My pomp is nie n solar pomp nie. Hy is huidiglik op eskom. Ek sal graag wil water kan pomp "off the grid". En dan as ek nie die krag gebruik vir die pomp nie kan ek dit vir iets ander gebruik.Gbyleveldt wrote:Yebo, my Pa het twee van hulle. Die pomp kom met inverter klaar ingebou spesifiek vir son panele.Plaashaas wrote:Verskoon maar die dom vraag:
Kan son panele en inverter sonder batery/e werk om bv n .75kW boorgat pompie te trek?
Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
-
Nella
- Hero Member

- Posts: 585
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Plaashaas ja mens kry stelsels wat dit vir jou kan doen.
'n Gewone inverter ongelukkig nie.
Hoe gereeld en hoe lank hardloop jou dompel pomp huidiglik?

Just smile and wave boys 
-
B Five
- Full Member

- Posts: 211
- Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Ek wil soos in heel afgaan vanaf Eskom.
Woon op plaas.
7.5kw voermenger, 2 geysers elektries, 3 aircons, yskas, vrieskas en stoof met elektriese oond.
Ek wil al die trek vanaf son.
Wil die geysers ook elektries hou. Ek reken dat ek eerder die koste van solargeysers moet bele in oanele en batterye?
Hoeveel kw se panele en a/uur batterye het ek nodig?
Nodeloos om te se sal goed soos voermemger en geyser net loop as die son skaduwee gee.
Aircons moet maar loop.

- henk.spioenkop
- Sr. Member

- Posts: 298
- Joined: Thu Jul 30, 2015 12:45 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Goeiemôre. Ek neem aan dat die 7.5kW 3 fase is. Wat ek sou voorstel is om n genset te koop daarvoor asook om krag te voorsien indien die son vir n redelike tyd nie skyn nie.B Five wrote:Ek wil soos in heel afgaan vanaf Eskom.
Woon op plaas.
7.5kw voermenger, 2 geysers elektries, 3 aircons, yskas, vrieskas en stoof met elektriese oond.
Ek wil al die trek vanaf son.
Wil die geysers ook elektries hou. Ek reken dat ek eerder die koste van solargeysers moet bele in oanele en batterye?
Hoeveel kw se panele en a/uur batterye het ek nodig?
Nodeloos om te se sal goed soos voermemger en geyser net loop as die son skaduwee gee.
Aircons moet maar loop.
Vir die res sal dit ook n duur oefening wees.
Dan sal ek so 1 miljoen spandeer vir n begin, aan baie goeie batterye en inverters. Las dan stelselmating by todat droom bewaarheid word. Ek sal wel die genset hou vir backup.
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Kwagga100
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Wed Aug 06, 2014 1:05 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
More Henk
Lyk my ons eet genoeg aartappels sodat jy so mooi stelsel kan opsit.
Kwagga uit Kathu
Ps maak solank krewe mak vir paas paas
week
Sent from my SM-J720F using Tapatalk

- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 1000
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Kwagga vertel ons bietjie van jou stelsel.Kwagga100 wrote:More Henk
Lyk my ons eet genoeg aartappels sodat jy so mooi stelsel kan opsit.
Kwagga uit Kathu
Ps maak solank krewe mak vir paas paas
week
Sent from my SM-J720F using Tapatalk
Groete Jacques
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
-
Kwagga100
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Wed Aug 06, 2014 1:05 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
3kw grid tie infini inverter met 400a/h batterye ,4.7kw se panele. Gelukkig nog nie koopkrag so meter loop vorentoe en terug. 30 tube solar geyser.
Sent from my SM-J720F using Tapatalk
Sent from my SM-J720F using Tapatalk
-
Kwagga100
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Wed Aug 06, 2014 1:05 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Wek so gemiddeld 20 eenhede per dag op deur die jaar
Sent from my SM-J720F using Tapatalk
Sent from my SM-J720F using Tapatalk
- naas222
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Manne.. Die van julle naby Pretoria..
Google bietjie Kragdag en krap daar rond. Lyk my dis n skou gemik op alternatiewe krag 8- 10 Aug 2019..op die N 4 Witbank toe afrit Rayton regs oor N4 so 2km pad af. Lyk my daar sal die slim manne n ou se vrae kan beantwoord oor Son krag en alle tipe instelasies

