Ek en die 2 seuns is gister aand uit om jakke te soek Noord van Pretoria. Dit is ons eerste uitstappie met die stoel vandat hy nou heeltemal klaar is.
Die plaas is oorwegend bos, en baie daarvan. Ons het egter gou besef dis 'n ander "Bal game" tussen daai bome en lang gras.
Het toe maar besluit om daar te los en na die enigdte plek op die plaas waar dit effe oop is te gaan.
A.g.v onvoldoende ligbron het ons die eerste 2 skaars 100m v?r verloor Wel dis skoolgeld daai
So klompie kosroeppe later kom daar , gewillege paartjie ingedraf en toe stop hy so op 80-90m van my af en die keer gebruik ek die regte lig en daar dop hy om. Die lewensmaat hol toe in die lang gras is om net weer na so 30sek met 'n baie agresiewe roep/blaf weer uit die gras te kom. Die skoot klap en die jakkie tjank en skreeu en tol in die ronte so al op die een sy vir so 20sek en kry weer krag en vergwyn weer sukkel sukkel die lang gras in. Ons het gaan soek maar kom haar nie kry nie
Hier is 'n foto van die reun. Ek het in H se boek gekyk en skat hom minstens 5-6jaar, geen diudelikke mamilone oor op die 2 sentrale snytande nie.
[img width=360 height=480]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... G_4107.jpg[/img]
