Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek vind myself baie op die internet opsoek na kalibers en dop ontwerpe wat ek nognie gesien het nie.
As jy n kaliber/dop ontwerp het wat nie baie algemeen is nie, kom plaas n foto hier saam met n bekende rondte dat mens darm n bietjie die ontwerp in skaal kan sien.
Gee ook die voordele van die ontwerp, sy werk verrigting en die nadele wat jy ontdek het nadat jy die kaliber begin gebruik het.
Ek hoop hierdie draad raak lekker besig sodat ek my volgende projek se kaliber hieruit kan kies.
Groete
Andre
ps. Moenie jou 7mm Rem mag hier kom gooi oor hy skewe dop het oor jou GS se reamer stomp was nie...
die 5.6x50 word maar min gesien, kan nie die druk van 223Rem hanteer nie en maak dit dus minder populer. Laas wat ek gehoor het is daar net een winkel in Nam wat die doppe verkoop.
Ek het die dop gekry by 'n vriend van my wat 'n vrek ou maar pragtige 5.6x50 .22LR en 12BR Driling geweer.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Nie my kaliber nie maar 'n Amerikaanse jagter het 'n paar jaar gelede by ons gejag met 'n 7mm Dakota kaliber pistool. Die enkelskoot "pistool", meer 'n ge-amputeerde geweer, is op 'n Remington XP aksie gebou. Die 7mm Dakato gooi, volgens die eienaar, 'n 180gr Berger VLD teen 2900 fps. Die "pistool" is akkuraat, indien jy 'n goeie rus het, gemaklik om mee te skiet en moer luiddrugtig.
Die 7mm Dakota patroon (links) langs 'n .300 win mag patroon.
Die wapen in die jagveld (dit was 'n kouerige oggend).
Baie dankie vir die deel van die Dakota. Dit is 'n ongewone kaliber wat my oog al gevang het. Dis 'n gesukkel om doppe in die hande te kry, en as ek dit reg het, het Hornady doppe vir hom gemaak. Ek het 'n voorliefde vir die 7mm kalibers, en skiet self 'n 280AI.
Het hom nog nie in hande nie maar die is wat my Victrix Rsaum gaan word sodra lisensie goedgekeur word.
My Magnum boltbody vir my barnard het ook velede week gearriveer so die een 284Win sal ook 7SS (Short Sherman) word.
Dit is basies 7Rsaum waarvan body taper uitgeblaas is en nek langer gemaak word deur body af te druk en skouers skerper gemaak word.
Gelukkig het ‘n vriend al klaar al die R&D gedoen vir ons in terme van koeels spoed brass fireforming ens.
Basies skiet jy ‘n 184 hybrid tot naby of oor 3000fps as jy wou. Die groot rede vir my om die SS te skiet en nie Rsaum nie is looplewe.
Agv die langer nek en skerper skouers behoort ons beter looplewe te kry as die 900–1200 skote wat die manne wat die Rsaum op die 2940fps node skiet.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Daai is die nommer, dit gaan my volgende kaliber ook wees nou dat daar dam n reamer of 2 in die land is en ons nie meer self met Oom Sherman hoef te sukkel nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.