Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Basjan123 »

Pvdw wrote:Basjan soos die 1 hier staan met 15 panele en 3 Batterye is hy R186000.00 Ek voel dat die 6.5kW/8kVA inverter so effe overkill is vir normale huis maar die persoon het gevoel om eerder die ekstra R18000 te betaal en op te gaan vanaf die 4kW/5kVA.
Dankie, so - R 18 000 vir die kleiner inverter. Ook 'n hoop geld m@er.....
User avatar
Dries Skiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1094
Joined: Mon Oct 01, 2012 10:01 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Dries Skiet »

Manne, julle moet onthou die stelsels voeg waarde by jou eiendom, dit is n bate. Ek wil nou sodra ek kan, die res van my huis ook op sonkrag sit.
Dries van Lingen.
Genoeg gewere, maar ek soek nog.
Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Vleisie »

Pvdw wrote:Daarshy manne. Ek het so 2 weke terug my 1ste volwaardige Victron sisteem in gesit en geprogrameer. Die programering het my erg besig gehou maar hy loop nou perfek.

Het vandag toe geleentheid gehad om Victron vlak 1 en 2 installerings kursus te doen. Soos ons aangaan kon ek darm bevestig dat my sisteem reg opgestel was.

Ek het hier 2 foto's van die 6.5kW Quatro inverter, 250/85 mppt, battery kas(Pylontech 3x2000) en die Venus GX. Als se bedrading moes tydens die fotos nog gedoen geword. Op die dak is daar 15x330W panele.

Met finale uitbou van die sisteem sal daar 24x330W panele en 6x 2000 Pylontech batterye wees. Nou so sisteem laat meeste gemiddelde huise amper klaarkom sonder ESKOM solank jy weet die son skyn more weer.

Ek moet sê dat ek die solar al meer en meer geniet. Nogal baie interesante stelsels en opsies om van te kies.
As ek kan vra, wat trek die sisteem alles? Is daar aircons ens ook?
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

Vleisie die sisteem kan 6.5kW lewer. So indien jy genoeg batterykrag gestoor het kan jy nogal redelik baie trêk. Om jou 'n dee te gee loop meeste yskaste op so 200-250W. TV so 50-100W. Meste huise met baie LED ligte op so 300W.

Aircon sal hy met gemak trêk as die res van die huis nie ook als loop op 1 slag nie. Gemmidelde 12000btu aircon loop op so 1000-1200W. Startup is redelik hoër en daarom moed die sisteem nie tot sy maks gedruk word as aircons ook moet start nie. As jy inverter aircons gebruik sal die Victron wat ek hier in gesit het 'n 30000btu met gemak trek as die res van die huis se krag reg aan gewend word. Weereens is battery kapasiteit die beperkende faktor.
Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Vleisie »

Hier is ñ vraag vir die manne wat nou al bietjie met installeerders in die vrystaat gewerk het, ek het ñ baie Billike kwotasie gekry, maar soos die dinge mos maar loop die laaste tyd is ek versigtig vir daardie as dit te goed klink om waar te wees sê ding.
Het enige van julle al met Next Level Energy Solutions in Bloemfontein te doen gehad?
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Nella »

Watse produkte het hulle jou op gekwoteer?
Just smile and wave boys >:D
Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Vleisie »

Axpert 5kva 48v inverters, ek het spesifiek gevra vir hulle indien ek later van tyd dalk wil grootter gaan.
Enersol 330 watt panele en Narada Lithium batterye.
Dit is net die batterye wat ek nie ken nie, ek het Enersol panele op my son pompe.
Hulle het wel Pylontech ook.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

Vleisie ek is maar 'n newbie in die game maar wat ek sien lyk dit my Pylon wen baie veld in SA. Ek dink hulle gaan al meer die Go To battery vir die kleiner algemene installasie word. Ek mag verkeerd wees maar dis hoe ek dit sien.
Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Vleisie »

Ek sien meeste van die kwotasies wat ek gekry het maak gebruik van Solar MD batterye. Maar teen R50 000 excl vir 7.3kwh en ek soek 22kwh battery backup, raak dit vir my bietjie styf om 3 in te sit.
Ek dink Pylon is die beste middeweg as ek hulle pryse so kyk.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Nella »

