LEE Press part nodig

Post Reply
Speen
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Nov 24, 2013 9:04 am

LEE Press part nodig

Post by Speen »

Middag manne.

Sal ek die part iewers los kan koop?

Dis die pivot deel wat die press se shaft opstoot as handvatsel afdruk (as dit sin maak)

Die press is redelik oud, so weet nie of mens dit spesifieke een se parte nog kry nie. Image
CZ 550 LUX .308
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: LEE Press part nodig

Post by tripodmvr »

Daardie onderdeel is vervang met een wat uit "yster" vervaardig is.

https://leeprecision.com/roller-handle-upgrade-kit.html
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Speen
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Nov 24, 2013 9:04 am

Re: LEE Press part nodig

Post by Speen »

Dankie oom Marius.

Slegte tyd dat dit vandag moet gebeur. Nou gaan die "lockdown" eers lank wees!
CZ 550 LUX .308
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 960
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: LEE Press part nodig

Post by OosKaapJagter »

Myne het ook gebreek, erger as joune. Haal hom uit, draai dit 180° (bokant onder) en sit hom terug. By myne het die gedeelte waar jy met jou duim vashou heeltemal afgebreek en op die grond geval en ek moes dit met Pratley Steel vasplak. Wanneer jy dit omdraai druk die hefboom egter aan die ander kant en is daar geen stremming op die afgebreekte gedeelte nie. Nou het jy tyd gewen tot na die "lockdown" .

Die betrokke onderdeel is tans nie meer te koop nie en die Challenger press wys sedert 2006 as "discontinued" . Jy kan dit oorkom deur die nuwer model se onderdele te koop. Daar is 'n "Lee Challenger Upgrade Kit", maar sterkte as jy een wil kry. Die gebreekte onderdeel word die "toggle links" genoem as jy dit wil soek. Ek het die volgende onderdele bestel en ingesit:

1) OF3221 - Ram Pin - http://leeprecision.com/ram-pin-step.html
(1) OF3613 - Lever Clamp - http://leeprecision.com/Press-Lever-Clamp.html
(1) OF3609 - Washer - http://leeprecision.com/1-3-16-steel-washer.html
(1) FO2113 - Bolt - http://leeprecision.com/1-1-4-5-16-18-bolt.html
(2) OF2853 - Toggles - http://leeprecision.com/bl-challenger-toggle.html

Jy herbou basies dan daardie gedeelte van jou challenger press tot op die standaard van die nuwe "Breech Lock Challenger press". Dit het my so R600 gekos, heelwat goedkoper as om 'n 30 jaar oue press met 'n nuwe een te vervang. Die nuwe "toggles" is van staal en sal nie weer soos die aluminium onderdele breek nie. Ek kon die meeste van die onderdele deur Zimbi bestel.

Hoop dit help.
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: LEE Press part nodig

Post by Dolf014 »

My press het dieselfde gedoen.
Ek het toe so 'n "skoen" van 3mm flatbar gebou.

As lockdown verby is kan ek somer die hele press vir jou stuur.

Lee 3.jpg
Lee 2.jpg
Lee 1.jpg
Dag my Oom.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Dolf014 on Tue Mar 31, 2020 7:17 am, edited 1 time in total.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
Speen
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Nov 24, 2013 9:04 am

Re: LEE Press part nodig

Post by Speen »

Baie dankie vir jou waardevolle insette.

Ek gaan hom so omdraai en 'n kans gee.

Het jy lank gewag vir jou parte? Sal nou bestel en dan weet mens hy is reg vir nog paar jare se diens.
CZ 550 LUX .308
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 960
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: LEE Press part nodig

Post by OosKaapJagter »

Die probleem is dat Zimbi toe is vir die duur van die "lockdown". Eers daarna kan jy bestel, as hulle die onderdele in voorraad het. Die belangrikste items is die Ram pin, lever clamp en toggles (x2). Probeer om alles by een winkel te kry, indien moontlik, andersins betaal jy vir posgeld by elke winkel.

