Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by OosKaapJagter »

Hansieslim, ek dink jy verstaan jdpretorius verkeerd. Hy opper 'n baie geldige punt, nl dat die Eskom beurtkrag nie goed is vir elektriese toebehore nie. Ek het verlede jaar 'n hele vrieskas met vrot vleis loop weggooi. By my huis staan 'n dooie kroeg yskas en mikrogolf wat ek nog moet invat om te kyk of dit herstel kan word. My seun het dit in sy koshuiskamer gebruik op universiteit en ek moes nuwes koop om hom aan die gang te hou.
Ek glo dus nie 'n yskas, vrieskas en mikrogolf is een jaar, almal blootgestel aan Eskom "load-shedding" is blote toeval nie.
Ek weier om die woord beurtkrag te gebruik. Die Engelse "load-shedding" beskryf die soveel beter; dit is iets wat jy op die toilet ook doen!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

jdpretorius wrote: Mon Dec 09, 2019 9:18 am
Plaashaas wrote: Wed Dec 04, 2019 2:00 pm
jdpretorius wrote: Sun May 19, 2019 9:02 am Ek wil net n groot dankie sê vir die mooi en baie netjiese installasie deur Nalle hulle an al julle harde werk. Ook vir Peet (Pvdw) vir jou raad en kopkrap met die DB bord se bedrading en COC wat hy vir my nog gaan doen....dankie manne, julle is kampioene !
IMG_20190519_083510.jpgIMG_20190519_085351.jpg

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Watse panele het jy daar op?
Ek neem aan dit is 9 panele maar as ek hul probeer tel lyk dit soos 8?

Jou batterye is die Pylontech 2000 & 3000?

As jy nog enige iets nou sal bylas op jou stelsel, wat sal dit wees?
Jammer ek replay nou eers Plaashaas ...... ek's net mal besig by die werk en roof-kyk net so no en dan

Ek moes nou eers na Nella se quote gaan kyk ..... dit is 9 x 275w JA Solar Panels en Pylon US 2000B 2.4kwh li-ion Battery Pack
Met al die reen die laaste week laai die batterye nie vol nie en is maar nog aangewese op escom om te help. Die stelsel help wel dat die "load shedding" my glad nie affekteer nie.
As geld nie 'n knelpunt was nie sou ek die stelse wou verdubbel in grote.....maar vir die NOU oorweeg ek een ekstra bettery en dalk nog 3 x panele en/of 'n wind terbune. Ek kan net nie regtig goeie info kry oor wind terbunes nie
Jy sal verbaas wees wat daai ekstra 3 panele doen. Dit verander jou hele dinamika van jou panele se Voltage en kapasiteit wat daarmee saam help dit dat jy vroeër die oggend en later die middag goeie opwekking het.

Daai 3de battery doen ook wondere. Ek het met net 1 Pylon 3000 begin maar het gou die 2de 1 by gekoop. Nie net die ekstra kapasiteit nie maar die ekstra Amps het my sisteem te grafieke en self gebruik totaal en al verander. Ek mik mik nou vir daai 3de 1 maar die sal eers kom as die nuwe skip land.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Pvdw »

OosKaapJagter wrote: Mon Dec 09, 2019 3:50 pm Hansieslim, ek sien hierbo dit gaan so amper 8 jaar vat vir die stelsel om homself af te betaal. Hoeveel laaisiklusse kan so battery hanteer alvorens dit vervang moet word?
Hoeveel jaar bly so sonpaneel effektief voordat 'n mens moet begin dink aan vervanging? Uit die aard van die panele se gebruik is dit iets wat permanent aan die elemente blootgestel word.

Ek is 'n totale leek met hierdie ding wat jy nie kan sien nie, maar wat jou knyp as jy aan hom vat. In my onkunde dink ek egter dat geldbesparing dalk nie so noemenswaardig is vir die individu as wat 'n mens sou wou glo nie.

Intussen wys jy darem so lekker figuurlike middelvinger vir Eskom en die regering! Hulle kry niks verdere BTW uit jou kragverbruik nie, tensy jy komponente moet vervang.
Meeste Litium batterye lewer so +/- 6000 sikluse rondom 80% omlaai. Dis egter die specks. Hulle beloof ook dan 70% van die oorspronklikke kapasiteit na 10 jaar. Lewens tydperk is rondom 15 jaar.

