Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Myne het ook gebreek, erger as joune. Haal hom uit, draai dit 180° (bokant onder) en sit hom terug. By myne het die gedeelte waar jy met jou duim vashou heeltemal afgebreek en op die grond geval en ek moes dit met Pratley Steel vasplak. Wanneer jy dit omdraai druk die hefboom egter aan die ander kant en is daar geen stremming op die afgebreekte gedeelte nie. Nou het jy tyd gewen tot na die "lockdown" .
Die betrokke onderdeel is tans nie meer te koop nie en die Challenger press wys sedert 2006 as "discontinued" . Jy kan dit oorkom deur die nuwer model se onderdele te koop. Daar is 'n "Lee Challenger Upgrade Kit", maar sterkte as jy een wil kry. Die gebreekte onderdeel word die "toggle links" genoem as jy dit wil soek. Ek het die volgende onderdele bestel en ingesit:
Jy herbou basies dan daardie gedeelte van jou challenger press tot op die standaard van die nuwe "Breech Lock Challenger press". Dit het my so R600 gekos, heelwat goedkoper as om 'n 30 jaar oue press met 'n nuwe een te vervang. Die nuwe "toggles" is van staal en sal nie weer soos die aluminium onderdele breek nie. Ek kon die meeste van die onderdele deur Zimbi bestel.
Die probleem is dat Zimbi toe is vir die duur van die "lockdown". Eers daarna kan jy bestel, as hulle die onderdele in voorraad het. Die belangrikste items is die Ram pin, lever clamp en toggles (x2). Probeer om alles by een winkel te kry, indien moontlik, andersins betaal jy vir posgeld by elke winkel.
Indien jy die toggle links so omdraai, kan jy dalk nog 'n paar jaar se diens kry terwyl jy wag vir die nuwe onderdele.
Duane Wessels van 480BC verkoop ook Lee Produkte, het nog net goeie diens van hom ontvang. Hy sal dalk ook kan help met die parte wat jy nodig het. https://www.480bc.co.za/
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Vleisie wrote:Duane Wessels van 480BC verkoop ook Lee Produkte, het nog net goeie diens van hom ontvang. Hy sal dalk ook kan help met die parte wat jy nodig het. https://www.480bc.co.za/
Ek kan ook met groot lof van Duane getuig. Dieselfde part by my gebreek, fotos gestuur en voor ek kon betaal toe stuur hy hom al.
Baie dankie Vleisie en Henk. Na die lockdown gaan ek hele paar mense moet kontak. Waardeer die mense se hulp op die forum.
Ek het die "toggle" omgedraai en kon darm vandag alles wat ek wou size. Glo dit is die ergste stremming wat die press sal vat tot ek weer kans kry om parte te bestel vir tyd en wyl.
As jy vir Lee Precision (die fabriek) 'n mooi e-pos stuur met foto sal hulle waarskynlik vir jou die onderdeel pos. Gratis. Dit mag net 'n wyle duur.
Die "toggle link" is die pers se "veiligheidsklep". Dit keer dat jy die pers se raam breek. Ek het die fout gemaak om myne met 'n selfgeboede staal onderdeel te vervang. Raai wat het volgende gebreek..
Dit is Lee se webtuiste self wat aandui dat jy die nuwe onderdele (van staal) moet aankoop. Hulle hou nie meer die ou aluminium toggle links aan nie. Die ou toggle links was nie bedoel as 'n veiligheidsklep nie, maar was eintlik die een swak plek in die ontwerp.
Sou jy self een wou maak, moet jou toleransies en afmetings presies wees. Indien nie is daar inderdaad die risiko dat stremming op ander dele van die pers skade sal veroorsaak.