Pvdw is reg.
Vleisie n paar goed om na te kyk. .
Axpert en Mecer is vir sy geld n fantastiese inverter. ...maar dan moet dit die ware Jacob wees....Daars ongelukkig n klomp "knockoffs" wat presies die selfde lyk. Goed bv soos "Axpert type" of RCT Axpert ens
Ek persoonlik hou niks van enersol panele nie.
Dis n goedkoop "knockoff" van Renusol panele wat n fantastiese produk is. Enersol panele se kraglewering is nie naastenby wat hulle specs se nie.
Moet ook darm noem dat ek het baie lank laas met hulle gewerk en hulle mag dalk al baie verbeter het. ..ek weet nie.
Battery gewys moet mens baie wakker wees. ..hier kom die spreukwoord "penny wise, pound foolish" in.
n Ding op die ouens se kwotasies wat my onmiddelik laat rooi ligte sien is hulle sit X hoeveelheid wats per dag se panele in. .
Kontak my of vir Pvdw gerus. ..Daai man weet waarvan hy praat.
Just smile and wave boys >:D
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by jdpretorius »

Nella wrote: Kontak my of vir Pvdw gerus. ..Daai man weet waarvan hy praat.
Die kan ek beaam.
Nella jy is ook heeltemal te beskeie. Tussen jou biae netjiese installasie en Peet (Pvdw) wat gehelp het met die COC het ek 'n baie lekker stelselkie, met 'n huidige krag rekening van net R156 p/maand
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Nella »

jdpretorius wrote:
Nella wrote: Kontak my of vir Pvdw gerus. ..Daai man weet waarvan hy praat.
Die kan ek beaam.
Nella jy is ook heeltemal te beskeie. Tussen jou biae netjiese installasie en Peet (Pvdw) wat gehelp het met die COC het ek 'n baie lekker stelselkie, met 'n huidige krag rekening van net R156 p/maand
Baie dankie Johan. ..
Ek is rerig baie bly jou stelsel loop mooi. Altyd lekker om posetiewe terugvoer te kry ;D
Just smile and wave boys >:D
Monster
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 362
Joined: Mon May 26, 2014 10:34 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Monster »

Ek hoop iemand kan my help. Ek moet my 105Ah deepcycle kamp battery vervang en wil sommer 'n solar sisteem op hom aan bring van 150w. Wat is die beste battery vir die job en waste panel en solar controller stel julle voor?

Ek het ook twee ou deepcycle batterye wat herwin moet word. Kan mens 'n paar rand vir die goed kry?
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Plaashaas »

Nella/Pvdw

Wat van die nuwe "capacitor" tipe " batterye" ?
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

Monster wrote:Ek hoop iemand kan my help. Ek moet my 105Ah deepcycle kamp battery vervang en wil sommer 'n solar sisteem op hom aan bring van 150w. Wat is die beste battery vir die job en waste panel en solar controller stel julle voor?

Ek het ook twee ou deepcycle batterye wat herwin moet word. Kan mens 'n paar rand vir die goed kry?
Monster wat is jou setup en doel vir die sisteem?? Is dit 'n mobile sisteem of backup vir jou huis se ligte?? gebruik jy direk 12V of invert jy na 230V?

Victron is maar duur maar daai blou eenhede is verseker puik kwaliteit as jy wil invert. Vir direkte 12V gebruik het jy net charge controller nodig en daarvoor is daar baie opsies.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

Plaashaas wrote:Nella/Pvdw

Wat van die nuwe "capacitor" tipe " batterye" ?
Plaashaas ek weet nie veel van hulle nie en dis relatiewe nuwe tegnologie. Selfs die groot manne kan my nie veel vertel van dit nie.

Die sogenaamde Supper caps is maar 'g kapasitor bank wat krag stoor nes 'n battery. Die claim to fame is dat hulle tot 1 000 000 sikluse voorspel vir die stelsel. Niemand waarvan ek weet het egter al lank genoeg geleef om dit te befestig nie.

