Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Nella »

Huidiglik is dit nog net die manne daar in die kaap wat mag terug voer eskom toe.
Hierdie kant will hulle hê jy moet betaal vir wat jy terug voer!
Just smile and wave boys >:D
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Apie »

Nella wrote:Huidiglik is dit nog net die manne daar in die kaap wat mag terug voer eskom toe.
Hierdie kant will hulle hê jy moet betaal vir wat jy terug voer!
Die klomp het nie eers ‘n graaf om gate in die pad toe te gooi nie, wat nog van sonpolisie speel hier.

Ek praat van ons plaaslike mislikepaliteit.

Ek is besig om my somme te maak en goed reg te trek, maar ek gaan vir my ‘n nuwe meter koop water agteruit kan loop, my prepaid meter met my bakkie trap en genoeg panele opsit.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Basjan123 »

Basjan123 wrote: Mon Sep 07, 2020 1:32 pm Na hoeveel jaar moet jy die batterye upgrade/vervang die goed het ook mos net 'n sekere leeftyd.......is dit ook in berekening gebring met die ROI ?
Niemand wat kan antwooord op my vraag nie? :-[
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Apie »

Basjan123 wrote:

Ek dink die meeste stelsels is nog redelik jonk...

Sent from my iPhone using Tapatalk
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Nella »

Basjan meeste van jou li-ion batterye kom met n 10jaar /x hoeveelheid siklusse.
Maar hoe minder jy hulle ontlaai daagliks hoe langer gaan hulle jou hou.
Dis hoekom n groter bank battery as wat jy nodig het altyd n goeie plan is.
Hoe meer battery hoe minder wek jou bank hoe langer hou hulle.
Loodsuur vandag is net pleinweg nie meer hulle geld werd in n sonkrag stelsel vandag nie.
Baie korter leeftyd en waarborg...goedkoper per battery ja maar as jy vat hoeveel mens van hulle moet koop om by li-ion se vlak te kom is hulle nie hulle geld werd nie.
Just smile and wave boys >:D
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

Basjan123 wrote: Sun Sep 13, 2020 8:44 pm
Basjan123 wrote: Mon Sep 07, 2020 1:32 pm Na hoeveel jaar moet jy die batterye upgrade/vervang die goed het ook mos net 'n sekere leeftyd.......is dit ook in berekening gebring met die ROI ?
Niemand wat kan antwooord op my vraag nie? :-[
More Basjan. Jammer ek was bietjie in die jagveld.

Kom ons gebruik my battery bank as n voorbeeld:

4x Pylontech US3000 = 14kW
As ek hom elke dag drein tot 20% gebruik ek 11.2kW per dag
11.2kW x R2.30 = R25.76 per dag

Teen 20% sal die baterye 6000 cycles doen.
6000 x R25.76 = R154 000

Die bank is basies R100 000. Sonder enige eskom prys vehogings sal die bank homself betaal en my minimum R54000 spaar. Selfs al was dit minder sou ek nog baie tevrede wees. Inteendeel sal ek graag nog 2 batterye wil by sit want ek het nog ekstra krag in die dag wat sal kan bank.

Natuurlik is dan nog die gemak van geen krag onderbrekings nie.

Is dit baie geld, ja. Maak dit sin om dit te doen, verseker.

Jy is welkom om my te skakel as jy nog vrae het.
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Basjan123 »

Baie dankie vir almal se terug voering , Plaashaas dankie ek sal so maak. Jou som wat jy maak , maak nou sin vir my..........Hoop jou jag was darem suksesvol!!!
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Apie »

Ek sit sommer en wonder, as solar langtermyn goedkoper uitwerk as Eskom, hoe lank gaan konvensionele elektrisiteit verskaffers soos Eskom etc regoor die wêreld nog bestaan

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

Apie wrote: Tue Sep 15, 2020 8:17 am Ek sit sommer en wonder, as solar langtermyn goedkoper uitwerk as Eskom, hoe lank gaan konvensionele elektrisiteit verskaffers soos Eskom etc regoor die wêreld nog bestaan

Sent from my iPhone using Tapatalk
Meeste ander lande sit nie met die Eskom probleme nie. Duitsland byvoorbeeld het gereeld surplus krag wat hul dan verniet weg gee vir verbruikers in Duitsland en as dit dan nog teveel is gee hul dit vir Oostenryk wat groot pompe start en water in die berg meer in pomp en dit dan as n "battery" gebruik. Die meer drein dan later deur hydro-krag turbines as hul dit benodig.

Waar is die dae wat SA kragstasies "ge-mothball" het omdat die aandbod die vraag oorskry het.

Nou het mens amper nie meer n keuse nie en gelukkig maak dit finansieel sin om Solar roete te gaan. Ek is rustig want ek is nie meer afhanklik van die staat vir water of krag nie.
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Basjan123 »

Wat wel 'n probleem kan word is indien al hoe meer besighede/wonings nie meer van Eskom gebruik gaan maak nie daar defnitief 'n soort van belasting heffing gaan kom om die Eskoms ens in stand te hou. Dit is alegemene praktyk oorsee wel..........so ek weet nie vir hoe lank mens gaan wen nie?
User avatar
DriesdlR
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Thu Sep 25, 2014 10:05 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by DriesdlR »

4x Pylontech US3000 = 14kW
As ek hom elke dag drein tot 20% gebruik ek 11.2kW per dag
11.2kW x R2.30 = R25.76 per dag

Teen 20% sal die baterye 6000 cycles doen.
6000 x R25.76 = R154 000

Die bank is basies R100 000. Sonder enige eskom prys vehogings sal die bank homself betaal en my minimum R54000 spaar. Selfs al was dit minder sou ek nog baie tevrede wees. Inteendeel sal ek graag nog 2 batterye wil by sit want ek het nog ekstra krag in die dag wat sal kan bank.

Dagse Plaashaas
Ek neem aan dat
1. slegs die koste van die batterye in ag neem word en nie die res van die installasie nie.
2. dat jou sonpanele dan 100% van alle son kan benut(Yield %) - dak grade, Noordelike rigting en ander skadu in ag geneem
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

DriesdlR wrote: Wed Sep 16, 2020 1:39 pm 4x Pylontech US3000 = 14kW

Dries

Ek het huidiglik 7320W in panels. Hulle gee my op goeie dag 40kWh maar meeste van die tyd is dit so in die omgewing van 32kWh. In ons area was daar gister middag n storm en klomp bome het om gewaai. Gevolglik is die krag al van gister af maar ek weet dit basies nie.

Hier is die opsomming van hele stelsel.....
Plaashaas wrote: Mon Sep 07, 2020 8:05 am Manne solar is bekostigbaar.

Hier is my 10kW stelsel soos hy huidiglik lyk.
Solar ROI 10kW.JPG
Hy sal homself klaar betaal he in 5 jaar en in die volgende 5 jaar nog R190000 besparings gee. En natuurlik weet ek nie wat loadshedding is nie.
In die ROI en besparings somme het ek die jaarlikse Eskom verhogings buite berekening gehou. Oor die laaste 10 jaar was dit 11%.

As ek hom egter uitbrei na 15kW lyk die prentjie selfs nog beter. Dit juis die lekker van my stelsel, jy bou hom soos Lego soos jou behoeftes is.
Solar ROI 15kW.JPG
Die ROI is dan selfs nog n korter periode van 4.7 jaar met n baie lekker besparing van R265000 tot en met jaar 10.

Dus maak dit net sin om Solar te doen omrede Eskom probleme nie, maar ook finansieel.
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

Solar ROI 10kW.JPG
Hier is die image.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 1000
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Toyrsi »

More manne.
EK het al n hele ruk terug vir my n Hybrid inverter gekoop maar nog nooit batterye of panele nie.
My inverter is n 5kw met Mppt met bridge funksie.
Ek wil graag n Pylontech battery koop om darem ligte en dalk n 1 of 2 plug krag te gee vir die tyd wat ons loadshedding het.
My vraag is nou koop ek n US2000 of spandeer ek n bietjie meer en vat die US3000.
Ek sal graag later soos fondse beskikbaar raak panele en nog batterye wil by koop.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 1000
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Toyrsi »

Lyk almal is op verlof.
Enige installasies of veranderings wat julle gedoen het.
Groete
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 1000
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Toyrsi »

Ek wil net graag vir Nella baie dankie se vir al die hulp met my Solar sisteem.
Manne julle kan hom rerig kontak vir pryse.
Altyd vriendelik en gewillig om te help.
Dankie Nella(Hennie)
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 1000
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Toyrsi »

So begin my stelsel ook. Hy is nog klein maar kan darem lekker bylas soos daar geld is. Volgende gaan nog panele wees. ImageImage

Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk

YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Pvdw »

En so verloor Eskom en die stadsraad nog 'n getroue betaler se ondersteunig.

Toyrsi om net te begin is die belangrikste deel van die oefening. Jy gaan nog lekker speel met daai sisteem.
User avatar
henk.spioenkop
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 298
Joined: Thu Jul 30, 2015 12:45 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by henk.spioenkop »

Pvdw wrote:En so verloor Eskom en die stadsraad nog 'n getroue betaler se ondersteunig.

Toyrsi om net te begin is die belangrikste deel van die oefening. Jy gaan nog lekker speel met daai sisteem.
Goeiemore, Henk van Zyl hier. Hoeveel van julle loop lugreëlaars van julle solar af? Ek het n 5kW sisteem op my die huis, maar gebruik dit net as UPS gedurende loadshedding. Battery word deur sonpanele of Eskom gelaai.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 1000
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Toyrsi »

YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
figjam
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by figjam »

henk.spioenkop wrote: Tue Feb 16, 2021 5:44 am
Pvdw wrote:En so verloor Eskom en die stadsraad nog 'n getroue betaler se ondersteunig.

Toyrsi om net te begin is die belangrikste deel van die oefening. Jy gaan nog lekker speel met daai sisteem.
Goeiemore, Henk van Zyl hier. Hoeveel van julle loop lugreëlaars van julle solar af? Ek het n 5kW sisteem op my die huis, maar gebruik dit net as UPS gedurende loadshedding. Battery word deur sonpanele of Eskom gelaai.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Henk hoor bietjie by Braham. Sover ek weet hardloop hy n aircon of 2 op sy sisteem
B Five
Full Member
Full Member
Posts: 211
Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by B Five »

Gister toe praat daar n ou op radio. Sy mening is dat Eskom nie anders sal kan as om krag vanaf privaat gebruikers te koop nie. Dit sal loadshedding vinnig oplos as huise in SA die grid deur die dag kan voer. Groot industrie loop deur die dag as die son skyn en in die nag trek ons vanaf die groot kragsentrales....???
Dit sal beteken dat ons nie die groot battery banke nodig het nie en slegs n klein UPS as dit rerig af is...?.

Stem julle manne saam?
Dit sal n groot verskil he op watse omsetter gekoop moet word en batterye?
B Five
Full Member
Full Member
Posts: 211
Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by B Five »

Cyril het daarvan gepraat in sy toespraak ook die ander aand.
Private kragvoorsieners?
Sluit dit huishoudings in of net wind en sonplase?
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Joe13 »

Weet julle manne of die RCT/Mecer/Kodak van dieselfde verskaffer af kom met n ander plakker op?

Ek begin kyk na so stelsel maar soek daai funksie van die Kodak wat saam die Poly batterye werk.
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Pvdw »

Joe13 wrote: Wed Mar 17, 2021 11:23 am Weet julle manne of die RCT/Mecer/Kodak van dieselfde verskaffer af kom met n ander plakker op?

Ek begin kyk na so stelsel maar soek daai funksie van die Kodak wat saam die Poly batterye werk.
Kort antwoord is nee, verskillende fabrieke. Mecer is die oorspronklikke eenheid en die res is copy's

Gee my 'n lui dan help ek jou met iets beters vir nie veel R meer nie.

Peet

082920397agt
Post Reply