Oë oop

Post Reply
Duif
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Wed Mar 07, 2018 10:07 am

Oë oop

Post by Duif »

Goeie dag,
Ek het op Youtube 'n paar sniper video's gekyk en van die snipers praat dat jy albei jou oë moet oop hou as jy skiet. Met die een kyk jy deur die teleskoop en met die ander een kan jy glo die omgewing sien. EK maak gewoonlik die een oog toe as ek skiet, maar het dit saterdag probeer op 100m dis iets om aan gewoond te raak maar is moontlik. Wat ek graag wil weet gaan ek my tyd mors om dit so te oefen met albei oë oop en ook hoe skiet die meeste skuts?

Dankie
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Savage AXIS II XP .308 Win
Savage Mod 11 .260 Rem
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Oë oop

Post by J le Roux »

Dit maak sin. Ek skiet regs, my linkeroog is egter dominant. Dit maak dit moeilik, ook met boogskiet.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Oë oop

Post by Gawie(13mm) »

Duif, ek het nou nie 'n skerpskutter balkie op my bors nie, maar ek het al 'n teiken of twee in digte bosse op bel afstand teen 'n berg omgedop. Om albei oë oop te hou, help my om vinnig die teiken op te spoor. Op teiken, loer ek na die waterpas op die teleskoop met my linker oog en net voor die skoot loop, sal ek my linker oog toemaak.
Ek vind dat my oë nie so vinnig moeg word nie. Wanneer ek vir 5 tot tien minute lank die teiken deur die teleskoop volg, begin my regter oog moeg raak en traan van die stremming. Indien die skoot dan vinnig moet loop, is daar nie tyd vir oë vryf nie.

Amper vergeet ek; ek het in die laaste twee CHASA baanskiete, baie goed geskiet op die vlakvark wat 35m ver staan deur albei oë oop te hou. Dus asof ek die geweer "stiller" hou en minder geneig is om oor die teiken te sweef met die kruishaar.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Duif
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Wed Mar 07, 2018 10:07 am

Re: Oë oop

Post by Duif »

Gawie, baie dankie. Ja dit is presies wat met my ook gebeur as ek 'n bok dop hou vir die regte skoot plasing sal my regter oog ook begind moeg raak en dit plae as die skoot moet loop soos jy ook sê. Iets nuuts wat ek nou op die baan sal oefen met albei oë oop te skiet.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Savage AXIS II XP .308 Win
Savage Mod 11 .260 Rem
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Oë oop

Post by Capt. Yoda »

EK skiet ook met al 2 oe oop of ek doen meeste van die tyd, dit kom maar van pellet skiet dae af waar jy met die een oog die tyken dop hou en dan met die ander een so half die vlae tussen jou en die tyken dop hou en ek skiet maar nog so veral op die baan. Ek het al agter gekom as dinge bq intense op die baan raak en ek konsentreur hard maak ek my linker oog toe maar dit pla my nie regtig nie. As ek na iets soek deur my scope sal ek ook altyd al 2 oe oop he, veral met groot vergroting scopes met kleiner FOV help dit my om die kruis vinnig op die tyken te kry op verder afstand
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Duif
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Wed Mar 07, 2018 10:07 am

Re: Oë oop

Post by Duif »

Capt. Oblivious wrote: Tue Nov 17, 2020 2:32 pm EK skiet ook met al 2 oe oop of ek doen meeste van die tyd, dit kom maar van pellet skiet dae af waar jy met die een oog die tyken dop hou en dan met die ander een so half die vlae tussen jou en die tyken dop hou en ek skiet maar nog so veral op die baan. Ek het al agter gekom as dinge bq intense op die baan raak en ek konsentreur hard maak ek my linker oog toe maar dit pla my nie regtig nie. As ek na iets soek deur my scope sal ek ook altyd al 2 oe oop he, veral met groot vergroting scopes met kleiner FOV help dit my om die kruis vinnig op die tyken te kry op verder afstand
Baie dankie vir die skrywe
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Savage AXIS II XP .308 Win
Savage Mod 11 .260 Rem
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Oë oop

Post by Smitstertjies »

Ek skiet ook met altwee oe oop.n Ander goeie tip wat ek by Piet Breedt gekry het is om op die kruishaar ipv die teiken te fokus. Jou onderbewussyn weet waar is die teiken.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Oë oop

Post by Toxxyc »

Ek skiet baie met twee oë oop, ja. As ek op die baan lê maak ek maar een oog toe want dis mos maklik, geweer is klaar op teiken. As ek jag hou ek gewoonlik instinktief albei oop. Ek kan soortvan fokus van die een na die ander, met ander woorde kies watter oog ek mee dominant wil koekeloer, so dit help om die teiken te sien met die een oog en dan met die ander een deur die teleskoop te bevestig voor ek skiet. Dit klink snaaks as ek dit so verduidelik maar dis hoe ek skiet.
Duif
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Wed Mar 07, 2018 10:07 am

Re: Oë oop

Post by Duif »

Toxxyc wrote:Ek skiet baie met twee oë oop, ja. As ek op die baan lê maak ek maar een oog toe want dis mos maklik, geweer is klaar op teiken. As ek jag hou ek gewoonlik instinktief albei oop. Ek kan soortvan fokus van die een na die ander, met ander woorde kies watter oog ek mee dominant wil koekeloer, so dit help om die teiken te sien met die een oog en dan met die ander een deur die teleskoop te bevestig voor ek skiet. Dit klink snaaks as ek dit so verduidelik maar dis hoe ek skiet.
Ja met saterdag se probeer op die baan het ek dit ook so gevind

Sent from my LM-G900 using Tapatalk

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Savage AXIS II XP .308 Win
Savage Mod 11 .260 Rem
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
User avatar
Ammion
Hero Member
Hero Member
Posts: 571
Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am

Re: Oë oop

Post by Ammion »

Indien jy met altwee oë oop skiet is dit belangrik dat jou dominante oog deur die scope kyk.
Krobb
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm

Re: Oë oop

Post by Krobb »

Smitstertjies wrote: Tue Nov 17, 2020 3:05 pm Ek skiet ook met altwee oe oop.n Ander goeie tip wat ek by Piet Breedt gekry het is om op die kruishaar ipv die teiken te fokus. Jou onderbewussyn weet waar is die teiken.
Met oopvisier is dit net mooi andersom, kry jou korrel en visier opgelyn en fokus dan op die teiken.
Dit is wat vir my werk.
Post Reply