Jag ons nie meer nie...?

Post Reply
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Jag ons nie meer nie...?

Post by FHM »

Dis al middel Mei en hier is seker nog net een of twee jagte geplaas - vrekweet kerels kan julle nie plan maak nie?
Laasjaar die tyd kon ons elke dag nuwe jagstories lees.
Ai manne my hart bloei vir julle.

Ek het darem gister vir my n 4 springbok jag vasgemaak so 30 Km van my af vir volggende Saterdag. 2 is myne en 2 vir n ander ou man.
Die springbokke is etter duur hier in die Noorde, 35 / karkas Kg, gaan my so 700 - 870 per bok uitwerk geskat op 20 - 25 Kg.
My dogter kom kuier volg naweek en ek wil dat sy haar eerste s/bok en wielneus skiet met die 6.5

Dan het ek nog daai kudu jag-ding waarmee ek so sukkel wat ek moet afhandel die seisoen - wag net dat die oom se familie klaar alles verwilder het en nog gewere laat val ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Jag ons nie meer nie...?

Post by Frederik »

Ons is ingehok al wil ons uit en gaan jag.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Jag ons nie meer nie...?

Post by FHM »

Frederik ek sien nog baie trane en beroertes voorle as ek so na julle regering se maatreels wat links en regs ingestel word kyk. Dis belaglik sommige van die dinge wat julle gedwing word om te doen. Sien julle word nou mooi vertel deur mamma regering watse klere ook om te dra. Siek!
Sterkte manne!
Last edited by FHM on Thu May 14, 2020 9:48 am, edited 2 times in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Jag ons nie meer nie...?

Post by J le Roux »

Dag FHM

Ten spyte van die inperking het almal in RSA virseker nie ophou rook en drink nie. Netso val die bokke wel, dit gebeur maar net stilletjies.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Jag ons nie meer nie...?

Post by Frederik »

Ons manne wat in groot Metropols bly is geskroef ons kan nie regtig baie beweeg nie nveral nie buite provinsie nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Jag ons nie meer nie...?

Post by Capt. Yoda »

FHM wrote: Thu May 14, 2020 6:39 am Dis al middel Mei en hier is seker nog net een of twee jagte geplaas - vrekweet kerels kan julle nie plan maak nie?
Laasjaar die tyd kon ons elke dag nuwe jagstories lees.
Ai manne my hart bloei vir julle.

Ek het darem gister vir my n 4 springbok jag vasgemaak so 30 Km van my af vir volggende Saterdag. 2 is myne en 2 vir n ander ou man.
Die springbokke is etter duur hier in die Noorde, 35 / karkas Kg, gaan my so 700 - 870 per bok uitwerk geskat op 20 - 25 Kg.
My dogter kom kuier volg naweek en ek wil dat sy haar eerste s/bok en wielneus skiet met die 6.5

Dan het ek nog daai kudu jag-ding waarmee ek so sukkel wat ek moet afhandel die seisoen - wag net dat die oom se familie klaar alles verwilder het en nog gewere laat val ;)

Hier vra die manne amper al R2000 n springbok en ek glo nie hulle gaan so groot soos daai van julle wees nie. Ons sal maar sien wanner ons gaan jag maar n “dagjag” is nou nie wat ek regtig voor op my bucketlist het nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Jag ons nie meer nie...?

Post by NicoSmit »

My jag vir Mei is reeds verby en nie een skoot is geskiet nie het darem nog 2 spaar datums vir Junie en Jullie ek hoop darem dat ons een datum kan gebruik
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Jag ons nie meer nie...?

Post by GreyGhostGear »

Sou darem self vanoggend vroeg Graaff Reinet se kant toe gery het. Iewers nou onder 'n boom in die Karoo 'n koffie gevat het. Is maar 'n hartseer saak, haha!
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: Jag ons nie meer nie...?

Post by naas222 »

ons jagplaase ervaar ook maar die ding sleg.. manne book.. dan skuif dit.. dans daai naweek vol.. dan daai een.. dan kanseleer die ou en skuif aan soos die regeering die reels aanpas.. dis om van gek te word want niemand kan iets vasmaak nie... die 2 of 3 naweeke wat n ou oop gehou het vir n kort kennisgewing jag werk ook nie meer nie.. so ons sal maar sien as die hekke eendag oopgaan watter plaas kan wie akomedeer..
kom ons maak n som..
sê daars 1000 jagplase.. en daars 16 jag naweke..
mei is klaar verby.. so daai 4 naweke se ouens soek ander plek... nou lyk dit my junie is ook dalk uit.. nou sit jy met die helfte van die jagters wat nie plek het nie..
die julie en augustus is klaar vol..
waar druk ons daai eerste manne in..????
ja die trofee plase gaan ouens vat...
week jagte en naweek jag is moontlik.. maar wie gaan nou tyd afkry om in week te jag..
die wild gaan mal wild geskiet word so die ouens gaan sukkel as jy baie druk op hulle sit..
wie help jy en wie wys jy weg..
ek moet geld maak maar ek gaat wragies nie n wors masjien jag aanbied nie... julle betaal tog immers vir stilte en vrede en n breuk van gejaag..en van druk jagte kom boggerops as ouens gedruk word vir tyd.. want volgende jagters reeds opad en als moet skoon en reg
ek gaat hom maar vat soos hy kom.. as jy bel en ek het plek praat ons oor almal se behoeftes en tyd...
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
Post Reply