7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote
-
Frikjordaan
- Full Member

- Posts: 217
- Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm
7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote
Goeie Naand die Forum.
Het iemand al die skyfskiet punte gebruik vir kopskoot skiet op kudu of gemsbok?
Het heelwat 155 grein punte en sou graag wou verneem of iemand ondervinding het met die punte.
Glo dat hulle nie geskik is vir lyfskote nie maar wonder al lank of dit nie kan werk vir kopskote nie.
Het 'n lekker dik 26 duim 7.62 skyfskiet loop op 'n Musgrave 80 aksie en as dit aanbeveelbaar is kan dit 'n bekostigbare opsie wees.
baie dankie
Frik

Karasberge Namibi
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4600
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote
Dit sal werk, maar bly maar net by die kop
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Witpietskiet
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm
Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote
Frik,
Ek skiet dieselfde punte op my 300WSM as ons n paar springbokke en gemsbokke moet gaan uitskiet. Hulle werk vir my, maar dit is baie BELANGRIK om dan net kop skote te skiet.
Mooi loop

Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
Groete uit Windhoek
-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote
witpiet
wat van n nek skoot?
Groete
wat van n nek skoot?
Groete
- Witpietskiet
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm
Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote
Alwyn,
Ek het al n springbok of twee op die nek geskiet met die 300WSM en die match punte, jy skiet sy nek amper mors af. Ek skiet die 155gr punte so net oor die 3200vps uit my short uit.
As jy die punte op n 308 gaan gebruik wat bietjie stadiger is sal dit seker nie sulke groot skade maak nie.
Ek skiet ook nie n gemsbok op sy nek nie oor die been so laag in die nek loop.
Mooi loop
Ek het al n springbok of twee op die nek geskiet met die 300WSM en die match punte, jy skiet sy nek amper mors af. Ek skiet die 155gr punte so net oor die 3200vps uit my short uit.
As jy die punte op n 308 gaan gebruik wat bietjie stadiger is sal dit seker nie sulke groot skade maak nie.
Ek skiet ook nie n gemsbok op sy nek nie oor die been so laag in die nek loop.
Mooi loop
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
Groete uit Windhoek
-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote
wipiet
ok ek sien, ek weet maar nie veel van match punte af nie. Ek dog dis 'n tipe solid wat net regdeur sal gaan met min skade.. duidlik nie!

- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote
Alwyn
Hulle is baie onvoorspelbaar,soms ontplof hulle soos 'n Vmax ander kere boor hulle mooi gaatjies .Ek gebruik hulle uitslytlik in my .308x65 vir Koedoe oes en hulle werk. Ek skiet hulle teen 3245vps.
Raynie

One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote
Raynie
dis blitsig daai! ek dink my ouma het nog 'n 7.62 wat hulle mee skuifskiet. kan dit wees? ek het hom al nooit eers gesien nie, sy praat net altyd oor hom..
Groete
dis blitsig daai! ek dink my ouma het nog 'n 7.62 wat hulle mee skuifskiet. kan dit wees? ek het hom al nooit eers gesien nie, sy praat net altyd oor hom..
Groete
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4600
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote
raychell wrote: Ek gebruik hulle uitslytlik in my .308x65
n W A T???? nou moet jy eers my help verstaan.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote
Dit is 'n wildcat wat Peter Mezarich in 2002 vir my van my ou Bisley loop gemaak het.
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4600
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote
met wat sal jy hom vergelyk? 30-06 300?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote
Dagse
Net n staaltjie. Ek beveel nie Match punte aan vir groot wild nie en neem kennis van hul onvoorspelbaarheid.
Ek het heelwat van PMP se 155gr punte gekoop en toe gelaai in my 308. Meestal om bobbejane te skiet en ander probleme.
Ek moes toe eendag n gekweste koedoe skiet en al wat ek by my het was die 308. Die punt is voor die boud in skuins na voor deur die longe en het amper perfek omgekling gesit net onder die vel.
Ek is jammer ek het hom nie gehou nie en ook nie geweeg nie.
EK het lank en ernstig oorweeg om die punte te gebruik..........
Ek stem egter saam dat dit nie aan te bevele is nie.
Frikkie

Cradock
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote
Ek het vreeslik baie Blesbokke ge oes met die 155gr PMP Palma Match punte, maar opgehou met hulle omdat hulle te hard is en nie genoeg omklink of fragmente maak as die kopskoot nie presies op die regte plek sit. Hulle fluit ook dwarsdeur n blesbok wat gekwes is se lyf. n Sagter punt is meer vergeeflik met n skoot wat nie so presies geplaas is nie.