Patroon belt vir 12 boor haelgeweer

Post Reply
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Patroon belt vir 12 boor haelgeweer

Post by Chris (vdB) »

More manne

Weet een van julle dalk waar ek n' lekker patroon belt kan koop wat 12 boor hael patrone kan vat. My pa het jare gelede n' belt gehad wat mens basis kan aantrek, hy kom om jou nek dan is dit soos n' voorskoot aan jou met die leer patroon belt gedeelte om jou middel. Ek sal daarvan hou om weer so iets te kan kry.

Ek hoor graag van julle

Groete
Chris
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: Patroon belt vir 12 boor haelgeweer

Post by Aceofspades »

Soek vir Frederik Rieger op fb. Hy maak leer tasse, sakke, belde ensomeer. Miskien kan jy iets op sapremiumbullets ook kry.

Kriek

User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Patroon belt vir 12 boor haelgeweer

Post by Chris (vdB) »

Baie dankie Kriek, ek gaan hom probeer

Mooi dag vir jou
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Patroon belt vir 12 boor haelgeweer

Post by tripodmvr »

'n Belt met patrone in en om jou middel is geneig om jou haelgeweer se kolf erg te krap.

Ek verkies 'n baadjie met groot sakke voor om ammo in een en doppe in die ander te hou. Baie haelgeweer skietbaadjies het dan ook drasakke agter waarin jou prooi gehou kan word. Dit alles verseker dat jou hande los is om die haelgeweer te kan hanteer en ook om nie doppe in die veld te los nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Patroon belt vir 12 boor haelgeweer

Post by Hein M. »

Pel van my maak ook belde professioneel. Kyk op FB by Simphony of Leather (Jacques Tredoux). Hy spesialiseer in die pasmaak van produkte. Jy sal stomgeslaan wees ;)

Groetnis!
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 670
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: Patroon belt vir 12 boor haelgeweer

Post by Nico de Jager »

Oom Tripod, + 1!!!!
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Patroon belt vir 12 boor haelgeweer

Post by Lategan1 »

Ek het geen newe ervaring met ‘n belt nie, inteendeel prakties - sien wat jy het aan linker en regterkant en haal vinnig af. Eenkant vir tarentaal en ander helfte vir eend.

‘n Belt hou jy altyd gelaai en gereed in jou kluis, gerieflik dat jy vinnig kan gryp.

Tripod, jy gaan maak dat ek nou vir merkies gaan soek!

My 2c.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Forester
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am

Re: Patroon belt vir 12 boor haelgeweer

Post by Forester »

Els&Co se belde is baie nice, net baie duur...

Ek gebruik ‘n ammo belt sonder probleme met krappe op die kolwe van my haelgewere.
Wynand

470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Patroon belt vir 12 boor haelgeweer

Post by alecjohnson »

Hein M. wrote: Thu May 14, 2020 10:38 am Pel van my maak ook belde professioneel. Kyk op FB by Simphony of Leather (Jacques Tredoux). Hy spesialiseer in die pasmaak van produkte. Jy sal stomgeslaan wees ;)

Groetnis!
Het hom ook aanbeveel oor PM, sy werk is tops, en hy gesels lekker!
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Patroon belt vir 12 boor haelgeweer

Post by Chris (vdB) »

Baie dankie vir al julle verwysings

Groete
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
Post Reply