Nikon Monarch

User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Nikon Monarch

Post by Gerhard »

Ek wil begin deur vir Piet, Carl en Nikon SA dankie te s? vir die geleentheid om die Nikon Monarch 2.5 - 10 x 56 IR teleskoop te kan toets.

Vrydag oggend toe ek weer in die kantoor stap staan daar n boks op my kantoor tafel.

Nikon SA het perseel geskuif vanaf Midrand na Centurion toe en die voorraad is beskikbaar nadat alles uit die containers uitgepak is, Carl het vir my die teleskoop met n courier gestuur...

Ek kon nie wag nie en het sommer dadelik die teleskoop uitgehaal (gevoel soos klein seuntjie met kersfees  ;D)

Nikon het netjiese verpakking en die eerste indrukke van die teleskoop het my beindruk

Image

Het die batery in gesit en sommer so op die tafel neer gesit

Image

Ek dink dit sal julle n redelike goeie idee gee van die kruis met die IR aan

Saterdag oggend word die Burris afgehaal op die Hornet en eers gou n draai gery om 30mm meduim Thor ringe te gaan koop. ARMS is Pta Oos het sommer die teleskoop gemount ook vir my.

Image

Image

Image

Image

Saterdag middag Eeufees skietbaan toe om die Hornet te gaan instel en n idee te kry van wat die teleskoop maak.

Dit is net n 100 yard skiet baan.

Die paralaks verstelling van 50 tot 100 yards werk lekke en "lock" maklik.

In helder dag lig sien mens die rooi kolletjie op die kruishaar nog steeds maklik op sy helderste gestel.

Die beeld van die teleskoop is ek baie tevrede mee.

Het die Hornet vinnig ingestel en is nou reg vir aksie...

Beplanning is om later in Julie maand vir n paar nagte ernstig onder die jakkalse in te klim en dan die teleskoop in nag kondisies te toets.

So ver is ek baie beindruk met die teleskoop.

Onthou,

Hierdie is my opinie oor die teleskoop en hoe ek hom ervaar in jakkals jag toestande en ek skiet met my 22K Hornet.

Tot nou het ek met die 3 - 10 x 50 Burris gejag in die nag.

My skote is van 20 tot 150 meter waarvan die gemiddelde skoot onder 100 meter is.

Die kaliber laat my nie toe om lang afstand skote te skiet nie.

Wanneer ek my Trip 2 se lisensie kry sal ek die Nikon op die Trip 2 sit en dan terugvoer gee oor hoe die kombinasie werk.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Nikon Monarch

Post by .::Alwyn-U::. »

Netjies netjies!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nikon Monarch

Post by Gerhard »

Ek het laas week die Nikon vir 4 nagte veld toe gevat.

Eerste middag die teleskoop in gestel op 120 meter. Klein verstellings nodig gehaad om n duim hoog te zero op 120 meter en die nuwe lading.

Eerste staan plek vat dit nie lank vir n stel om in te kom nie. Die reun gaan steek vas teen n rantjie op 170 meter (gerange) staan mooi dwars en die groen dot sit mooi.

Skoot klap "DUP" en die jakkals spin.

Die teef wil nie in kom nie sy staan ver oor die 200 meter tussen lang gras en ek sien net haar o?. Terwyl ek besig is met haar tel ek n ander stel o? op draai die lig bietjie helderder en daar staan n mooi duiker vir my en kyk.

Die res van die aand geen verdere sukses gehaad met jakkalse nie maar het baie kaans gehaad om ander diere deur die teleskoop dop te hou en op redelike afstande te identifiseer...

Het dit baie geniet om n muishond te sit en dop hou soos hy muise jag in die mielie land.

Volgende oggend terug staan plek toe en dit vat nie lank om die jakkals reun van 10.2kg te kry tussen die duk vlei gras.

[img width=560 height=261]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 60422a.jpg[/img]

Die opvolgende 3 nagte skiet ek na n redelike harde roep sessies nog 5 ander jakkalse.

Die jong reun het net oor die 200 meter sy lood pil gekry.

[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 60479a.jpg[/img]

Nie een keer was ek on seker oor skoot plaasing nie, die nikon monarch se kruis is lekke duk en werk baie mooi vir my in die nag.

Iets wat nogal vir my interersant was is die dot op die kruisdraad.

Jy het n keuse om of n rooi of groen liggie aan te skakel op die kruis.

Ek het lank praktiese skiet gedoen met n open of race gun met n red dot sight en compensator.

So my eerste keuse was om die rooi dot aan te gebruik. Met die verskillende verstellings om die intensiteit te stel los ek hom op die dof ste verstelling.

Maar selfs op die verstelling is die dot amper te helder vir my oog en bly dit lyk of die dot bietjie blurr...

Moenie n fout maak nie. Ek het 2 van die 6 jakkalse met die rooi dot geskiet sonder probleme.

Ek sit toe die groen dot aan en hy werk baie mooi op my oog deur dat hy mooi duidelik uit staan...

Maar toe kry ek klompie o? en dan raak dit besig daar voor met al die groen dots in die teleskoop...  ;D

Maar geen probleem. Ek sit die dot's af terwyl ek roep en sodra ek n jakkals geidentifiseer het word die groen dot aan geskakel en reg gemaak vir die skoot.

Met die eerste nag jagte agter die rug is ek baie beindruk met die kwaliteit van die lense.

Ek het op middag 4 voor ek uit is veld toe weer op 120 meter geskiet en die zero is nog steeds spot on na die vorige 3 nagte se roep en skiet sessies.

Soos ek aan gaan met die volgende nag skiet oefeninge sal ek julle op hoogte hou.

My opinie...

Die Nikon Monarch is n bul van n teleskoop vir jakkals jag en swak lig kondisie skiet.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 835
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: Nikon Monarch

Post by Drenalinjunkie »

Mooi review Gerhardus.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Nikon Monarch

Post by Piet Breedt »

Gerhard, ek is bly dat jy ook die scope geniet vir nag jag. Ek hou by die dag meer van myne. Ek dink ons gaan n lang en lekker paadjie saamstap.
projag

Re: Nikon Monarch

Post by projag »

Gaan skiet so paar dae terug 'n gemsbok in Namibia. Die boer kla van jakkalse wat wat nie geskiet wil word nie. Na die braai en brandewyn die aand maak ons manne 'n paar draaie in die veld en roep op so paar plekke met die boer se roeper en verminder sy jakkalsgetalle met 15. 8tewe en 7reuns. Lyk my Nam is vervuil van die goed.
O ja dit was 'n Nikon Monarch E wat die kykwerk gedoen het en sal jou beslis nie teleurstel met die kykery nie. As ek eerlik moet wees sou my ou Lynxie seker nie veel swakker gevaar het nie alhoewel die Nikon beslis duideliker in die donker is. Dink ook nie dat my Zeiss in die omstandighede hulle meer dood sou laat skiet het nie. Naaste skoot seker so 20 meter en verste nagnoeg 230.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Nikon Monarch

Post by Kalahari »

projag

Liewe aarde, waar in Nam het julle gejag? Die boer kan baie bly wees oor die 15 vlekkies.
projag

Re: Nikon Monarch

Post by projag »

Khomas region
Oja. het nie foto geneem nie. Nie kamera byderhand gehad nie en net by roepplekke op hoop gegooi en boer sou later verbrand. Ook nie besonderhede vir OTA nie. Is nie PH en neem nie aan OTA deel nie.
Last edited by projag on Mon Aug 01, 2011 7:36 am, edited 1 time in total.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Nikon Monarch

Post by Kalahari »

dankie projag

Elke geval. geluk met die klomp vlekkies
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Nikon Monarch

Post by klipspringer »

Hello Manne

Ek weet nie of hier teleskoopbouers of -ontwerpers is nie, maar wat is die doel van parallaksverstelling op 10x of selfs 12x maksimum vergroting?

Hoeveel tyd kos dit jou wanneer jy aanle?

Hoe maklik sien jy die letters gedurende die nag?

Groete

Jan
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nikon Monarch

Post by Gerhard »

Jan,

Ek lock die parallaks op 150m.

Dit is meer as vol doende vir afstande wat ek in die nag skiet en jy hoef nie weer in die nag te gaan stel nie.

Ek kon beeste wat in die veld l? (nag) duidelik sien en hulle was maklik 500m ver gewees sonder om te karring aan verstellings.

Groete
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Nikon Monarch

Post by klipspringer »

Hello Gerhard

Ek probeer nog steeds agterkom wat die waarde van parallaksverstelling op 'n maksimum vergroting van 10x is.

Die Monarch3 2.5-10x42 modelle het dit nie.

Groete

Jan
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nikon Monarch

Post by Gerhard »

Jan,

Beste is maar om met hom op die skietbaan te gaan speel en die verskil agter te kom.

Ek het met parallaks gespeel toe ek veld teiken geskiet het met die Air Arms 400 lug geweer.

Deur die parallaks te stel kon jy dan die afstand bepaal wat die teiken van jou af sit en dan stellings maak om n raak skoot te skiet.

Met die op die Hornet werk dit vir my om hom te lock op 150 meter.

Ek het nog nie genoeg met die teleskoop in die dag gespeel om vir jou meer detail te kan gee nie.

Ek kan ook nie vir jou tegniese terugvoer gee nie. Slegs wat ek ondervind met die teleskoop in nag jag toestande.

Groete,
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Nikon Monarch

Post by klipspringer »

Gerhard

Ek moet darem se geluk dat jy vir vos gekry het.  ;D

Groete

Jan
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nikon Monarch

Post by Gerhard »

Dankie Jan,

Die Nikon het darm 6 gepluk met die eerste jag sessie.

Gaan loer gerus onder OTA V

Sien uit daarna om dit weer die komende naweek te doen.  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nikon Monarch

Post by Gerhard »

Ek het laas Saterdag aand weer n kaans gekry om n draai te ry.

Die Monarch het weer briljant gedoen.

Op die een staan plek het ek die jakkalse hoor roep terwyl ek besig was om die caller uit te sit.

Die een was redelik naby waar ek weet die beste loop.

Terug op die bakkie het ek die lig aan gesit en dadelik oe op getel. Deur die teleskoop kon ek duidelik die jakkals sien.

Duidelik genoeg om n skoot te moes skiet as ek die regte kaliber gehaad het en n skoot mos laat loop.

Ek het die jakkals in geroep met die Steenbok combo en so 150 meter van die bakkie af om gedop.

Ek wou nie regtig praat oor hoe ver dit was nie want ek werk nie met n range finder in die nag nie.

Wikimapia gee my egter die geleentheid om vir julle n aanduiding te gee waar ek gestaan het en waar ek die jakkals die eerste keer gesien het.

Kliek op die link

http://wikimapia.org/#lat=-25.869428&lo ... ;31857;0;0

Volgens die afstand meter was dit ongeveer 420 meter.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
James Wright
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 319
Joined: Thu Mar 24, 2011 3:17 pm

Re: Nikon Monarch

Post by James Wright »

Lyk na baie lekker scopes!

Sal graag op 'n stadium so een op my 22-250 wil sit...
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nikon Monarch

Post by Gerhard »

Ek het hom laas naweek op die 222 Rem gesit en gebore sight.

Sal hom nou weer moet in skiet en sien hoe hy doen op die 222.

Het  nou al n goeie klompie jakkalse geskiet met die telekoop op die Hornet.

Ek het twee in Vaalwater se bosveld geskiet so 2 naweke terug wat tussen bome redelik naby die bakkie uit gepop het.

Die teleskoop het dit moontlik gemaak om blits vinnig te kon skiet.

Ek praat van 3 of 4 sekondes van waar ek die oog optel tot die skoot klap.

Ek kon dit nie met die Burris voorheen reg kry nie...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Nikon Monarch

Post by Lourens »

Manne daai Nikon Monarch scopes is puik. Ek het laasweek die Bushnell Elite wat op my 7mm Rem was oorgeskuif na my 243 toe en toe 'n Nikon Monarch 4-16x42 op die 7mm gesit. Ek het nog nie weer met die 7mm gaan skiet nie, maar ek is uiters be-indruk met die afwerking en helderheid van die Nikon scope. Ek kan sommer sien ek en daai scope gaan 'n baie lang pad saam stap. Nikon Monarch is na my mening uitstekende waarde vir geld.

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nikon Monarch

Post by Gerhard »

Ek het so 2 naweke terug die Nikon Monarch of die 222 Rem Anshutz gemonteer.

Ek het dit gedoen terwyl die manne die Rugby world cup finaal gespeel het en toe sommer die selfde tyd gebore sight.

Toe ek klaar is met die 222 het die Hornet en die 30 06 elkeen ook n Burris op gekry.

