ons jagplaase ervaar ook maar die ding sleg.. manne book.. dan skuif dit.. dans daai naweek vol.. dan daai een.. dan kanseleer die ou en skuif aan soos die regeering die reels aanpas.. dis om van gek te word want niemand kan iets vasmaak nie... die 2 of 3 naweeke wat n ou oop gehou het vir n kort kennisgewing jag werk ook nie meer nie.. so ons sal maar sien as die hekke eendag oopgaan watter plaas kan wie akomedeer..
kom ons maak n som..
sê daars 1000 jagplase.. en daars 16 jag naweke..
mei is klaar verby.. so daai 4 naweke se ouens soek ander plek... nou lyk dit my junie is ook dalk uit.. nou sit jy met die helfte van die jagters wat nie plek het nie..
die julie en augustus is klaar vol..
waar druk ons daai eerste manne in..

?
ja die trofee plase gaan ouens vat...
week jagte en naweek jag is moontlik.. maar wie gaan nou tyd afkry om in week te jag..
die wild gaan mal wild geskiet word so die ouens gaan sukkel as jy baie druk op hulle sit..
wie help jy en wie wys jy weg..
ek moet geld maak maar ek gaat wragies nie n wors masjien jag aanbied nie... julle betaal tog immers vir stilte en vrede en n breuk van gejaag..en van druk jagte kom boggerops as ouens gedruk word vir tyd.. want volgende jagters reeds opad en als moet skoon en reg
ek gaat hom maar vat soos hy kom.. as jy bel en ek het plek praat ons oor almal se behoeftes en tyd...