Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
-
NicovanderMerwe
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Tue Apr 29, 2014 3:40 pm
Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
Goeie dag
Ek is miskien in die mark om 'n semi-auto te koop, as die geld sake mooi in plek val en ek kan darem nog vakansie hou Des en nuwe jaar terugkom met minder skuld...
Ek ken darem so hier en daar die AR15 tipes wat beskikbaar is, maar wat sal julle aanbeveel?
Wat ek gaan doen met hom is dat ek graag die geweer sal "suppress" en 'n scope van soorte op te sit met bykomende oop visiere off centre moontlik as back-up. Die doel van die scope sal wees om op 300m te kan skiet met akkurate skoot plasing soos 'n .223 kan tolaat en die back up oop visiere of reflex site as back up vir "close quarters". Sal graag 'n geweer wil kry wat 'n rail sisteem het dat ek die scope sommer in die veld kan omruil met bv 'n EOTEC bv.
Ek sal graag wil weet wat is in SA beskikbaar want dit help nie ek koop iets waarvan die parte skaars is of nie beskikbaar is nie.
Ook wil ek weet of die AR15 tipes se onderdele op mekaar pas. Dalk is daar 'n beter snellergroep wat ek kan kry bv, en dan vervang ek die huidige een.
Ek het die DM4 al vasgehou en was baie beindruk. Wat is julle mening?
Baie dankie
Nico

- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
Ek volg graag hierdie draad. Dankie Nico
- Penkop
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am
Re: Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
Nico, waar in die land is jy?
Gaan kyk gerus by Spartan Arms in Edenvale (Modderfontein afrit) na hul versameling Stag Arms.
Pryse lyk nie te sleg nie en hul het baie bybehore.
As jy geld se baas is, kan jy sommer na hul PWS gewere ook kyk....
Sterkte

Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
Hallo
Parte pas oor en weer
As jy suppress is 'n adjustable gas block 'n baie goeie idee, ek het 'n SLR DA7-C op myne. Dit keer dat jou geweer "over-gas" met die suppressor. Jy kry nie gas in jou gesig nie en jou bewegende dele kry minder pak. Onthou net loop diktes verskil.
Snellers is daar baie beskikbaar, vriend van my het 'n Geissele in syne sommer self ingesit, daar is baie soorte en tipes beskikbaar.
My gunsteling plaas roer, meer as jaar laas skoon gemaak, betroubaar en akuraat noudiedag met sy vuil lyf kolgans gepot op 331m. Altyd links voor in die bakkie of op my rug op die bike.
Cheers
Dawie
Parte pas oor en weer
As jy suppress is 'n adjustable gas block 'n baie goeie idee, ek het 'n SLR DA7-C op myne. Dit keer dat jou geweer "over-gas" met die suppressor. Jy kry nie gas in jou gesig nie en jou bewegende dele kry minder pak. Onthou net loop diktes verskil.
Snellers is daar baie beskikbaar, vriend van my het 'n Geissele in syne sommer self ingesit, daar is baie soorte en tipes beskikbaar.
My gunsteling plaas roer, meer as jaar laas skoon gemaak, betroubaar en akuraat noudiedag met sy vuil lyf kolgans gepot op 331m. Altyd links voor in die bakkie of op my rug op die bike.
Cheers
Dawie
-
NicovanderMerwe
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Tue Apr 29, 2014 3:40 pm
Re: Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
Penkop, ek is in Oudtshoorn, bietjie weg van al die plekke wat het wat ek soek. Het toevallig op Huntex Jhb gekyk na die DM4. Die gewere wat jy voorstel, sal dit aan my vereistes kan voldoen?
Dawie, dit klink na die regte pad. Jou aanwending is waarna ek ook kyk. Ek sal graag nou een wil kry en die ander een bietjie later. Sal graag van dieselfde soort twee wil hê, want ek het twee seuns... Sal kyk na die opsie om 'n verstelbare gasblok te kies as ek wil supress. Is die gasblock iets wat jy na die tyd vervang (upgrade), pas dit op al die gewere? Watter geweer het jy?

- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
Hi Nico, welkom hier by ons.
Ek het n AR 15 wat in Kanada( van alle plekke) gemaak word. Die maak is NEA. Hulle is redelik algemeen beskikbaar in SA. Ek dink hulle agent is Hailstrorm. NEA maak n redelike kontraversiële stelling dat: " ....as jy een van ons lope kan uitskiet, dan vervang ons die loop op ons koste" sal maar sien. Wat ek jou wel kan sê is dat die wapen ongelooflik akuraat is. Maar ek dink dit is maar n AR kenmerk, meer as wat dit noodwendig n NEA kenmerk is.

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
Nico
Ja die gas block is na die tyd opgesit en nie goedkoop nie. Safari&Outdoor het dit bestel. Jy moet kies vir loop dikte myne 0,750 duim dik en 'n clamp-on tipe. Die clamp-on is glo meer akuraat omdat dit nie met grub scews druk op die loop nie. Ek het verkeerd geskryf in my vorige post dink dis 'n SLR Sentry 7 C gas block
http://slrrifleworks.com/index.php?rout ... ry&path=57
My geweer 18" loop is 'n DPMS 3G1 hulle kom standaard met goeie komponente o.a. die JP sneller het ek self "gemodify" na my smaak. Het 'n 4-16x50 Burris ballistic 3 teleskoop op. Caldwell doppie vanger.

Dawie, waar net jy daardie doppievanger gekry?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
Safari&Outdoor StellenboschJames Wilson wrote:Dawie, waar net jy daardie doppievanger gekry?
-
NicovanderMerwe
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Tue Apr 29, 2014 3:40 pm
Re: Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
Is julle gewere Direct Inpingement of is dit Piston Stroke??
-
jjmare
- Newbie

- Posts: 37
- Joined: Fri May 23, 2014 3:31 pm
Re: Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
Yes Nic!
Soos alles is die hoeveelheid geld wat jy wil spandeer die beperkende faktor...
Eerstens moet jy besluit wat jy met die geweer wil maak - so sal n tipiese DMR (designated marksman rifle) anders lyk as n iets waarmee jy kortafstand wil skiet, as jy BV 3gunnation wil deelneem gaan die geweer ook anders lyk.
Op die AR platform moet jy ook besluit tussen DI (direct impingement - soos Mnr Stoner die AR ontwerp het , n DI geweer forseer al sy warm gasse en carbon terug in die receiver en kamer - die rede hoekom wapenonderhoud belangrik is by n DI AR)) en Piston (short stroke open piston - nuwer ontwikkeling waar n tipiese AK konsep gebruik is maar sonder n suiergeleibuis - hier word die gasse ens in die lug geblaas , maar hulle is duurder om te vervaardig). Dit het n groot invloed op koste en ander goeters wat ek en jy verstaan...
Hier in SA sal ek my nie steur aan al die gadgets wat reeds saam met n geweer kom nie maar eerder die beste kwaliteit basiese geweer (meer eintlik receiver) (en geonoeg magasyne!!!!) koop wat ek kan bekostig, en dan met tyd hom toerus soos ek van hom hou. Spesifiek iets soos n VTAC, Fortis, JP ens free floating tube - bly weg van die vreeslike "quad" rail tubes met picatinnies orals tot in timbatoe. koop eerder los segmente en voeg toe daar waar jy n witlig of iets dergliks wil vassit (iets om te onthou mbt witlig posisie - plaas dit iewers rondom die 10 deur 12uur na 2uur posisie sodat jy dit met jou duim (INFORCE verleen hulle uitstekend hiertoe) kan manipuleer, veral as jy n stubbie tipe handvatsel voor wil gebruik)
Die visierstelsel wat jy uiteindelik gaan kies is n topic op sy eie. Eerstens is n STAAL tipe MBUS soos Troy s'n nodig - hoe en waar jy hulle vassit is jou keuse. Jou opsies mbt visiere is fixed (soos n ACOG 4x32) of n variable met lae vergroting (soos n S&B 1-6 shortdot, Vortex Gen 2 1-6, PST 1-4), n "intermediate" variable (tipies n 3-12 / 4-16 tipe scope op DMR), red dot sigts (reflex soos Trijicon RMR, SRS, OMR, Aimpoint T1, M4 en verseker ook EOtech se verskillende modelle) by die EOtech, Vortex en Aimpoints kan jy n 3x vergroter op n cantilever mount sterk oorweeg.
Ek moet nou weer gaan werk en gesels later weer...

Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
Ek hou persoonlik baie van die Ruger SR556.
Piston in AR platform
Piston in AR platform
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
- JGZ
- Sr. Member

- Posts: 447
- Joined: Fri Dec 12, 2014 11:04 am
Re: Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
Daniel defense mk12. Nog net 2 jaar se spaar...
------------------------------------------------------------------------------------------------------
Glock 17 Gen 4 9mm; Glock 43 Gen 4 9mm; Daniel Defense MK12 5.56; Tikka T3x 243 AI; CZ457 Varmint 22lr

Reijger
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Tue Apr 21, 2015 6:42 pm
Re: Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
Baie goeie idee is om gun digest se book of the ar te lees. Gee jou 'n baie goeie idee van die verskille voordele en nadele van omtrent al die fabrikate en verduidelik di vs piston en loop lengtes ens. Ek hou baie van Colt omrede ek dink hul kwaliteit is baie goed Chrome loop dink ek is ook 'n groot voordeel. Het die digitale formaat van bg boek as jy belangstel. In boks my met 'n email adres en ek stuur dit aan. Dit is in pdf formaat dink ek en kan dus op rekenaar of tablet lees. Een ding is verseker hulle bly groot pret om te skiet!
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
Nico
Ek het deur my Norico CQ-A al meer as 1000 rontes geskiet. Ek het nog net een FTF gehad en dit was n staal doppie wat n duik in gehad het. Ek skiet gereeld met n verskeidenheid van AR15's & 10's en kan werklik vir jou se dat daar geen noemens waardige verskil is of dat een skouers bo die ander uit staan nie. Wat ek wel vir jou kan se is dat 2 NEA's moes gaan om die ramp te polish omdat hulle baie FTF probleme gehad het. Ek het een van hulle getoets met n rapid fire dril en toe het die bolt catch uit geval. Dalk was dit maar net bad luck.
Wat die sights/scope opsies betref, jy het regtig nie nodig om alerhande kombinasies op te sit nie. Een goeie scope op ordentlike mounts is al wat jy nodig het vir 5-300m. Selfs op n vergroting van 3 kan jy nog baie efektief op kort afstande skiet. Ek het die Nikon Monarch E 1-4x24 op my AR maar sou dalk eerder die x6 vergoting wou he.
Maak nie saak op watter fabrikaat jy besluit nie, koop baie ammo en mags.

- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
Dag menere.
Ek begin ook so stadigaan kyk na 'n AR platform.
Iets wat my oog gevang het is Ruger se 556VT. Enige iemand al ondervinding op hom?
Mooiloop,
Hein
Ek begin ook so stadigaan kyk na 'n AR platform.
Iets wat my oog gevang het is Ruger se 556VT. Enige iemand al ondervinding op hom?
Mooiloop,
Hein
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
Hang af wat jy wil doen.KSV wrote:Dag menere.
Ek begin ook so stadigaan kyk na 'n AR platform.
Iets wat my oog gevang het is Ruger se 556VT. Enige iemand al ondervinding op hom?
Mooiloop,
Hein
Vir 3 gun of Dmg gaan hy dalk te swaar wees.
Vir ongedierte jag dalk beter
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7544
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
Hallo Hein
Waar wat Apie se oor aplikasie. Ek het basies n keuse gekad tussen die varmint en die gewone SR556. Ek het toe die SR556 gevat aangesien my aplikasie meer geneig het na n geweer wat ek vir selfverdediging ook kan gebruik tesame met een wat jy voor in die bakkie inlaai vir die plaas. Ek hoor wel goeie dinge van die Varmint in die akkuraadheid departement. Ek dink wel hy gaan sukkel as n selfverdedigings geweer of selfs n bakkie geweer vanwee sy langer lengte en gewig veral as jy n demper ook gaan opsit.
Om eerlik te wees is hierdie geweer huidiglik so bietjie van n probleem vir my aangesien ek nie lekker weet wat om aan te vang met hom nie. Ek het huidig n Leupold Deltapoint op hom waarmee ek maar sukkel om fyn te skiet verder as so 50m. Ek sukkel om n idiale teleskoop/optic te kry wat aan al n mens se behoeftes kan voldoen. Ek laai ook nie vir die geweer nie en skiet sommer Russiese FMJ amminusie in hom wat so 75mm gee op 100m met die Deltapoint. So n mens het ook nie n magdom vertroue in hom nie. Hy blaf ook kwaai, maar n demper het weer sy probleme. Wat ek eintlik probeer se is dat ek eintlik so bietjie teleurgestel is in die geweer omrede hy nie lekker weet wat hy wil doen nie. n Nice to have ja, maar soos die spreekwoord se Jack of all trades, maar master of none!
Groetnis
Wouter

My planne is so bietjie op hold.
Myn gaan so ongeveer 44% van hulle werksmag afbetaal.
Mooiloop,
Hein
Myn gaan so ongeveer 44% van hulle werksmag afbetaal.
Mooiloop,
Hein
- Gernie
- Hero Member

- Posts: 771
- Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm
Re: Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
Hi Hein, jy by Kumba?
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
Dis hy ja Gernie.
By my is ons 8 wat vir 3 poste moet aansoek doen.
By my is ons 8 wat vir 3 poste moet aansoek doen.
-
NicovanderMerwe
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Tue Apr 29, 2014 3:40 pm
Re: Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
Goeie dag manne.
Om terug te kom na hierdie vraag wat ek destyds gevra het wil ek graag bietjie opinies hoor. Gister 'n Galil in my hande vasgehou. Dit het 'n aluminium silencer op, reflex tipe, en dit het 'n sidemount op wat vir jou die picatinny rail gee daar waar jy hom wil hê met nog een skuins regs. Voorste en agterste visiere is verwyder om plek te maak vir die scopie. Die oom sê hy jag bosvarke met die ding, skiet enige iets tot so ver as 250m in die nag en die ding kan paar magasyne se rondtes vat sonder dat die silencer tekens toon van seerkry en het nog nooit. Parte is alom beskikbaar, vaardigheid met die geweer is vir ons wat met dit in die weermag gewerk het 2de natuur. Ons weet wat hy kan doen... en die ding is kliphard. Die geweertjie is balanseerd en regtig 'n goeie kombinasie. Prys ongeveer R16000 vir die Galil wat presies soos die R4 is. Belangrik wat hy my verduidelik het is dat die R5 en LM6 nie die vermoë het om 200m - 300m 'n akkurate aanslag te maak nie weens die lengtes van die loop. Die oom was paar jaar terug in 'n ry deel van die Springbok 3 gun span.
Ek sal graag wil hoor wat julle dink asb.
Dankie

gbvl
- Sr. Member

- Posts: 266
- Joined: Wed Feb 10, 2016 6:35 pm
Re: Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
Galil's is hard soos jy sê maar kyk ook na AR tipe gewere wat baie meer volop is deesdae en baie meer parte en bybehore opsies beskikbaar. Meeste Galil's wat in omloop is was surplus. Die korter lope beinvloed nie akkuraatheid nie net spoed. Die groefdraai is ook stadig en jy sal beperk wees tot ligter koeëls (55gr maks?). Klink in elk geval of jy klaar besluit het?
Sent from my SM-G900H using Tapatalk
Sent from my SM-G900H using Tapatalk
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7987
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Watter semi-auto sal julle aanbeveel?
Persoonlik het ek nie n LM of Galil oorweeg nie. Die AR platform gee jou net soveel meer opsies.