Dit is seker amper maar n "play" op OCW maar die is vir my makliker.
Basies wat ek sal doen is om natuurlik my koel en kruit te kies, deur bq navorsing op die web te doen kan ek min of meer vas stel hoe ver van die lands af ek wil begin, as n magasyn jou TPL beperk sal jy natuurlik daar moet begin.
In die geval het ek besluit op hornady se 108gr ELD-M aan gestoot met VV se N160 met n jump van 20thou na die lands as n begin.
Nou sal ek QL of GRT gou raadpleeg om my n idee te gee van waar my max spoed is, ons het nou n max spoed van se 3150fps en Ql se dit sal min of meer 42.4gr VV N160 vat om my daar te kry, in my geval met die geweer weet ek ook dat as ons hier by 3170fps met n 105gr koel kom ek nie die patrone in die son moet los nie so ek wil verkieslik eder nader aan 3150fps eindig.
Ek laai nou 3 patrone vir elke lading wat ek wil skiet van 41gr, 41.3gr, 41.6gr, 41.9gr, 42.2gr, 42.5gr om te begin, noem die nou my growwe lading ontwikkeling want ons laai in 0.3gr spronge om te kyk waar ons wil werk.
Die tyken wat ek gebruik vir dit is soos die een hier onder maar dit sal nog beter werk as jy n groot A3 tyken het met klomp mikpunte langs mekaar.

Wat belangrik hier is is die horisontale lyne op die tyken, ons gaan op elke tyken n 3 skoot groep op 100m skiet en ons gaan natuurlik na elke tyken se "bull" mik as ons skiet. Die horisontale lyne gaan later vir ons wys wat aan gaan met die ladings
n Crony is belangrik hier want ons wil die spoed/max spoed dop hou veral as dit n nuwe lading is en ons wil ook kyk na ons spoed met ons ladings, as jou magneto n impak op jou groepe het sal jy dalk eers moet kyk watse lading jou max spoed gee voor jy verder aan gaan met die toets. Vir nou se ons ons gebruik n Labradar so ons doen somer alles in een go op die baan.
By die baan skiet ons nou ons groepe na die verskillinde tykens van laagste lading na hoogste van links op die tyken na regs en maak n nota van ons spoed soos ons skiet.
Hier is die eerste tyken wat ek geskiet het op 100m.

Jammer die ding wil nie reg draai nie.
Basies waar na ons nou kyk is vir die verskillinde ladings se POI wat op dieselfde plek land en nie noodwendig na enige groepe nie, as mens na die lyne kyk kan mens sien 41.3gr tot 41.9gr land baie naby aan dieslefde plek met 42.2gr waar die POI heel weg skuif, 41.9gr kan mens klaar sien die POI skuif al is die groep nog aanvaarbaar. In so geval kan n groep wat netjies lyk jou knyp as jy net daar besluit die is die lading en as ek dalk minder gebewe het kom die groep baie mooi vir my lyk. 41gr was uit n skoon loop so hy is heel moontlik ook nog deel van die node wat dan lyk na 41gr tot 41.6gr,. Mens kan die natuurlik op verder afstand ook doen om dit makliker te laat "lees" maar dan bring jy weer klomp ander variables in
Die spoed as ek nou reg onthou vir lading 41.3gr se 3 skote was avg 3130fps, 41.6gr was so 4145fps avg en 41.9gr was hier by 4159fps rond met 41.3gr en 41.6gr wat se ES hier by 8fps vir die 3 skote elk was.
Na die het ek besluit om met 41.3gr tot 41.6gr te werk, die rede daar voor was dat die spoed uit die klein toets mooi konstant was vir die 2 ladings en omdat dit vir my lyk of die node rofweg van 41gr tot 41.6gr breed is as ek na die tyken kyk en waar die skote vir daai 3 lading op die tyken land. Behalwe vir die eerste cold barrel skoot uit 41gr en self met die laaste skoot van 41.6 wat ek dadelik geweet het ek n bq getrek het sal daai 3 ladings baie mooi oor mekaar opline a mens die 3 tykens oor mekaar sit en basies n groot clover maak. Na die eerste tyken wat ek geskiet het laai ek nou altyd 4 van elke lading net vir so geval waar mens dalk voel 1 van die skote was jy of iets anders en mens dan nog n patroon het om seker te maak, ek het eintlik hier al gedink 41.5gr sal op die nommer wees met n bq speling aan elke kant en hy is heelmoomtlik nog maar sal weer bq aan dit werk as ons eendag mag uit gaan. 41.3gr land wel n klein bq hoer op die tyken as 41.6gr en om seker te maak het ek toe weer die volgende dag 5 patrone gelaai met 41.6gr en 41.3gr en op vars tyken geskiet, 41.3gr en 41.6gr het baises een groot clover gemaak met n totale ES van 17fps oor 0.6gr kruit en 10skote so ek was oortuig ek is op die regte pad.
Ek het nou half vas gestel ek wil erens by 41.3 tot 41.6gr laai en verkieslik self tussen daai 2 om presies in die middel van die node te wees maar ek wou ook nog hier by 41.7gr en 41.8gr krap net om te sien wat sou gebeur en hoe ver ek dalk my node band kan druk.
Volgende wou ek na my TPL kyk so ek 3 x 3 patrone gelaai met n lading 41.3gr en TPLe van 2.830", 2835" en 2.840" en dan ook 41.6gr met TPLe van 2.830", 2835" en 2.840". Die reeks wou ek op 300m skiet om bq beter te kan sien wat aan gaan
41.3gr en sy TPLe is n taamlike deurmekaar spul maar 41.6gr se 2835" en 2.840" kan n mens duidelik sien land op dieselfde plek op die 2 tykens so ek weet my lading gaan hier om 41.6gr en 2835" en 2.840" wees.
Ek het toe besluit op n TPL van 2840" sodat ek weet al brand die lands n bq weg ek nog n "buffer" het en die koel mooi sal skiet as hy bq meer jump.
Al wat ek nog wou doen is om te sien hoe 41.5gr, 41.6gr en 41.7gr met daai TPL sou skiet om seker te maak ek is nie op die edge van node nie, as ek met n spread van 0.3gr akuraat kon wees en net n 1moa plaat op 1000m konstant kan raak skiet was ek gelukkig. Ek wou net kyk vir n mooi waterlyn, ek het klaar geweet wat die spoed is vir my App en ek het ok geweet my ES is aanvaarbaar vir my aplikasie self verby n 1000m.
Ek het n groot gong op 800 of so meter gehang en die 3 ladings na hom toe geskiet, die 41.5gr het bq hoer geland met 41.6gr en 41.7gr wat basies n mooi tennis bal grote groep in die middel van die gong geskiet het, nou het ek geweet met 41.5gr to 41.7gr sou ek kon doen wat ek wou en my lding is dan 41.6gr VV N160 met n TPL van 2840" met n 108gr ELD-M.
Mens kan die 100m lading ontwikkeling nou weer oor doen met verskillinde primers en verskillinde neck tesion natuurlik maar die Chinese vlermuis vreters het my gebriek voor ek daar kon uit kom. Ek het wel vir interesanthied n ladder geskiet met 41gr tot 42gr en die cluster op 500m was ook duidelik hier by 41.4-41.6gr. Volgens QL is my node op 41.7gr en volgens GRT is my node op 41.5gr basies wat ons nou hier bo gesien het.
As iets nie duidelik is nie vra maar ek verduidelik dalk bq anders as wat almal verstaan