Panele se leeftyd raak al beter soos tyd aangaan. Die algemene leeftyd is rondom 20-25 jaar met so 80-82% efektiwiteit na 25 jaar.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Pvdw »

My sisteem is nou baie na aan klaar.

Ek het nou 20x 275W JA panele,
GOODWE 4.6kW inverter
2X Pylon 3500 Batterye.

Ek beplan wel 'n 3 de Pylon vir later maar vir eers doen ek goed met so 4-6 uur se backup van my huis se basiese lading wat alle ligte, yskas, 2 vrieskaste, TV, water booster pomp, Wi Fi en 2 rekenaars insluit. Het gister sommer klere gewas en skottelgoedwasser ook laat loop tydens loadshedding. Na 2 ure was battery 80% vol.

Ek het nie solar gegaan om te kyk hoe vinnig ek dit kan terug maak nie. My uitgangspunt was wel besparing maar die naweek se 7x loadsheddings waarvan ons nie 1 keer sonder krg gesit het nie het vir my die voordeel van gemak en sekuriteit net weer bevestig. Die skade van loadshedding aan elektriese toerusting dink ek is maar net 'n byvoordeel wat ek nie eers aan gedink het voor ek dit hier gelees het nie.
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by JK »

Pvdw wrote: Mon Dec 09, 2019 5:53 pmEk beplan wel 'n 3 de Pylon vir later maar vir eers doen ek goed met so 4-6 uur se backup van my huis se basiese
Dit is ongelukkig die problem met batterye, hulle is die duurste item, maar hulle moet eintlik die ligste werk om te hou, so man moet eintlik nie daar bespaar nie. :)
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Pvdw »

JK wrote: Mon Dec 09, 2019 6:06 pm
Pvdw wrote: Mon Dec 09, 2019 5:53 pmEk beplan wel 'n 3 de Pylon vir later maar vir eers doen ek goed met so 4-6 uur se backup van my huis se basiese
Dit is ongelukkig die problem met batterye, hulle is die duurste item, maar hulle moet eintlik die ligste werk om te hou, so man moet eintlik nie daar bespaar nie. :)
Jy slaan die spyker op die kop!!

As ek nou kwoteer stel ek eerder minder panele en soms selfs kleiner inverter voor met die idee om meer battery kapasiteit te intalleer. Die beste en grootste inverer beteken boggerol sonder gelaaide batterye.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by jdpretorius »

Hansieslim wrote:jdpretorius

Regtig jammer om van jou verlies te hoor. In 6 maande het ek egter nog geen skade nie. Glo jy vas die rede vir jou verlies, was jou solar sisteem?

Dink julle die kans is groot dat iemand wat met sy eie geld na solar oorgeskakel het, maadeliks n bedrag aan die stadsraad sal moet oorbetaal? Die vraag is dan aan wie is hulle veronderstel om dit aan oor te betaal? Die son?

Die doel van my deelname aan hierdie onderwerp is om julle positief te stem en te motiveer om oor te skakel na solar.
Hansie, Ooskaap het dit reg.....my verliese skryf ek toe aan eskom en dus een van die groot redes dat ek oor is solar toe. Veral yskaste lyk my wil eerder werk as wat hulle af is, al is hulle leeg. Ek moet ook sê dat die vrieskas al 10jaar oud was maar kan dit nie sien as n geldige rede vir sy breek nie.

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by jdpretorius »

Pvdw wrote:
jdpretorius wrote: Mon Dec 09, 2019 9:18 am
Plaashaas wrote: Wed Dec 04, 2019 2:00 pm Watse panele het jy daar op?
Ek neem aan dit is 9 panele maar as ek hul probeer tel lyk dit soos 8?

Jou batterye is die Pylontech 2000 & 3000?