'n 5kW Supper cap se prys draai so in die orde van R50k wat bietjie styf is vir die gemiddelde man daarbuite.
Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Vleisie »

Nella wrote:Pvdw is reg.
Vleisie n paar goed om na te kyk. .
Axpert en Mecer is vir sy geld n fantastiese inverter. ...maar dan moet dit die ware Jacob wees....Daars ongelukkig n klomp "knockoffs" wat presies die selfde lyk. Goed bv soos "Axpert type" of RCT Axpert ens
Ek persoonlik hou niks van enersol panele nie.
Dis n goedkoop "knockoff" van Renusol panele wat n fantastiese produk is. Enersol panele se kraglewering is nie naastenby wat hulle specs se nie.
Moet ook darm noem dat ek het baie lank laas met hulle gewerk en hulle mag dalk al baie verbeter het. ..ek weet nie.
Battery gewys moet mens baie wakker wees. ..hier kom die spreukwoord "penny wise, pound foolish" in.
n Ding op die ouens se kwotasies wat my onmiddelik laat rooi ligte sien is hulle sit X hoeveelheid wats per dag se panele in. .
Kontak my of vir Pvdw gerus. ..Daai man weet waarvan hy praat.
Ek het aangevra dat hulle die kwotasie oor doen met Pylontech batterye. Dis op die uiteinde van die dag die mees algemene batterye wat mens raakloop as mens Lithium batterye soek in SA.
Die Enersol panele sal ek nou nie van weet nie, soos ek sê dit is wat ek tans op my son pompe gebruik, sal julle Canadian Solar of JA eerder aanbeveel?
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

sal julle Canadian Solar of JA eerder aanbeveel?
Enige 1 van daai 2. Ek sal hier dat prys die praatwerk doen.
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Plaashaas »

Pvdw wrote:
Plaashaas wrote:Nella/Pvdw

Wat van die nuwe "capacitor" tipe " batterye" ?
Plaashaas ek weet nie veel van hulle nie en dis relatiewe nuwe tegnologie. Selfs die groot manne kan my nie veel vertel van dit nie.

Die sogenaamde Supper caps is maar 'g kapasitor bank wat krag stoor nes 'n battery. Die claim to fame is dat hulle tot 1 000 000 sikluse voorspel vir die stelsel. Niemand waarvan ek weet het egter al lank genoeg geleef om dit te befestig nie.

'n 5kW Supper cap se prys draai so in die orde van R50k wat bietjie styf is vir die gemiddelde man daarbuite.
Soos ek verstaan kan jy ook die hele kapasiteit gebruik. Met ander woorde hom leeg trek. Dan ook is die herlaai tyd slegs n paar minute. Dus kan mens sekerlik n vinnige "top up charge" doen met n bitter klein krag opwekker en charger. Ek praat onder korreksie maar my pa het by die kragdag blykbaar 5kW gesien vir R22000.
Monster
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 362
Joined: Mon May 26, 2014 10:34 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Monster »

Pvdw wrote:
Monster wrote:Ek hoop iemand kan my help. Ek moet my 105Ah deepcycle kamp battery vervang en wil sommer 'n solar sisteem op hom aan bring van 150w. Wat is die beste battery vir die job en waste panel en solar controller stel julle voor?

Ek het ook twee ou deepcycle batterye wat herwin moet word. Kan mens 'n paar rand vir die goed kry?
Monster wat is jou setup en doel vir die sisteem?? Is dit 'n mobile sisteem of backup vir jou huis se ligte?? gebruik jy direk 12V of invert jy na 230V?

