Lisensie aansoeke wagtydperk

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Carlc »

Goeie genade, 167 en 229 werksdae. Ek het dan nog lank om te wag. Eks nou eers op 109 en 72 werksdae.
User avatar
Killzone
Hero Member
Hero Member
Posts: 647
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Killzone »

Ironies genoeg het ons hierdie tyd laas jaar baie lank gewag vir die druk van kaartjies. Nou is dit amper anderste om. 'n Vriend van my het twee goedkeurings gehad die 13de Oktober. Hy het voor lockdown ingehandig. Hy kon gister sy kaartjies op tel by DFO....
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Mellies »

106 wersdae by CFR...wag steeds vir goedkeuring.

Ek het solank aansoek gedoen vir hernuwing ook vir dieselfde wapen aangesien dit so tydjie neem.

Met `n vleisie...
User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by heywillie »

30-06 se aansoek vir hernuwing ingehandig 6 Augustus 2020.
SAPS website wys dat dit "complete" is op 6 Oktober.
Kaartjie is blykbaar 27 Oktober gedruk, wag nou net dat DFO my laat weet hys daar.
65 werksdae tot op hede
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Armand Steenkamp »

Nee watek wag nogsteeds vir net my kaartjie van julie maand af....
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2156
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Ds J »

S.13 hernuwing: ongeveer ses weke vanaf inhandiging tot ek die kaart in die hand gehad het.
S.16 nuwe aansoek vir Ruger Mini 14: 226 dae / 163 werksdae en gaan nou vir oorweging.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by PWV »

Geduld, O, geduld, wat so baie kan dra!!!! Ek het vanoggend my aansoek vir 'n .308 ingedien. Ds J, met alle respek, skat ek dit sal 'n gebedsaak wees.
Otto
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 93
Joined: Tue Nov 30, 2010 10:29 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Otto »

Die probleem met die kaartjies lê nie by die staatsdrukkery nie. Hulle druk 40000 kaartjies binne 2 weke klaar. Die probleem is die polisie(CFR) kom haal dit nie en as hulle wel dit kom haal is dit 'n magdom.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Toxxyc »

PWV wrote: Fri Nov 06, 2020 11:38 am Geduld, O, geduld, wat so baie kan dra!!!! Ek het vanoggend my aansoek vir 'n .308 ingedien. Ds J, met alle respek, skat ek dit sal 'n gebedsaak wees.
Ds Steenkamp bied berading ook aan. Ek kontak hom gereeld dan praat hy my bietjie moed in.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Mellies »

APPROVED!!!!

Met n vleisie...
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Arnold »

Daai was lekker vinnig (in vergelyking met die res van ons).

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Mellies »

Nooit!!

Eerste week in Maart ingegee. 10 Junie by CFR.

6 Nov approved.

Liksens sal seker ook nog 100 werksdae vat om te print.

Met n vleisie...
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Arnold »

Mellies wrote:106 wersdae by CFR...wag steeds vir goedkeuring.

Ek het solank aansoek gedoen vir hernuwing ook vir dieselfde wapen aangesien dit so tydjie neem.

Met `n vleisie...
Ek het hierna gekyk. Jou werksdae berekening is dan vêr af en dit is dan verby 170 werksdae?

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Mellies »

Arnold wrote: Sat Nov 07, 2020 6:38 pm
Mellies wrote:106 wersdae by CFR...wag steeds vir goedkeuring.

Ek het solank aansoek gedoen vir hernuwing ook vir dieselfde wapen aangesien dit so tydjie neem.

Met `n vleisie...
Ek het hierna gekyk. Jou werksdae berekening is dan vêr af en dit is dan verby 170 werksdae?

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Amper 200 werksdae in totaal ja.

Nietemin, hopelik kry ek ook iets van myself net voor Xmas.

Met n vleisie...
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 829
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Eight »

My aansoek ingegee en 3 weke later op 5 Oktober sms omtvang wat se receiving attention As ek hom track op stelsel se dit steeds net payment received. Beteken dit hy le nog by my polisie stasie?
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by jdpretorius »

Eight wrote:My aansoek ingegee en 3 weke later op 5 Oktober sms omtvang wat se receiving attention As ek hom track op stelsel se dit steeds net payment received. Beteken dit hy le nog by my polisie stasie?
Jip, en/of jou DFO het nog nie eers gerigestreer op hulle stelsels nie.