As jy nog enige iets nou sal bylas op jou stelsel, wat sal dit wees?
Jammer ek replay nou eers Plaashaas ...... ek's net mal besig by die werk en roof-kyk net so no en dan

Ek moes nou eers na Nella se quote gaan kyk ..... dit is 9 x 275w JA Solar Panels en Pylon US 2000B 2.4kwh li-ion Battery Pack
Met al die reen die laaste week laai die batterye nie vol nie en is maar nog aangewese op escom om te help. Die stelsel help wel dat die "load shedding" my glad nie affekteer nie.
As geld nie 'n knelpunt was nie sou ek die stelse wou verdubbel in grote.....maar vir die NOU oorweeg ek een ekstra bettery en dalk nog 3 x panele en/of 'n wind terbune. Ek kan net nie regtig goeie info kry oor wind terbunes nie
Jy sal verbaas wees wat daai ekstra 3 panele doen. Dit verander jou hele dinamika van jou panele se Voltage en kapasiteit wat daarmee saam help dit dat jy vroeër die oggend en later die middag goeie opwekking het.

Daai 3de battery doen ook wondere. Ek het met net 1 Pylon 3000 begin maar het gou die 2de 1 by gekoop. Nie net die ekstra kapasiteit nie maar die ekstra Amps het my sisteem te grafieke en self gebruik totaal en al verander. Ek mik mik nou vir daai 3de 1 maar die sal eers kom as die nuwe skip land.
Hi daar Peet, bly om te sien jy skop nog.
Ja, ek dink nie ek sal dan al die stoof en A/C ook op solar kan gooi nie maar sal dalk sorg dat ek nie vroeg oggend op eskom hoev te gan nie en dalk beter kapasiteit hê vir tye wat die weer bietjie pla, soos nou

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

jdpretorius wrote: Mon Dec 09, 2019 7:43 pm

Presies net so. Jy is nou vroeër tot later onafhanklik van ESKOM en as dit bewolk is doen jy baie beter. Selfs in die reënweer wat ons nou het het ek gereels 500-1000W geginereer wat gereeld meer was as my huis se basis lading van rondom 600W deur die dag.

Bottomline is dat daai ekstra panele die moeite werd is.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Pvdw »

So lyk my sisteem eers met 1 battery en nou met 2. Ek het plek vir 4 op die brackets.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

Gepraat van yskaste en Vrieskaste. Deel van my huidige instalsie is om my lapa klaar direk van die solar te trek. Dit sluit in n kis vrieskas en yskas. My beplanning was om die twee op aparte timers te sit om deur die nag af te skakel en weer in die oggend aan te kom (Met n 30min verskil tussen die twee). Is dit n fout?
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by jdpretorius »

Plaashaas wrote: Tue Dec 10, 2019 7:36 am Gepraat van yskaste en Vrieskaste. Deel van my huidige instalsie is om my lapa klaar direk van die solar te trek. Dit sluit in n kis vrieskas en yskas. My beplanning was om die twee op aparte timers te sit om deur die nag af te skakel en weer in die oggend aan te kom (Met n 30min verskil tussen die twee). Is dit n fout?
Ek sou dit nie doen nie.
Die kaanse is dat hulle op verskillende siklusse sal aan kop. Ons yskas en frieskas trek so in die lyn van 240W na 320W wanneer sy kompressor hardloop. Ek gaan nou dalk jok......maar dit hang ook af van buite temp, en hoe gereeld jy hom oop maak, maar die kompressor hardloop so vir 30min na 'n uur op 'n slag. As dit baie warm is dan dalk langer en meer gereeld
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Hansieslim »

OosKaapJagter wrote: Mon Dec 09, 2019 5:14 pm Hansieslim, ek dink jy verstaan jdpretorius verkeerd. Hy opper 'n baie geldige punt, nl dat die Eskom beurtkrag nie goed is vir elektriese toebehore nie. Ek het verlede jaar 'n hele vrieskas met vrot vleis loop weggooi. By my huis staan 'n dooie kroeg yskas en mikrogolf wat ek nog moet invat om te kyk of dit herstel kan word. My seun het dit in sy koshuiskamer gebruik op universiteit en ek moes nuwes koop om hom aan die gang te hou.
Ek glo dus nie 'n yskas, vrieskas en mikrogolf is een jaar, almal blootgestel aan Eskom "load-shedding" is blote toeval nie.
Ek weier om die woord beurtkrag te gebruik. Die Engelse "load-shedding" beskryf die soveel beter; dit is iets wat jy op die toilet ook doen!
Jy is reg. Ek het hom verkeerd verstaan. Sorry.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by jdpretorius »

Geen moeilikgeid van my kant af nie Hansie ;) .....wou ook net nie he' jy moet die verkeerde gevolgtrekking maak nie
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Dirkvh »

