Vrydag oggend toe ek weer in die kantoor stap staan daar n boks op my kantoor tafel.
Nikon SA het perseel geskuif vanaf Midrand na Centurion toe en die voorraad is beskikbaar nadat alles uit die containers uitgepak is, Carl het vir my die teleskoop met n courier gestuur...
Ek kon nie wag nie en het sommer dadelik die teleskoop uitgehaal (gevoel soos klein seuntjie met kersfees
Nikon het netjiese verpakking en die eerste indrukke van die teleskoop het my beindruk

Het die batery in gesit en sommer so op die tafel neer gesit

Ek dink dit sal julle n redelike goeie idee gee van die kruis met die IR aan
Saterdag oggend word die Burris afgehaal op die Hornet en eers gou n draai gery om 30mm meduim Thor ringe te gaan koop. ARMS is Pta Oos het sommer die teleskoop gemount ook vir my.




Saterdag middag Eeufees skietbaan toe om die Hornet te gaan instel en n idee te kry van wat die teleskoop maak.
Dit is net n 100 yard skiet baan.
Die paralaks verstelling van 50 tot 100 yards werk lekke en "lock" maklik.
In helder dag lig sien mens die rooi kolletjie op die kruishaar nog steeds maklik op sy helderste gestel.
Die beeld van die teleskoop is ek baie tevrede mee.
Het die Hornet vinnig ingestel en is nou reg vir aksie...
Beplanning is om later in Julie maand vir n paar nagte ernstig onder die jakkalse in te klim en dan die teleskoop in nag kondisies te toets.
So ver is ek baie beindruk met die teleskoop.
Onthou,
Hierdie is my opinie oor die teleskoop en hoe ek hom ervaar in jakkals jag toestande en ek skiet met my 22K Hornet.
Tot nou het ek met die 3 - 10 x 50 Burris gejag in die nag.
My skote is van 20 tot 150 meter waarvan die gemiddelde skoot onder 100 meter is.
Die kaliber laat my nie toe om lang afstand skote te skiet nie.
Wanneer ek my Trip 2 se lisensie kry sal ek die Nikon op die Trip 2 sit en dan terugvoer gee oor hoe die kombinasie werk.