Laas Saterdag middag so net na 15:00 kry ek die geleentheid om die 222 te gaan in skiet en sommer ook die 40gr Nosler BT ladings te toets.

Skiet gou in op 50 meter en skuif di teiken terug na 100 meter toe.

Ek het met 23,5gr S321 op n 40gr Nosler BT n baie netjiese groepie gekry so 3 weke terug...

Ewe skielik sukkel ek my dinges af. Ek kry nie n groep wat n papier bord sal toe maak nie... :o

Kom op 100 meter en die hoogte is nou reg maar skiet van links na regs...

Terug by die geweer en ek haal my allan keys uit die geweer kas.

Toets die skroewe en ek is lus om my eie gat te skop want ek kry toe wraggies los skroefies.

Draai hulle vas en skiet  die volgende ladings...

Kom voor op die teiken en ek kry my groep maar net net op die karton.

Werk die duim wat ek links moet stel en laat sak uit en is terug skiet bank toe.

Stel die Nikon soos beplan en skiet die volgende lading.

Die 24.5 gr S321 groep toe so

[img width=560 height=417]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... LmpwZw.jpg[/img]

met n gemiddelde spoed van net oor die 3500fps

Onderste skoot was my skuld.

Die laaste lading was 25gr S321

[img width=560 height=417]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... LmpwZw.jpg[/img]

Gemiddelde spoed van 3528fps.

Die Nikon het presies gestel soos ek dit bereken het. Ek is baie beindruk.

Ek  sal nou nog bietjie speel met die ladings maar die 25gr lading is vir nou reg om mee te jag.

Die Nikon het hom reeds bewys op die Hornet.

Maar op die 222 Rem gaan hy skiet soos n droom...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Nikon Monarch

Post by SV MAD (Henk) »

Baie indrukwekkend Gerhard.  :o
ek soek nog wapens...
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nikon Monarch

Post by Gerhard »

Dankie man,

Ek sien uit daarna om die kombinasie te toets in die nag.

Ek het met die teleskoop en die Hornet 'n jakkalse geskiet tussen 170 en 200m

Dink die nuwe kombinasie gaan ek nou so bietjie verder kan skiet in die nag.

Soos n SLIM OUBAAS my eendag ges? het "As jy hom nie kan sien nie KAN jy hom nie skiet nie"
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nikon Monarch

Post by Gerhard »

Ek het nou die Nikon en 222 Rem kombinasie 2 keer uit gevat veld toe vir n nag roep of wat.

So twee weke terug skiet ek n jakkals op 270 tree.

Ek kon duidelik deur die teleskoop sien hoe die jakkals spring en n draai maak en neer slaan.

Saterdag aand weer 2 geskiet.

Eerste een was plank dwars onder 100m en geen uit daaging nie.

2de jakkals kom onder di wind in en ek wag om seker te maak dat nie n draai jakkals is nie want ek het 5 min voor dit n draai jakkals in geroep.

Die jakkals steek vas en vlieg om soos net n jakkals kan wat jou geruik het.

Gelukkig vir my hardloop die teef reguit weg van my af.

Hier het die verligte kruishaar (dot) baie gehelp. Die skoot was seker so op 80 meter.

Die dot het vas gesuig agter op die nek soos sy hardloop en die skoot het mooi "DUP" ges? en ek het die jakkals net daar op getel.

Hier het die Nikon met die #4 kruishaar en die dot werklik seker gemaak n geleerde jakkals kom nie weg nie.

Ek gaan n 4 duim gong bou en dan in die dag met die geweer en teleskoop skiet tot op 250m om te sien hoe die setup in die dag lig werk.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Nikon Monarch

Post by SV MAD (Henk) »

Baie netjies Gerhard. Kyk ook al 'n rukkie ver teleskope, het gedink ek gaan ook die Nikon Monarch kry vir my 375.

2.5x10x50, of die vergroting wat jy ook hier het, altwee baie nice. Kwaliteit lense.
ek soek nog wapens...
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nikon Monarch

Post by Gerhard »

SV MAD wrote: Baie netjies Gerhard. Kyk ook al 'n rukkie ver teleskope, het gedink ek gaan ook die Nikon Monarch kry vir my 375.

2.5x10x50, of die vergroting wat jy ook hier het, altwee baie nice. Kwaliteit lense.

Ek dink daai sal n goeie kombinasie wees vir die 375 Ruger
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Post Reply