Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Baie interessante topic. Ek weet net iets van die R4 af - en ook lank gelede , so ek kan nie juis 'n bydrae hier maak nie...
Ek wil net weet: Hoe vergelyk die (ou) Ruger Mini 14 - wat kwaliteit, werksverrigting en betroubaarheid aanbetref - met die nuwer AR's? Is dit nog 'n opsie deesdae - as jy in die mark is vir 'n SA, of het dit baie beperkinge?
Hein M. wrote:
Ek wil net weet: Hoe vergelyk die (ou) Ruger Mini 14 - wat kwaliteit, werksverrigting en betroubaarheid aanbetref - met die nuwer AR's? Is dit nog 'n opsie deesdae - as jy in die mark is vir 'n SA, of het dit baie beperkinge?
'n Mini wat werk is 'n fantastiese wapen, ek het ene, maar hulle het baie beperkinge.
Sukkel om parte en mags te kry, en ook moeilik om scopes of red-dots op te sit (veral die oues).
Ek sal eerder vir 'n entry-level AR-15 gaan as ek die geld het, maar mens kan wel die mini's optel vir so R6-8k van tyd tot tyd.
Ek moet met Arnold saamstem. Die LM/Galil is 'n AK variant, so dis hard en idiot bestand. Met die AR platvorm kan jy letterlik elke onderdeel vervang en verander vir die regte geweer vir jou applikasie. En nie te sê die AR is nie hard nie (myne vat gereeld houe) maar hy kort bietjie meer onderhoud as die LM/Galil.
Arnold wrote:Lukie, as jy sê die AR kort meer onderhoud wat presies verwys jy na?
ek weet darem nie, skiet nou al paar jaar met AR's en hulle is maar eenvoudige oukies.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Daarom my vraag aangesien dit is hoe ek dit ook verstaan. Ek wag egter nog vir my lisensie kaartjie.
Al wat seker ekstra is, is die skoon maak vd bolt waar die gas ingaan deur die gas key, hy kry bietjie carbon build-up by die seels. Dis nou as jy 'n DI AR gekoop het.
Arnold wrote:Lukie, as jy sê die AR kort meer onderhoud wat presies verwys jy na?
Arnold, ek het my tande gesny op die R4 en AK. Die goed sal skiet al trek mens hom hoe hard deur jou stert. Die AR is vir seker baie "rugged," maar hy moet maar gereeld geolie word (so elke 200 skote), en die gaspoort nou en dan skoongemaak word. Moet my onder geen onstandighede verkeerd verstaan nie: die AR is great en sal niemand teleurstel nie. Moet net nie sand in die kamer gooi nie
Lukie jy dit klink of jy taamlik ondervinding met die R4 en AK het, loop hulle droog en met sand in die kamer?
Hoeveel ondervinding het jy met n AR en watse maak was dit? Ek vra omdat my onlangse leeswerk daarop toon dat die AR nie so "vulnerable" is soos wat baie voorgee nie.
Hehe, nee darem seker nou nie so erg nie, Arnold. Ek het die R4 redelik baie droog gebruik sonder probleme. 'n AK stoor ook maar uiteindelik as jy met sand en dinge begin speel (eens jonk en dom.)
My huidige Colt is my eerste AR. Miskien is ek net nie lus om te ding te probeer breek nie, so ek druk hom nou nie in die rooi nie. Die literatuur hou nes jy noem, nie die AR as vulnerable voor nie. Almal hou net daarvan om terug te verwys na die Vietnam tyd en die ammunisie voer probleme. Maar vra enige Amerikaanse soldaat en hulle het net lof vir die AR.
Al probleem wat ek nog gehad het, was stooring met subsoniese rondtes (en dit tel nie regtig nie - die ding is gebou vir spoed.) En akkuraatheid was 'n issue omdat die verkeerde punte gebruik het in 'n geldspaarpoging.
As ek weer moet kies: AR. Die geweer "voel" net reg.
Ek het met iemand kontak in die Aus weermag wat die semi's toets (onder andere) vir die Aus SAS saam met hulle beste en mees ervare operateurs ... en hulle aanbeveling was dat die DI AR die ding sal doen in agname dat die ding gereeld skoongemaak word. Hy is akkurater as die Piston AR wat natuurlik minder onderhoud nodig het, maar die Navy Seals is besig om oor te gaan na die HK MR 556 wat 'n piston gun is. En in 'n ander klas. Ek dink die civvie weergawe is die SR556 deur H&K. Net 'n aanbeveling deur iemand wat weet wat hulle doen...
Ja, baie ouens sal verwys na die M16 se DI en die stoor en al die carbon wat deurdruk kamer toe tydens die Vietnam oorlog. Hy gooi sy gas en carbon terug na die kamer wat maak dat hy stoor indien hy nie gereeld skoongemaak word nie.
