Wys jou kaliber

Post Reply
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Wys jou kaliber

Post by Andre308 »

Ek vind myself baie op die internet opsoek na kalibers en dop ontwerpe wat ek nognie gesien het nie.

As jy n kaliber/dop ontwerp het wat nie baie algemeen is nie, kom plaas n foto hier saam met n bekende rondte dat mens darm n bietjie die ontwerp in skaal kan sien.

Gee ook die voordele van die ontwerp, sy werk verrigting en die nadele wat jy ontdek het nadat jy die kaliber begin gebruik het.

Ek hoop hierdie draad raak lekker besig sodat ek my volgende projek se kaliber hieruit kan kies.

Groete
Andre



ps. Moenie jou 7mm Rem mag hier kom gooi oor hy skewe dop het oor jou GS se reamer stomp was nie...😂
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Wys jou kaliber

Post by jankraay »

Image

.338 Lapua Ackley Improved. Ek het nou nie n gewone rondte nie maar die voordeel hier is spoed en nog spoed...

Skiet die 300gr Berger Hybrid teen 3035vps uit n 32.5” loop.

Geweer het 600 skote deur hom en daai lands lyk baaaaie mooi.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Wys jou kaliber

Post by alecjohnson »

WhatsApp Image 2019-12-15 at 01.17.45.jpeg
lings na regs 223Rem, 5.6x50, 222 Rem

die 5.6x50 word maar min gesien, kan nie die druk van 223Rem hanteer nie en maak dit dus minder populer. Laas wat ek gehoor het is daar net een winkel in Nam wat die doppe verkoop.

Ek het die dop gekry by 'n vriend van my wat 'n vrek ou maar pragtige 5.6x50 .22LR en 12BR Driling geweer.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Wys jou kaliber

Post by JPS »

Alec, baie interesant. Eerste keer wat ek so 5.6x50 patroon sien.
ThinusS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 317
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: Wys jou kaliber

Post by ThinusS »

Nie my kaliber nie maar 'n Amerikaanse jagter het 'n paar jaar gelede by ons gejag met 'n 7mm Dakota kaliber pistool. Die enkelskoot "pistool", meer 'n ge-amputeerde geweer, is op 'n Remington XP aksie gebou. Die 7mm Dakato gooi, volgens die eienaar, 'n 180gr Berger VLD teen 2900 fps. Die "pistool" is akkuraat, indien jy 'n goeie rus het, gemaklik om mee te skiet en moer luiddrugtig.

Die 7mm Dakota patroon (links) langs 'n .300 win mag patroon.

Image

Die wapen in die jagveld (dit was 'n kouerige oggend).

Image
GerhardV
Full Member
Full Member
Posts: 127
Joined: Mon Nov 28, 2011 2:39 pm

Re: Wys jou kaliber

Post by GerhardV »

Hi Thinus,

Baie dankie vir die deel van die Dakota. Dit is 'n ongewone kaliber wat my oog al gevang het. Dis 'n gesukkel om doppe in die hande te kry, en as ek dit reg het, het Hornady doppe vir hom gemaak. Ek het 'n voorliefde vir die 7mm kalibers, en skiet self 'n 280AI.

Groete,
Gerhard
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Wys jou kaliber

Post by JPS »

Het hom nog nie in hande nie maar die is wat my Victrix Rsaum gaan word sodra lisensie goedgekeur word.
My Magnum boltbody vir my barnard het ook velede week gearriveer so die een 284Win sal ook 7SS (Short Sherman) word.

Dit is basies 7Rsaum waarvan body taper uitgeblaas is en nek langer gemaak word deur body af te druk en skouers skerper gemaak word.

Gelukkig het ‘n vriend al klaar al die R&D gedoen vir ons in terme van koeels spoed brass fireforming ens.
Basies skiet jy ‘n 184 hybrid tot naby of oor 3000fps as jy wou. Die groot rede vir my om die SS te skiet en nie Rsaum nie is looplewe.
Agv die langer nek en skerper skouers behoort ons beter looplewe te kry as die 900–1200 skote wat die manne wat die Rsaum op die 2940fps node skiet.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wys jou kaliber

Post by Capt. Yoda »

Daai is die nommer, dit gaan my volgende kaliber ook wees nou dat daar dam n reamer of 2 in die land is en ons nie meer self met Oom Sherman hoef te sukkel nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Wys jou kaliber

Post by Andre308 »

Dankie vir julle insette sover.

Jan, wat is H2O kapasiteit van daardie 338 LMAI?

Daardie 7mm Dakota lyk of hy sal lekker jol met n lang pyp maar die speel sal van korte duur wees.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Wys jou kaliber

Post by jankraay »

Andre308 wrote:Dankie vir julle insette sover.

Jan, wat is H2O kapasiteit van daardie 338 LMAI?

Daardie 7mm Dakota lyk of hy sal lekker jol met n lang pyp maar die speel sal van korte duur wees.
Dop volume is so om en by 124-125gr hang af van watse doppe jy gebruik.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Wys jou kaliber

Post by Arnold »

jankraay wrote:Image

.338 Lapua Ackley Improved. Ek het nou nie n gewone rondte nie maar die voordeel hier is spoed en nog spoed...

Skiet die 300gr Berger Hybrid teen 3035vps uit n 32.5” loop.

Geweer het 600 skote deur hom en daai lands lyk baaaaie mooi.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk
Daai lyk bitter mooi!

Watse poeier gooi jy?

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Post Reply