3006 kwes kopseeeeeer!!!

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
User avatar
3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by 3006 »

Jagters dok

Ja maar daar is nie 165g accubond nie net partitions. Gaan daar n groot verskil in lading wees tussen Hornady 165g interbond en die Noslers? Ek vra die ou met die kennis!

Groete
Gerard

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by Gerard »

3006,
Wanneer mens sukkel met 'n geweer wat nie wil groepeer nie en as mens al so vier of vyf verskillende koeels probeer laai het, sal ek geld daarop sit dat dit nie die koeels is nie.  Daar is net een manier om die probleem uit te snuffel en dit is deur van 'n kant af die stelsel op te meet.  Daar is baie wat mens self kan doen, of met die hulp van 'n ingenieurs werkswinkel kan doen.  Dit help nie om geld (tyd en koeels) in 'n bodemlose put in te gooi nie.  Die saak word net al hoe duurder.  Laat weet as ek kan help.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by Jagtersdok »

Koop net een pak van die Nosler 165gr Balistic tip Hunting 165gr en kyk wat maak hulle. die konstruksie is baie naby amper identies die Accubond.
Die konstruksie tussen die Interbonds en Nosler verskil erg, die Hornady se boatail baie langer en die angle ook skerper na die punt van die koeel.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by JPS »

Dok,
Ek sit met presies dieselle probleem as 3006. Niemand blyk 165 balistic tips te he ook nie.

As iemand weet wie Accubonds en balistic tips in 165/rein het laat weet maar.

Groete
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by Jagtersdok »

Ek het dood seker gemaak safari outdoor het 165gr Nosler Balistic tip Hunting R200/50 en daar is 50 pakkies beskikbaar.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by 3006 »

Hallo Dok

Wat gaan daai punte met varkies en rooibokke maak? Behalwe dood hoe lyk vleisskade? Enige opinies oor Nosler se combined technologies? Ek verbeel my die bc is effens hoer?

Groete
Cobus
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by Jagtersdok »

Die Accubond is bonded en breek nie so maklik op nie.
Die Balistic tip Hunter se koper jacket agter na die skag toe is baie dikker as die varmint wat 'n baie dun koper jacket het van die punt tot die basis van die koeel. met die 3006 as jy nou nie die ding wil spoed vraat wees nie, sal jy baie goeie resultate kry met die BT hunter, gaan bietjie meet vleis mors as Accubond of ander premium koele, maar hy sal mooi werk

Ek is nie man wat van coated bullets hou nie, veral nie moly nie. Ek weet dis nie Molly nie, maar ja nogsteeds gecoat. Ek dink nioe dit is beter koeel wat doodmaak vermoe betref nie, ek glo ook nie die akuraadheid gaan werklik verskil wees in jag geweer nie. Maar loop skoon maak mag dalk nie so lekker wees nie.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by 3006 »

Hallo Neels

Dankie vir die info, ek weet ek is verskriklik lastig maar ek wil altyd die hoekom en waaroms weet . Wat volgens jou is verkeerd met die Hornady interlock of selfs die bonded? Prys,konstruksie of akkuraatheid?

Groete
Laspos
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by Tiny »

Joh.. Dis darm maar nie lekker om hierdie topic te lees as jy 'n aansoek vir 'n CZ 30-06 in het nie.. Hoop maar net myne maak nie so nie.. Sterkte 30-06.. Hoop jy sort die ou gou gou uit.. Ek het self 'n sagte plek vir die kaliber..
Groete
Tiny
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by Jagtersdok »

Daar is Glad nie fout met Hornady Interbond nie. Die Boatail is bietjie lank en partykeer maaak dit dat die load developement bietjie meer tricky en vol fiemies is, maar dit bly premium koeel.

Die Hornady interlock is baie sag en breek maklik op, volgens my een van die swakker koeels op die mark
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by DWB »

Tiny wrote: Joh.. Dis darm maar nie lekker om hierdie topic te lees as jy 'n aansoek vir 'n CZ 30-06 in het nie.. Hoop maar net myne maak nie so nie.. Sterkte 30-06.. Hoop jy sort die ou gou gou uit.. Ek het self 'n sagte plek vir die kaliber..
Groete
Tiny
Tiny my CZ 3006 se aansoek is ook in, maar ek verseker jou hulle skiet raak.

Hierdie nulkwes kwes nie!!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by JPS »

Dok,

Dankie vir die info. Het sopas die mail ook van die nosler uitverkoping van S&O gekry. Jammerte hulle het nie accubonds nie. Maar BT sal werk vir lading uitwerk.