Indien jy die toggle links so omdraai, kan jy dalk nog 'n paar jaar se diens kry terwyl jy wag vir die nuwe onderdele.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: LEE Press part nodig

Post by wlm »

Een van die groot handelaars in Gauteng is die agente vir LEE. Ek kan nou net nie op die naam kom nie. Die parte is heel billik beskikbaar.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: LEE Press part nodig

Post by wlm »

Nicolas Yale
Speen
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Nov 24, 2013 9:04 am

Re: LEE Press part nodig

Post by Speen »

Dolf, ek praat met jou sodra die lockdown oor is. Dit lyk of ek tydelik gaan regkom om die toggle om te draai en met Pratley steel vas te plak.

Dankie. Ek sal Nicolas Yale ook kontak sodra die lockdown oor is.
CZ 550 LUX .308
zipp
Full Member
Full Member
Posts: 117
Joined: Tue May 14, 2013 9:03 pm

Re: LEE Press part nodig

Post by zipp »

Nicolas yale hanteer nou net groothandel. Reel met jou geweerwinkel.
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1881
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: LEE Press part nodig

Post by Rudi Fischer »

zipp wrote:Nicolas yale hanteer nou net groothandel. Reel met jou geweerwinkel.
Sal vir jou die part by hulle kan kry sodra lockdown klaar is.
Hulle is toe op die oomblik.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: LEE Press part nodig

Post by Vleisie »

Duane Wessels van 480BC verkoop ook Lee Produkte, het nog net goeie diens van hom ontvang. Hy sal dalk ook kan help met die parte wat jy nodig het.
https://www.480bc.co.za/
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
User avatar
henk.spioenkop
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 298
Joined: Thu Jul 30, 2015 12:45 pm

Re: LEE Press part nodig

Post by henk.spioenkop »

Vleisie wrote:Duane Wessels van 480BC verkoop ook Lee Produkte, het nog net goeie diens van hom ontvang. Hy sal dalk ook kan help met die parte wat jy nodig het.
https://www.480bc.co.za/
Ek kan ook met groot lof van Duane getuig. Dieselfde part by my gebreek, fotos gestuur en voor ek kon betaal toe stuur hy hom al.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Speen
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Nov 24, 2013 9:04 am

Re: LEE Press part nodig

Post by Speen »

Baie dankie Vleisie en Henk. Na die lockdown gaan ek hele paar mense moet kontak. Waardeer die mense se hulp op die forum.

Ek het die "toggle" omgedraai en kon darm vandag alles wat ek wou size. Glo dit is die ergste stremming wat die press sal vat tot ek weer kans kry om parte te bestel vir tyd en wyl.
CZ 550 LUX .308
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: LEE Press part nodig

Post by andre007 »

Camdix het, 24/7 het ook gehad
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1878
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: LEE Press part nodig

Post by Alwin »

As jy vir Lee Precision (die fabriek) 'n mooi e-pos stuur met foto sal hulle waarskynlik vir jou die onderdeel pos. Gratis. Dit mag net 'n wyle duur.

Die "toggle link" is die pers se "veiligheidsklep". Dit keer dat jy die pers se raam breek. Ek het die fout gemaak om myne met 'n selfgeboede staal onderdeel te vervang. Raai wat het volgende gebreek..
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 960
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: LEE Press part nodig

Post by OosKaapJagter »

Dit is Lee se webtuiste self wat aandui dat jy die nuwe onderdele (van staal) moet aankoop. Hulle hou nie meer die ou aluminium toggle links aan nie. Die ou toggle links was nie bedoel as 'n veiligheidsklep nie, maar was eintlik die een swak plek in die ontwerp.

Sou jy self een wou maak, moet jou toleransies en afmetings presies wees. Indien nie is daar inderdaad die risiko dat stremming op ander dele van die pers skade sal veroorsaak.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: LEE Press part nodig

Post by wlm »

My vervanging was ook van staal.
Andre,ek het ook goeie diens by 24/7hunter gekry.
Post Reply