Kom ons wees eerlik met mekaar. 'n Aanvals geweer moet onder enige omstandigehede kan skiet maar niemand gaan aspris in die veld onder daardie omstandighede grond, sand of sneeu in die ding gooi nie en dan verwag hy moet optimaal presteer nie. Ons pas mos ons gewere op want dit is jou lewe... jou vrou soos ons geleer is in die weermag. Daarom bestaan 'n dril genaamd "fieldstrip"...
My ondervinding met die R4 strek oor 10 jaar plus onder moeilike omstandighede. Hoeveel skote is nie ter sprake nie, maar neem dit as jy 10 magasyne op jou kit dra en al 10 uitskiet binne die volgende 15 min en daarna weer herlaai en so ongeveer 6 aanvale deur die loop van die dag doen met geen onderhoud behalwe vanaand as jy in die donker in die loopgraag sit en skoonmaak. Dit sê iets vir my. Doen dit nou vir die volgende 13 weke en vir die volgende paar jaar met een geweer wat se loop nie vervang is nie, maar kolf of so iets. In daardie tyd het ek ongeveer altesaam minder as 10 storings gehad.
Kyk 'n biejtie na die AK 107. Minimale recoil en dit is wat die pistons nou deesdae doen. Die wat weet hoe die Spetsnaz werk en operate sal getuig dat die AK van die beste is wat jy kan kry. Daar is genoeg beskikbaar op die sosiale media om te kyk hoe hulle werk. Die SAPS Taakmag was op 'n stadium die beste Stedelike Oorlogvoering organisasie in die wêreld en hulle het die R5 en die MP 5 verkies, hulle kon enige iets bestel. Ons spes magte gebruik nou nog R5, hulle kan ook enige iets bestel.
Ek skiet niemand af nie, en ek dink die doel waarvoor sommige ouens die verskillende gewere koop verskil. So ook die agtergrond en die opinies en die ervaring of dit nou 300 skote is of 30000 skote is.
Net so glo ek nie aan 'n racegun met al die scopes en dingetjies nie. Want hy pas (pistol) nie in my sak as ek vanaand gou draai op die plaas moet gaan maak nie. Dit wat jy by jou kan dra moet jou alles wees...
Soos iemand nou die dag op die forum gesê het, sy seuntjie van 5 jaar het ook 'n opinie.
Nico, as ek jou post nou reg lees: Jy soek 'n semi outo vir persoonlike beskerming op die plaas. Dus moet hy lig en draagbaar wees. Kort loop, want jy gaan hom binne 50m radius gebruik, en hy moet maklik in die bakkie pas. Hy moet elke keer skiet as jy die sneller trek. Hy moenie van tegnologie afhanklik wees nie (bv red dot sights met batterye.) Verder sal hy maksimum skade moet kan aanrig sonder om omstanders te benadeel.
Kyk na 'n ding in .223, wat nie baie tierlantyntjies het nie. Ons grootste probleem hier in SA is die verskeidenheid wat gewoonlik bietjie skraps is. Vir bogenoemde scenario klink 'n LM5 of selfs LM6 na 'n goeie idee.
Ek kyk nou na die post wat ek geplaas het. Ek het 'n Galil 5 toe gekoop, en toe later besluit op die Daniel Defence V7s as 2de semi-auto. Tussen die 2 is dit moeilik om te bepaal watter my persoonlike beste keuse sou wees. Altwee is uitsonderlik goed. En ek skiet met beide baie.
Rom 8 v 1&2:Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
Dirkvh wrote: Wed Oct 27, 2021 6:56 am
Ek baie gelukkig met nuwe generasie DM4
Hi Dirk, wat is die groot verskil tussen die ou DM4 en die nuwe generasie DM4, as ek mag vra?
Die eerste klomp het glo probleme gehad wat later uitgesort is.
Rom 8 v 1&2:Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
NicovanderMerwe wrote: Wed Oct 27, 2021 11:06 am
Hi Dirk, wat is die groot verskil tussen die ou DM4 en die nuwe generasie DM4, as ek mag vra?
Die eerste klomp het glo probleme gehad wat later uitgesort is.
Hi Dirk, wanneer het jy joune gekoop?
Sent from my SM-A325F using Tapatalk
2020
Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk
Rom 8 v 1&2:Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
Gerhardu wrote:Ek weet hierdie is n ou draad. Maar waar is n lekker Happy medium met loop lengte op n AR vir van bietjie ver skiet en verdediging?
14-16"
Ek het 'n 10" loop en werk okay tot 250m, maar baie van die kruit het nog nie ontbrand en is hoofsaaklik gekoop vir self verdediging en om maklik in bakkie te ry en hanteer. Pas mooi in 'n tennis rakket sak ook...
Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk
Rom 8 v 1&2:Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death