Ons begin vandag om 'n stelsel op die plaas te installeer:

3 x 5KVA Victron Inverters
3 x Victron MPPT
1 x Victron Venus GX controller
48 x 335W BYD Panels
10KW Revov Lithium battery met management system

Dit is die eerste fase om ten minste tydens load shedding alles aan die gang te hou in die huis, en sal later nog 'n battery bysit om nog meer onafhanklik van Eskom te wees. Ek wil van die begin af genoeg panele opsit vir latere aanvulling op die "storage" kant.
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Pvdw »

Dirk die is 'n lekker vris stelsel. Jy sal met gemak jou battery kapasiteit kan verdubbel en selfs meer afhangende van jou krag gebruik deur die dag.

Ek meen aan julle gaan hom opstel as 3ph stelsel?

Gaan julle hom programeer om met ESS te funksoineer??
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Dirkvh »

Pvdw wrote: Sat Dec 28, 2019 1:34 pm Dirk die is 'n lekker vris stelsel. Jy sal met gemak jou battery kapasiteit kan verdubbel en selfs meer afhangende van jou krag gebruik deur die dag.

Ek meen aan julle gaan hom opstel as 3ph stelsel?

Gaan julle hom programeer om met ESS te funksoineer??
Ja ons stel hom op as 3fase. Die programering werk so dat niks gemors word nie, hier is spilpunte wat oortollige krag kan benut. ESS lui n klokkie ja.
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Pvdw »

Dirk met daai 48 panele gaan jy gemiddeld rondom 88kW/dag opwek. Dis 'n klomp krag. Dis lekker as mens hom so opstel dat alle oortollige krag elders gebruik kan word as jou critical loads reeds "versadig" is.

Victron is 'n puik sisteem en jy gaan baie tevrede wees.

Hulle moet nou nog net 'n mooi rooi Baberton Daisy op elkeen plak om daai mooi blou boks af te rond.
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Dirkvh »

Pvdw wrote: Sat Dec 28, 2019 7:13 pm Dirk met daai 48 panele gaan jy gemiddeld rondom 88kW/dag opwek. Dis 'n klomp krag. Dis lekker as mens hom so opstel dat alle oortollige krag elders gebruik kan word as jou critical loads reeds "versadig" is.

Victron is 'n puik sisteem en jy gaan baie tevrede wees.

Hulle moet nou nog net 'n mooi rooi Baberton Daisy op elkeen plak om daai mooi blou boks af te rond.
Hahahaha, dit sal nogals 'n "talkng point" raak hier in die diep Suid Vrystaat sou ek dit aanbring!
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
Smit@50
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Sun Dec 07, 2014 6:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Smit@50 »

Manne waar kan ek pryse kry op n Victron sisteem . Ek wil n grid tie systeem opsit van so 8kw .

Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Norinco .22
Howa bull barrel 223
Howa 308
CZ 300 Win Mag
Lames o/u Shot gun
CZ P09 Pistol
Unique .22 pistol
Tikka 300 WSM Varmint
Howa 6.5 Creedmoor
Glock 43
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Pvdw »

Smit@50 ek sien jy is van Ellisras.

Daar is baie opsies/specks wat jy in gedagte moet hou voor jy 'n kwotasie kan kry.

Wil jy dadelik volle sisteem installeer of stuk stuk opbou, hoe groot battery backup wil jy bysit? Gaan jy hom offgrid gebruik of ongrid? Hele huis of net backup loads?

Gee my 'n lui dan gesels ons so bietjie rondom paar goed.

082. 920. 3978

Peet
Smit@50
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Sun Dec 07, 2014 6:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Smit@50 »

Peet dankie ek sal jou more skakel.

Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Norinco .22
Howa bull barrel 223
Howa 308
CZ 300 Win Mag
Lames o/u Shot gun
CZ P09 Pistol
Unique .22 pistol
Tikka 300 WSM Varmint
Howa 6.5 Creedmoor
Glock 43
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

More manne.

Beste wense vir die bietjie van 2020 wat oor is.

Ek het die 14de my Solar stelseltjie aangeskakel:
9x 330W Canadian Solar panels
Mecer Axpert 5kva Hybrid Inverter
4x 12V 200Ah batterye

Party dae is ek baie tevrede, ander dae voel ek die stelsel moet meer kan doen. Ek sal die week n ou laptop koppel om die stelsel te monitor sodat mens die data beter kan verstaan. Anders as om net op die skermpie so nou en dan te loer. Vir dit gaan ek watchpower download tensy iemand iets anders kan aanbeveel?

