7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote

Post Reply
Frikjordaan
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm

7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote

Post by Frikjordaan »

Goeie Naand die Forum.

Het iemand al die skyfskiet punte gebruik vir kopskoot skiet op kudu of gemsbok?

Het heelwat 155 grein punte en sou graag wou verneem of iemand ondervinding het met die punte.

Glo dat hulle nie geskik is vir lyfskote nie maar wonder al lank of dit nie kan werk vir kopskote nie.
Het 'n lekker dik 26 duim 7.62 skyfskiet loop op 'n Musgrave 80 aksie en as dit aanbeveelbaar is kan dit 'n bekostigbare opsie wees.

baie dankie
Frik
Karasberge Namibi
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote

Post by James Wilson »

Dit sal werk, maar bly maar net by die kop
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote

Post by Witpietskiet »

Frik,

Ek skiet dieselfde punte op my 300WSM as ons n paar springbokke en gemsbokke moet gaan uitskiet. Hulle werk vir my, maar dit is baie BELANGRIK om dan net kop skote te skiet.

Mooi loop
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote

Post by .::Alwyn-U::. »

witpiet

wat van n nek skoot?

Groete
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote

Post by Witpietskiet »

Alwyn,

Ek het al n springbok of twee op die nek geskiet met die 300WSM en die match punte, jy skiet sy nek amper mors af. Ek skiet die 155gr punte so net oor die 3200vps uit my short uit.
As jy die punte op n 308 gaan gebruik wat bietjie stadiger is sal dit seker nie sulke groot skade maak nie.
Ek skiet ook nie n gemsbok op sy nek nie oor die been so laag in die nek loop.

Mooi loop
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote

Post by .::Alwyn-U::. »

wipiet

ok ek sien, ek weet maar nie veel van match punte af nie. Ek dog dis 'n tipe solid wat net regdeur sal gaan met min skade..  duidlik nie! ;D

Groete
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote

Post by raychell »

Alwyn
Hulle is baie onvoorspelbaar,soms ontplof hulle soos 'n Vmax ander kere boor hulle mooi gaatjies .Ek gebruik hulle uitslytlik in my .308x65 vir Koedoe oes en hulle werk. Ek skiet hulle teen 3245vps.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote

Post by .::Alwyn-U::. »

Raynie

dis blitsig daai!  ek dink my ouma het nog 'n 7.62 wat hulle mee skuifskiet. kan dit wees? ek het hom al nooit eers gesien nie, sy praat net altyd oor hom..

Groete
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote

Post by James Wilson »

raychell wrote: Ek gebruik hulle uitslytlik in my .308x65

n  W A T????    nou moet jy eers my help verstaan.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote

Post by raychell »

Dit is 'n wildcat wat Peter Mezarich in 2002 vir my van my ou Bisley loop gemaak het.
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote

Post by James Wilson »

met wat sal jy hom vergelyk?  30-06  300?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote

Post by Frikkie Coetzee »

Dagse

Net n staaltjie. Ek beveel nie Match punte aan vir groot wild nie en neem kennis van hul onvoorspelbaarheid.
Ek het heelwat van PMP se 155gr punte gekoop en toe gelaai in my 308. Meestal om bobbejane te skiet en ander probleme.

Ek moes toe eendag n gekweste koedoe skiet en al wat ek by my het was die 308. Die punt is voor die boud in skuins na voor deur die longe en het amper perfek omgekling gesit net onder die vel.
Ek is jammer ek het hom nie gehou nie en ook nie geweeg nie. :-\

EK het lank en ernstig oorweeg om die punte te gebruik..........

Ek stem egter saam dat dit nie aan te bevele is nie.

Frikkie
Cradock
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: 7.62 155 grein PMP Palma Match punte vir kopskote

Post by Piet Breedt »

Ek het vreeslik baie Blesbokke ge oes met die 155gr PMP Palma Match punte, maar opgehou met hulle omdat hulle te hard is en nie genoeg omklink of fragmente maak as die kopskoot nie presies op die regte plek sit. Hulle fluit ook dwarsdeur n blesbok wat gekwes is  se lyf. n Sagter punt is meer vergeeflik met n skoot wat nie so presies geplaas is nie.
Post Reply