Roofkyker

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
User avatar
JapieB
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Thu Jul 09, 2015 9:43 pm

Roofkyker

Post by JapieB »

Sien nou eers ek het nog nooit hier aangemeld nie.
Bly nou in die Klein Karoo maar in die Groot Karoo grootgeword
Wag in spanning vir my lisensie, agv van my dinges wat gejeuk het het ek my 6.5x57mm verkoop en 'n 6.5 CR gekoop, nou is ek wragtig sonder geweer in die middel van die jagseisoen!!
Gaan maar die tydjie gebruik om te soek na die "regte" scope en bybehore.
Reeds 'n Warrior silencer en MDT oryx kolf wat lê en wag vir die dag as ek sy bene bietjie kan rek en die vêr gongs kan aanvat!

Lekker aand

Groetnis



Sent from my SM-N970F using Tapatalk

User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Roofkyker

Post by Heinz Petersen »

Welkom Japie. Liewers laat as nooit.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2959
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Roofkyker

Post by Lategan1 »

Welkom Japie.

‘n Man wat ‘n Mauser verkoop het, moet ‘n baie goeie rede hê!! :police:

Luister graag jou rede.

Geniet saamgesels.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
JapieB
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Thu Jul 09, 2015 9:43 pm

Re: Roofkyker

Post by JapieB »

Lategan1 wrote:Welkom Japie.

‘n Man wat ‘n Mauser verkoop het, moet ‘n baie goeie rede hê!! :police:

Luister graag jou rede.

Geniet saamgesels.

Beste.
Lategan1, en nou vryf jy dt nog in ook :-)

het verkoop om nuwe geweer/projek te finansier, hart is maar taamlik seer maar is opgewonde oor die nuwe outjie, wag net vir lisensie en dan sal ek sien of ek spyt moet wees

Sent from my SM-N970F using Tapatalk

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2959
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Roofkyker

Post by Lategan1 »

Japie, :laugh: ja-nee. Classics interesseer my, jy het jou rede.

As jy Johanvb se draad oor die ideale vps vir jag volg, is dit opmerklik hoe min snelheid/spoed prakties na WWII verander het vir jag. Die oues kan met die nuwe kwaliteit koeëlpunte dieselfde of selfs beter doen as die nuwes!

Koeëlkonstruksie en self herlaai het nuwe werêld oopgemaak vir jaggewere.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Post Reply