Groete
JP
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by Tiny »

DWB..
Ek hoop regtig so.. Dis my 1ste geweer wat ek koop en dit gaan vir 'n hele ruk my enigste 1 wees.. So ek is nie lus vir sukkel nie.. Haha..
Groete
Tiny
User avatar
3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by 3006 »

More almal

Tiny ek dink dis dalk n kombinasie van die vrot batch 365 lot 061 en die punte gewees. Ek het 2 blikke kruit gehad en amper n hele een uit probeer. Die een oomblik lyk dit of dit werk en die volgende wil jy jou polse met n stomp provita afsny. Gelukkig is daar forums soos die en manne wat ken. Sodra my Baas my weer n naweek uitlos kan ek n paar dinge gaan probeer en ek glo dit gaan goed uitdraai. Onthou n geweer is nie soos n vrou nie, as jy eers daai sweetspot uitgewerk het val als in plek en dan loop dinge so lekker soos n muis met slippers.
Groetnis
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by DWB »

Tiny,

Selle aan my kant, ook my eerste geweer.

Maar hy gooi regtig mooi en het darrem al met fabrieks ammo 'n Swartwildebees en Rooibok met 1 skoot elk platgetrek
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by fanie17 »

Julle manne met die CZ moenie bekommerd wees nie,daai gewere is werks gewere en skiet altyd.

3006 het jy al met ander patrone probeer en hoe lyk die pas in daai sintetiese kolf.Ek het al n paar keer gekry dat sinteties probleme maak,is besig om my sinteties almal af te haal en sit lamenate op.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by pietjacobs »

3006,

Ek het hierdie hele jag seisoen gejag met daai Accubonds. Baie lekker punt en vreeslik akuraat. Ons het een springbok, wat BAIE ver was, op die blad geskiet en ander kant uit en ek moet erken, ek het gedink daai blaaie gaan ons weg gooi, maar dit was glad nie die geval. Vir die groter wild, het ek 'n Blou Wildebees van voor geskiet in die nek in, dis al wat ek werklik kon mooi sien deer die takke, en daai Accubond het defnitief vir my daar baie gehelp. Daai bees het al te mooi net daar geval.

My plan is om die Ballistic Tip volgende jaar te gebruik vir die FS jag op daai springbokke, die Accubonds word bietjie duur om te skiet daar.  ;D Die Accubonds sal ek dan vir die bos gebruik
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
BUSH1
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Wed Apr 21, 2010 3:58 pm

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by BUSH1 »

jy kan ook 165 gr hornady sst probeer , redelike sagte punt maar werk vir my goed  S 335 @ 47.5 GR 0.5 inch  groeperings , met barnes X en die res monolitics met S 365 het ek gesukkel om onder 1.5 duim te kom ,

ps ek gaan nou nie eland agter die blad probeer skiet met die setup nie
User avatar
3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by 3006 »

Hallo Fanie

Ek het nog net PMP probeer maar die spoed was baie laag en groepe sleg, ek het dat my wapensmid na die kolf kyk en hy reken als is ok. Ek moet nou maar net ander punte probeer saam met die nuwe kruit.


Groetnis
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by Jagtersdok »

SST= Super Shock Tip, breek erg op, maak hel baie vleis skade
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by fanie17 »

Dit is waar dat Hornady sst op breek,is egter baie akuraat.Jy kan ook kyk na Hornady interlock,is sterker en nog steets akuraat,daar is by VLT.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by 3006 »

More Neels

Ek gaan more my 2 pakkies 165g BT's by S&O haal. Jy se as ek nie n spoedvraat is nie die outjies sal werk vir jag. Ok jy het 2800v/s voorgestel vir die accubonds wat dalk n bietjie hoog is vir die BT's vir jag volgens my beperkte kennis, het jy dalk n voorstel of bly ek by my 2800 v/s totdat ek accubonds kan kry? Sien ek gaan die 13de Aug bietjie jag en die beplanning is  vir rooibokke maar jy weet mos hoe dit werk as jy  Rooibokke soek kry jy net Blouwildebeeste. Skootplasing agter die blad op Bwb met n BT? Wat dink jy?

Groete
Cobus
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by Jagtersdok »

Jy kan maar daai spoed van 2800 hou.
Bloubees op die blad sal nie ver gaan nie, die balistic Tip hunting mushroom baie mooi tot op 2900ft/sec met genoeg penetrasie en nie so erg opbreek nie
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by 3006 »

Middag Neels

Dankie vir die info, nou kan die sports weer van vooraf begin.

Groetnis.
User avatar
3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!

Post by 3006 »

Hallo Jagtersdok

Ek was Saterdag op die baan,S365 56g en 56.5g gee so 2700v/s met 25mm en 32mm(mooi klawer,sal bietjie met lengte speel) 57g maak weer heeltemal oop. Baie dankie vir almal se bydrae.

Ek het nie groepe probeer skiet nie maar daai claws hardloop teen 2760v/s so my groot probleem was daai Lot 061 kruit gewees.

Groete
Post Reply