyn mik en skiet en siedaar.

Die plaas was nie baie groot vir ons almal nie maar die boer het geneom voor die tyd daar is 2 hides op die plaas wat hulle gebruik. Ek noem toe die vir my vrou wat graag saamgaan plaas toe maar nooit saam gaan jag nie. Vrae haar toe of sy gaan omgee om saam te sit as ek dalk vleisbokkie sou skiet. Sy stem toe in en ek vat my kans. 204 ruger met 32gr kriek teen 3900fps is mos lekker kopskoot medisyne.
lang storie kort rooibok ooi op 60m en haar switch was vinnig af sy het nie geweet wat gebeur het nie.


Mos toe mooi my vrou verduidleik die was die ersgte wat die 204 nog gedoen het en gewoonlik is dit net netjies gate. Lyk my die 204 was kwaai die dag.
Ons het toe laatmiddag gaan sundowner vat op die plaas.

Sondag se jag.

Die ram was op 30 meter omgedop was lekker stalk gewees. Was ook die swaartse van die naweek 37kg uitgeslag geweeg by slagter.

Nie ver van die kamp af vald die ooi ook seker op 30-40 meter voor ons.

Ons is toe klaar geejag maar Adriaan noem toe vir Aaron hy kort varkie vir salamie hy hoef nie twee keer gevra te word nie en na lekker lang stalk kap hy toe die jong sog perfek vir salami oor 140meter.

Ander diere van Sondag.

Net nog fotos van die naweek.







Twee grootse ramme van die naweek links 24 1/4" en regs 24 1/2"