Victron is maar duur maar daai blou eenhede is verseker puik kwaliteit as jy wil invert. Vir direkte 12V gebruik het jy net charge controller nodig en daarvoor is daar baie opsies.
Ek gebruik die stelsel in my bakkie so did 'n mobile sisteem en dan as 'n backup as die krag af is. Wil graag 'n 1000W inverter op die stelsel en sonpanele om dit te laai as ons lank still staan as ons kamp. Hoop regtig dit help. Ek sal kyk na Victron baie dankie
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Nella »

Plaashaas
Die tegnologie op die capacitor battery is defnetief besig om veld te wen.
Maar hulle "claim to fame" is juis daai wat jy hom vol kan laai in n paar sekondes.
Nou hier het ek n vraag. ..as daai battery bv 5kw/h kan gee vir 20 uur lank.
So nou is ons op 100kw of 100 000 wats.
So dit beteken jy moet een of ander manier daai 100 kw plus se krag binne n paar sekondes kan aan die battery lewer.
Nou goed hulle se hy kan so vinnig gelaai word. ..en ek glo dit want dit is n capacitor. ..maar hulle se nie hy moet so vinnig gelaai word nie.
Maar teen watse stroom en watse volts moet hy dan gelaai word?
Want 100 000W teen 48v dc is oor die 2000 Amp...
Daai is groot krag :confused:
Maar net my baie dom huidige mening
Last edited by Nella on Wed Aug 28, 2019 11:08 am, edited 1 time in total.
Just smile and wave boys >:D
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Langeraat »

Aah, lekker interessante draad hierdie Peet.

Nella, daardie Super Capacitor "battery" (net soos die Lithium batterye van dieselfde kapasiteit) sal tipies 5kwh totaal kan lewer, m.a.w. in teorie as jy 5kw konstant trek sal dit 1 uur lank kan lewer, as jy 2.5kw trek dan 2 ure, ens. In realiteit egter word hulle deur 'n BMS (Battery Management System) in die battery pak gereguleer wat die maksimum laai en ontlaai stroom beperk na aanvaarbare vlakke. Die maks lewering van jou inverter wat jy gebruik sal ook beperkend wees. 'n Mens sal dit tipies op hulle spesifikasies kan kry.

Plaashaas, die minimum tyd vir battery herlaai sal hoofsaaklik bepaal word deur die maksimum DC drywing wat die battery kan aanvaar en die herlaai karakteristiek oor tyd van die tipe battery. Dit is as daar aanvaar word dat die maksimum lewering van die AC battery laaier in jou stelsel voldoende DC drywing op die uitset kan verskaf. As dit nie kan nie sal jy uiteraard beperk word deur die kapasiteit van jou laaier.

Die kapasiteit van 'n kragopwekker wat dan die batterye maksimaal kan laai gaan dan bepaal word deur die maks DC drywing wat die battery kan aanvaar + verliese van die omskakelingsproses van AC na DC. As die battery bv. maks 50A kan aanvaar dan is die maks DC drywing benodig (50A*48V=2400W). As mens verliese ignoreer dan benodig jy 'n AC battery laaier in jou stelsel wat ten minste 50A DC kan lewer wat 'n AC inset van ~(2400W/0.8=3kVA) of groter (in hierdie voorbeeld scenario) gaan benodig wat die opwekker kapasiteit sal bepaal as inset tot die laaier alleenlik. Die syfers om die regte som te maak behoort jy te kan kry op die spesifikasies van jou inverter en battery toerusting wat jy wil gebruik.

Dit is ten minste hoe ek hom verstaan... ;D
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Nella »

Langeraat daai gedeelte verstaan ek volkome.
My punt is dat daai paar sekondes vol laai stelling plaas die eindverbruiker onder n wan persepsie.
Dit is wel moontlik. ..maar gaan nie prakties wees vir n gewone sonkragstelsel nie.
Just smile and wave boys >:D
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Langeraat »

Ek stem saam met jou Nella. Dit sal definitief vinniger wees as 'n battery van chemiese samestelling maar sekondes vir herlaai is nie prakties nie.
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

My 1ste SMA sisteem is aan die loop en finaal afgehandel. Die sisteem het amper 3 maande gavat a.g.v. voorraad wat uit was en so bietjie tekort aan my tegniese kenis van die sisteem.

Dis 'n gesinkroniseerde 3 fase sisteem wat in totaal so 40-44kWh per dag lewer.

Die sisteem bestaan uit

8kW Tripower(blou boks)
3x 6kW Sunny Islands(geel bokse)
3x 7kW/h BMZ batterye.
24x330W Canadian panele-die het ek nie gedoen nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply