100y load development for longrange

Post Reply
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

100y load development for longrange

Post by Capt. Yoda »

Erik Cortina het so ruk terug op n ander forum verduidelik hoe hy sy lading ontwikkeling vir sy F-Ope gewere doen, ek het nou al so paar keer met dit gespeel en 1 of 2 ouens met hul gewere gehelp met die metode so ek het gedink om dit hier te verduidelik soos ek dit doen sou iemand dit wou probeer.

Dit is seker amper maar n "play" op OCW maar die is vir my makliker.

Basies wat ek sal doen is om natuurlik my koel en kruit te kies, deur bq navorsing op die web te doen kan ek min of meer vas stel hoe ver van die lands af ek wil begin, as n magasyn jou TPL beperk sal jy natuurlik daar moet begin.
In die geval het ek besluit op hornady se 108gr ELD-M aan gestoot met VV se N160 met n jump van 20thou na die lands as n begin.
Nou sal ek QL of GRT gou raadpleeg om my n idee te gee van waar my max spoed is, ons het nou n max spoed van se 3150fps en Ql se dit sal min of meer 42.4gr VV N160 vat om my daar te kry, in my geval met die geweer weet ek ook dat as ons hier by 3170fps met n 105gr koel kom ek nie die patrone in die son moet los nie so ek wil verkieslik eder nader aan 3150fps eindig.

Ek laai nou 3 patrone vir elke lading wat ek wil skiet van 41gr, 41.3gr, 41.6gr, 41.9gr, 42.2gr, 42.5gr om te begin, noem die nou my growwe lading ontwikkeling want ons laai in 0.3gr spronge om te kyk waar ons wil werk.
Die tyken wat ek gebruik vir dit is soos die een hier onder maar dit sal nog beter werk as jy n groot A3 tyken het met klomp mikpunte langs mekaar.

Image

Wat belangrik hier is is die horisontale lyne op die tyken, ons gaan op elke tyken n 3 skoot groep op 100m skiet en ons gaan natuurlik na elke tyken se "bull" mik as ons skiet. Die horisontale lyne gaan later vir ons wys wat aan gaan met die ladings

n Crony is belangrik hier want ons wil die spoed/max spoed dop hou veral as dit n nuwe lading is en ons wil ook kyk na ons spoed met ons ladings, as jou magneto n impak op jou groepe het sal jy dalk eers moet kyk watse lading jou max spoed gee voor jy verder aan gaan met die toets. Vir nou se ons ons gebruik n Labradar so ons doen somer alles in een go op die baan.

By die baan skiet ons nou ons groepe na die verskillinde tykens van laagste lading na hoogste van links op die tyken na regs en maak n nota van ons spoed soos ons skiet.

Hier is die eerste tyken wat ek geskiet het op 100m.

Image
Jammer die ding wil nie reg draai nie.

Basies waar na ons nou kyk is vir die verskillinde ladings se POI wat op dieselfde plek land en nie noodwendig na enige groepe nie, as mens na die lyne kyk kan mens sien 41.3gr tot 41.9gr land baie naby aan dieslefde plek met 42.2gr waar die POI heel weg skuif, 41.9gr kan mens klaar sien die POI skuif al is die groep nog aanvaarbaar. In so geval kan n groep wat netjies lyk jou knyp as jy net daar besluit die is die lading en as ek dalk minder gebewe het kom die groep baie mooi vir my lyk. 41gr was uit n skoon loop so hy is heel moontlik ook nog deel van die node wat dan lyk na 41gr tot 41.6gr,. Mens kan die natuurlik op verder afstand ook doen om dit makliker te laat "lees" maar dan bring jy weer klomp ander variables in

Die spoed as ek nou reg onthou vir lading 41.3gr se 3 skote was avg 3130fps, 41.6gr was so 4145fps avg en 41.9gr was hier by 4159fps rond met 41.3gr en 41.6gr wat se ES hier by 8fps vir die 3 skote elk was.
Na die het ek besluit om met 41.3gr tot 41.6gr te werk, die rede daar voor was dat die spoed uit die klein toets mooi konstant was vir die 2 ladings en omdat dit vir my lyk of die node rofweg van 41gr tot 41.6gr breed is as ek na die tyken kyk en waar die skote vir daai 3 lading op die tyken land. Behalwe vir die eerste cold barrel skoot uit 41gr en self met die laaste skoot van 41.6 wat ek dadelik geweet het ek n bq getrek het sal daai 3 ladings baie mooi oor mekaar opline a mens die 3 tykens oor mekaar sit en basies n groot clover maak. Na die eerste tyken wat ek geskiet het laai ek nou altyd 4 van elke lading net vir so geval waar mens dalk voel 1 van die skote was jy of iets anders en mens dan nog n patroon het om seker te maak, ek het eintlik hier al gedink 41.5gr sal op die nommer wees met n bq speling aan elke kant en hy is heelmoomtlik nog maar sal weer bq aan dit werk as ons eendag mag uit gaan. 41.3gr land wel n klein bq hoer op die tyken as 41.6gr en om seker te maak het ek toe weer die volgende dag 5 patrone gelaai met 41.6gr en 41.3gr en op vars tyken geskiet, 41.3gr en 41.6gr het baises een groot clover gemaak met n totale ES van 17fps oor 0.6gr kruit en 10skote so ek was oortuig ek is op die regte pad.

Ek het nou half vas gestel ek wil erens by 41.3 tot 41.6gr laai en verkieslik self tussen daai 2 om presies in die middel van die node te wees maar ek wou ook nog hier by 41.7gr en 41.8gr krap net om te sien wat sou gebeur en hoe ver ek dalk my node band kan druk.

Volgende wou ek na my TPL kyk so ek 3 x 3 patrone gelaai met n lading 41.3gr en TPLe van 2.830", 2835" en 2.840" en dan ook 41.6gr met TPLe van 2.830", 2835" en 2.840". Die reeks wou ek op 300m skiet om bq beter te kan sien wat aan gaan

Image

41.3gr en sy TPLe is n taamlike deurmekaar spul maar 41.6gr se 2835" en 2.840" kan n mens duidelik sien land op dieselfde plek op die 2 tykens so ek weet my lading gaan hier om 41.6gr en 2835" en 2.840" wees.
Ek het toe besluit op n TPL van 2840" sodat ek weet al brand die lands n bq weg ek nog n "buffer" het en die koel mooi sal skiet as hy bq meer jump.

Al wat ek nog wou doen is om te sien hoe 41.5gr, 41.6gr en 41.7gr met daai TPL sou skiet om seker te maak ek is nie op die edge van node nie, as ek met n spread van 0.3gr akuraat kon wees en net n 1moa plaat op 1000m konstant kan raak skiet was ek gelukkig. Ek wou net kyk vir n mooi waterlyn, ek het klaar geweet wat die spoed is vir my App en ek het ok geweet my ES is aanvaarbaar vir my aplikasie self verby n 1000m.

Ek het n groot gong op 800 of so meter gehang en die 3 ladings na hom toe geskiet, die 41.5gr het bq hoer geland met 41.6gr en 41.7gr wat basies n mooi tennis bal grote groep in die middel van die gong geskiet het, nou het ek geweet met 41.5gr to 41.7gr sou ek kon doen wat ek wou en my lding is dan 41.6gr VV N160 met n TPL van 2840" met n 108gr ELD-M.

Mens kan die 100m lading ontwikkeling nou weer oor doen met verskillinde primers en verskillinde neck tesion natuurlik maar die Chinese vlermuis vreters het my gebriek voor ek daar kon uit kom. Ek het wel vir interesanthied n ladder geskiet met 41gr tot 42gr en die cluster op 500m was ook duidelik hier by 41.4-41.6gr. Volgens QL is my node op 41.7gr en volgens GRT is my node op 41.5gr basies wat ons nou hier bo gesien het.

As iets nie duidelik is nie vra maar ek verduidelik dalk bq anders as wat almal verstaan
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 100y load development for longrange

Post by Wouter Roets »

Cappie

Dankie vir die deel. Hierdie is presies wat ek deesdae ook doen as ek ladings om my voorgestelde nodespoed toets. Ek kyk ook waar my senterpunt van die groep le in vergelyking met die daaropvolgende ladings. Sodra twee of drie s'n dieselfde is, vat ek die middel van daai ladings en speel met my TPL. Ek steur my nie veel aan die groepering nie, maar konsentreer net soos jy meer oor my POI asook ES. Die TPL verstelling sort gewoonlik vinnig die groepering uit.

Ek het nou al lekker kop gekrap om te kyk of ek nie hierdie metode op n manier kan tweak om op 30m te werk nie. Sal my n klomp trips skietbaan toe spaar.

Groetnis
Wouter
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 100y load development for longrange

Post by Capt. Yoda »

Wout, laat kom daar n span Mexicans laat hulle daai baan van jou onder 2 buurmanne se huis in grawe
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 100y load development for longrange

Post by Wouter Roets »

Cappie

Ek is baie lus om sommer n span hier van die werk te vat. Met die maskers lyk hulle in elk geval almal vir my dieselfde en met twee proppies tequila elk is ek seker hulle gaan dieselfde ruik.

Ek wonder of n mens POI punte sal kan agter kom op 30m? As n mens kan dan kan jy net jou TPL verstellings gaan toets op die baan. Op n ander noot is ek al n rukkie van mening dat as n mens n paar van die metodes saam gebruik n mens baie vinniger op jou lading kan uitkom. Deur jou node vooraf te bepaal met QL of GRT en dan om hom te werk met OCW, POI en ES is die stryd klaar halfpad gewonne.

Groetnis
Wout
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: 100y load development for longrange

Post by jdpretorius »

Dankie Cappie, die kan lekker werk

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Willeboer
Full Member
Full Member
Posts: 204
Joined: Sat May 16, 2015 10:11 am

Re: 100y load development for longrange

Post by Willeboer »

Baie dankie, gaan die metode beslis probeer.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Sako 300H&H
Howa Varmint 6XC
Remington Target Master .22
Smith Wesson M&P 9
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 100y load development for longrange

Post by tripodmvr »

Kappetijn, netjiese metode wat baie prakties is en jou tyd op die langer afstande baie verkort. Dit beperk ook die wind se invloed. Sal baie handig wees vir die langafstand skieters en iemand wat die maksimum uit sy geweer wil verkry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: 100y load development for longrange

Post by Hein (Haan) »

Cappie die metode werk baie goed.
Ek het n paar jaar terug die selfde draad gelees op daai forum en dit probeer met my 6.5x47L.
Die lading was uiters konstand en die geweer het n bars hou geskiet.
Ek het onlangs weer die metode gebruik om my 7mm-08AI ook aan die skiet te kry.



Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 716
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm

Re: 100y load development for longrange

Post by SakoTrippel2 »

Ek het hierdie ook 'n probeerslag gegee...oftewel 'n variant daarvan. Ekt probeer stap vir stap by hou maar hier en daar afgewyk, maar niks ernstig nie.... Raait hier gaan hy.

Ek het 'n redelike lading gehad wat mooi geskiet het met my ou Kruit. Maar in Lockdown was 'n man bietjie verveeld en ek was gelukkig om op die plaas te kon wees so ek kan skiet. Ek moes ongelukkig eers bietjie aanhang na die 1ste fase want ek moes eksamens skryf.

Ek het begin deur 'n paar doppe ernstig noukeurig te klas en te prep (ons het mos tyd gehad). 50 van die oukies is gereed gemaak, mens begin met 'n ladder en vir dit om akkurate resultate te gee moet 'n man sê doppe so na as moontlik aan perfek wees.

Ekt 'n 7skoot ladder geskiet wat se spoed te laag was maar hulle het teen mekaar gesit op 100m
mooi horisontaal.

Image

Image

Hierna is ek GRT toe om te kyk wat aangaan en bietjie data in te voer. Node is toe voorspel in die omgewing van 3050fps.

Ek bou toe nog 10 koele vir 'n "upper" ladder waar ek die voorspelde spoed probeer haal.

Image

Die "flatspot" is hier by die laatste paar skote in rooi getik, Ekt nie 'n foto geneem nie aangesien dit begin reën het, maar die data is op die Crony en GUNR en die skote het ook styf by mekaar gesit, weereens baie mooi horisontaal met min hoogte variasie.

Weer by GRT gaan draai en hy sê toe 43.7gr van my Mixed Batches 365 Waarmee ek ook alles gekalibreer het vir 'n spoed van 3076fps. Ek laai toe 0.1 laer en 0.1 hoër
Dws 43.6 en 43.8 met 4 TPLe wat ek soos Sieb ook op 300M geskiet het. 100M is net te naby om die "verskille" goed genoeg op papier te sien.
Ek moet ook byse ekt baie grof verstel aan my TPL want uit ondervinding met die 105NCCs in my geweer was hulle nie so sensetfief vir te fyn veranderings nie.


Toe ek by my skietbaan kom het die wind liggies begin waai en in effense ongunstige (Mirage) en warm toestande met 'n ligte wind het ek besluit om maar in elk geval die papier op 300M aan te vat...hier het ek maar bietjie verkeerd gemaak en vinnig na mekaar geskiet omdat ek die wind en kondisie konstant wou hou.


43.6gr met sy TPLe
Image

43.8gr met sy TPLe
Image

Ekt die klein groepie klaar geplak in my laai boekie toe ek besluit om bietjie te kom deel.
(Die groep by die boonste teikens met nommer 2 langs hom is ook dieselfde lengte gelaai as die een wat onder so klien geskiet het, en hy het 1.1" gemeet)

Al het ek vinnig geskiet en kort op mekaar het ek my bes probeer om mooi fyn te skiet en die Mirage het dinge ook moeilik gemaak om daai 10mm plakker te sien.

Die spoed is effe hoër as verwag maar ek was baie tevrede met die resultate oor die algemeen, in ag genome die Mirage, wind ens..

GRT was just about presies reg met die voorspelling van 43.7gr vir daai 3070fps.

Ek het dus besluit op 43.7gr van my Mix Batch 365 agter 'n 105gr NCC gelaai tot 'n lengte van 2.355" op die ogief.

!!!NB!!! Wees versigtig en werk altyd op in klein inkremente....my vorige batch Kruit het die spoed van 3050fps gegee met 41.6gr!

Wou maar net my ervaring kom deel en kom wys met die regte data en voorbereiding asook bietjie tegnologie kan mens onder 50 skote 'n kwart MOA lading aanmekaar slaan.
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: 100y load development for longrange

Post by PWV »

Ek het hierdie atikels ook raakgeloop wat mooi aansluit by CO se verduideliking.

Kyk: F-Class Long Range Load Development Methodology

http://bulletin.accurateshooter.com/tag/seating-depth/
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: 100y load development for longrange

Post by Riaan Kriel »

Heel interessant, jare gelede het 'n vriend my gehelp om vir van my gewere 'n "konstante" lading te kry. Die beginsel was baie dieselfde as wat die Captain hier bo in die eerste post dit verduidelik het. Die verskil was dat die verskillende ladings op 'n "round robin" metode geskiet word...met ander woorde as volg: skoot 1 van lading 1 op teiken 1, skoot 1 van lading 2 op teiken 2; skoot 1 van lading 3 op teiken 3.... wanneer al die ladings se 1ste skoot klaar geskiet is begin jy met skoot 2 op elke lading op daardie lading se teiken en dan skoot 3 van elke lading en op die lading se teiken. (Tussen elke skoot word 2-3 minute gewag vir die loop om af te koel sodat jy meesal deurlopend met 'n koue loop skiet..)

Dan as al die ladings klaar geskiet is word die gemiddelde POI van die verskillende teikens geplot en vergelyk dan teiken 1-3; 2-4, 3-5 op te kyk waar die ladings stabiliseer...

Sy motivering vir die round robin skiet was dat deur dit te doen maak jy voorsiening vir die loop wat met elke skoot al hoe vuiler word en die dag temperatuur wat styg en ook vir die verandering in die omgewingsfaktore... sodoende kry jy dan 'n "meer konstante" lading as om lading vir lading te skiet...

Sal graag van die ander kundige manne se opinies hieroor wil hoor
Post Reply