Beste wat ek sover gesien het was 2400W wat in kom van panele. Dan loop my boorgat, swembad pomp en die lapa (Yskas & Vrieskas)

Dinge wat my pla, miskien kan iemand raad gee.
1. Die panle het die elektrisien as volg gekoppel, 6 in serie, 3 in parallel. Dan die 2 lyne in die DC DB weer in parallel, is dit reg? Ek gaan wel binnekort nog 3 panele by sit.
2. Die Inverter sal as die load teveel is (Bv n groot wolk gaan verby) oor skakel na eksdom maar dan nie weer terug skakel na Solar nie. As ek dit manually override (Eskom breaker af sit) dan vat die solar weer die vrag sonder probleem.

Die grootste fout wat ek gemaak het was die batterye. Ek moes erens net die extra R6000 uitgesnuffel het en Pylontech gegaan het. So leer mens seker maar.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Pvdw »

Plaashaas wrote: Mon Jan 06, 2020 10:06 am More manne.

Beste wense vir die bietjie van 2020 wat oor is.

Ek het die 14de my Solar stelseltjie aangeskakel:
9x 330W Canadian Solar panels
Mecer Axpert 5kva Hybrid Inverter
4x 12V 200Ah batterye

Party dae is ek baie tevrede, ander dae voel ek die stelsel moet meer kan doen. Ek sal die week n ou laptop koppel om die stelsel te monitor sodat mens die data beter kan verstaan. Anders as om net op die skermpie so nou en dan te loer. Vir dit gaan ek watchpower download tensy iemand iets anders kan aanbeveel?

Beste wat ek sover gesien het was 2400W wat in kom van panele. Dan loop my boorgat, swembad pomp en die lapa (Yskas & Vrieskas)

Dinge wat my pla, miskien kan iemand raad gee.
1. Die panle het die elektrisien as volg gekoppel, 6 in serie, 3 in parallel. Dan die 2 lyne in die DC DB weer in parallel, is dit reg? Ek gaan wel binnekort nog 3 panele by sit.
2. Die Inverter sal as die load teveel is (Bv n groot wolk gaan verby) oor skakel na eksdom maar dan nie weer terug skakel na Solar nie. As ek dit manually override (Eskom breaker af sit) dan vat die solar weer die vrag sonder probleem.

Die grootste fout wat ek gemaak het was die batterye. Ek moes erens net die extra R6000 uitgesnuffel het en Pylontech gegaan het. So leer mens seker maar.
Plaashaas die 2400W is rondom 80% efektiewiteit van jou panele en dis glad nie sleg nie. Hier en daar kry ek vir baie kort rukkies 90-selfs 100% maar dit is very few and far between.

Wat jou koppeling betref lyk dinge vir my nie lekker nie. Mens koppel altyd jou panele so dat die stringe dieselfde is. As jy 9 panele het sal hy tipies 3 stringe in parralel met mekaar waarvan die 3 panele in serie koppel is. Dus sal die V van elke string 3x die van 'n enkel paneel wees. Met die parralel van die 3 stringe sal jou A dan 3x die van 'n enkel paneel wees. Mens kan nie stringe waarvan die A en V verskil aan dieselfde mppt koppel nie.

Met die aan en af kan ek jou nie help nie. Nella ken daai Axperts goed. Glo hy sal meer daarmee kan help.
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Langeraat »

Klink na 'n lekker stelsel om mee te begin Plaashaas. Ek se begin want dit bly maar een van daai dinge waaraan mens altyd wil bly karring met meer, nuwer en beter... ++>:

Aangaande die 6 paneel string... Wat is die kans dat hulle dalk op die dak as 2 parallel stringe van 3 elk in 1 gekombineer is met 'n MC4 branch connector en toe as 1 string afgebring is na die combiner toe saam met die ander 3 paneel string om op die combiner te bespaar? Dit is omtrent die enigste scenario wat vir my sou sin maak. Watter model Axpert is dit, die MKS of MKSII of een van die ander? Watter tipe batterye het jy voor gegaan as ek mag vra?
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
Post Reply