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 829
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Eight »

Ek was vanoggend by Garsfontein SAPS waar ek ingehandig het en hul se ja die lisensie le nog daar. Hulle het glo n backlog. N vriend van my wat ingegee het 2 weke na m by Brooklyn se lisensie het al 3 stappe gevorder?
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by PWV »

Eight wrote: Mon Nov 09, 2020 11:28 am Ek was vanoggend by Garsfontein SAPS waar ek ingehandig het en hul se ja die lisensie le nog daar. Hulle het glo n backlog. N vriend van my wat ingegee het 2 weke na m by Brooklyn se lisensie het al 3 stappe gevorder?
Daai ou soek 'n pakkie biltong, dan gaan hy jou aansoek laat loop. ++>: ++>:
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by PWV »

PWV wrote: Fri Nov 06, 2020 11:38 am Geduld, O, geduld, wat so baie kan dra!!!! Ek het vanoggend my aansoek vir 'n .308 ingedien. Ds J, met alle respek, skat ek dit sal 'n gebedsaak wees.
Nou eers kluisinspeksie vandag, al het ek foto's van die kluis ingesluit en al het hulle 3 jaar gelede 'n kluisinspeksie gedoen.
(Wonder of gangsters ook kluise het) ::)
Bennie Bester
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Thu Dec 31, 2015 11:36 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Bennie Bester »

My lisensie vir 9.3x62 is goedgekeur. Ingehandig 24 Maart 2020. Goedgekeur 9 November 2020. Nou net wag vir die kaartjie.
Groetnis
Bennie Bester
9mmP , 12Br , 22LR, 22-250, 6mmPPC , 243W , 257 Rob, 270W, 7x64 , 308W, 3006 , 8x68S, 6.5/284, 300 WSM, 375 H&H Mag, 223Rem, 6.5X57, 338 WM, 204Ruger, 6.5Creedmoor, 9.3x62, 7mm RM, 25-06, 6XC

In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by jdpretorius »

PWV wrote: Tue Nov 10, 2020 8:24 am
Nou eers kluisinspeksie vandag, al het ek foto's van die kluis ingesluit en al het hulle 3 jaar gelede 'n kluisinspeksie gedoen.
(Wonder of gangsters ook kluise het) ::)
Oom Pieter dit klink of hulle net gou wil kom kyk wat om more aand te kom steel >:D
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Killzone
Hero Member
Hero Member
Posts: 647
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Killzone »

Nog iemand wat ek ken se twee aansoeke is vandag goedgekeur. Hy het voir lockdown ingehandig. 206 werksdae....
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by airhunter »

Ek het n 9mm aansoek ingedien 3 Junie 2020.
As ek nou sê ek baklei elkedag dan oordryf ek nie.
Ek kon hom baklei tot by oorweging in 112 werksdae.
Eks moeg. Ek voel ek gaan nooitweer n nuwe vuurwapen koop nie.
Maar, dit blyk soos kraam te wees. Die pyn is gou vergete as die nuweling huistoe kom en as jy oë uitvee is nog een oppad. ++>:

My groot pyn is dat ek verhuis so effe meer as n 1000km van waar ek nou is. As ek nie daai ticket kry nie is dit terug ry of Ram. Nie lus vir een van die twee nie.

Flippen :police: ++>:
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Toxxyc »

My vrou het aansoek gedoen vir hernuwing op die 24ste Oktober 2019. Dis vandag 10 November 2020. Sy het hom nogsteeds nie. Dis 263 werksdae.
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by airhunter »

Toxxyc wrote: Tue Nov 10, 2020 3:09 pm My vrou het aansoek gedoen vir hernuwing op die 24ste Oktober 2019. Dis vandag 10 November 2020. Sy het hom nogsteeds nie. Dis 263 werksdae.
Ek voel n veer vir hernuwings. As my aansoek betyds in is is dit hulle probleem.
Nietemin sterkte en hou maar moed.
Soms wonder ek of hulle nie ons probeer ontmoedig deur hulle slapgat streke nie?
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Post Reply