222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
- Morkel
- Sr. Member

- Posts: 316
- Joined: Sat Sep 10, 2016 2:45 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Ek is in Jhb en het photos geneem.Willie wrote:Blazer
Gee detail van daardie 48kw inverter. Hier is nou baie mede boere wat groot gaan op sonkrag
Wat is dit wat ek het?
Sent from my iPhone using Tapatalk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
ThysR
- Newbie

- Posts: 18
- Joined: Thu Jan 08, 2015 1:52 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Hierdie ou het 'n reeks you tube plasings gemaak. Dis oud (2012), maar verduidelik als , dit wil nou se as mens die tyd het om deur alles te kyk.
https://www.youtube.com/watch?v=bzcTFUcXwIY&t=1307s

Slow is Smooth, Smooth is Fast
300wsm
243 Sako
308 Mauser
9mm CZ
300wsm
243 Sako
308 Mauser
9mm CZ
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5133
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Manne ek installeer more my 1 ste 5kW stelsel vir 'n klieënt. met Nella se raad en hulp oor die foon glo ek dat die 1 net so mooi gaan loop soos myne op my dak. Ek sal foto of 2 plaas sodra ek klaar is met hom.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5133
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
As ek die dataplaatjie so lees lyk die vir my soos 'n UPS. Daar is 'n AC na DC gedeelte vir laai en dan DC na AC vir gebruik kant. Ek sien niks van DC na DC laai info wat PV panele sou voorstel nie.Blazer wrote:Ek is in Jhb en het photos geneem.Willie wrote:Blazer
Gee detail van daardie 48kw inverter. Hier is nou baie mede boere wat groot gaan op sonkrag
Wat is dit wat ek het?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Dalk iemand anders wat kan uithelp??
- Willie
- Sr. Member

- Posts: 460
- Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Daai lyk my soos 'n 12kw ups wat met 48v batterye werk. As jy solar wil gaan sal jy 'n 48v laaier ekstra moet by kryBlazer wrote:Ek is in Jhb en het photos geneem.Willie wrote:Blazer
Gee detail van daardie 48kw inverter. Hier is nou baie mede boere wat groot gaan op sonkrag
Wat is dit wat ek het?
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
As ek hom net vir n uur per dag kan hardloop is ek reg, 2 ure sal beter wees.Nella wrote:Plaashaas ja mens kry stelsels wat dit vir jou kan doen.
'n Gewone inverter ongelukkig nie.
Hoe gereeld en hoe lank hardloop jou dompel pomp huidiglik?
Hoekom nie n gewone inverter nie? m.a.w kan n 3kW inverter nie n 0.75kw pomp trek nie?
-
Nella
- Hero Member

- Posts: 585
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
OK daai is 'n mlt inverter.Blazer wrote:Ek is in Jhb en het photos geneem.Willie wrote:Blazer
Gee detail van daardie 48kw inverter. Hier is nou baie mede boere wat groot gaan op sonkrag
Wat is dit wat ek het?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Nie 'n ups nie.
Hy het 'n aparte battery bank nodig van 48v en dan het hy ook nie 'n ingeboude "charge controller " nie.
Maw jy kort 'n solar "regulator /charge controler" en dan panele ook.
Hy het wel 'n ingeboude 300A ac laaier om die batterye vol te hou van eskom se kant af.
Dis 'n transformator basis inverter...word lokaal vervaardig en is werklik 'n fantastiese produk met uitstekende na verkope diens.
Ek gebruik self gereeld van hulle produkte.
Just smile and wave boys 
-
Nella
- Hero Member

- Posts: 585
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
'n gewone "grid tied" inverter soos jou solis bv wat direk van die panele af krag kan voorsien MOET 'n permanente ac inkomende krag punt hê.Plaashaas wrote:As ek hom net vir n uur per dag kan hardloop is ek reg, 2 ure sal beter wees.Nella wrote:Plaashaas ja mens kry stelsels wat dit vir jou kan doen.
'n Gewone inverter ongelukkig nie.
Hoe gereeld en hoe lank hardloop jou dompel pomp huidiglik?
Hoekom nie n gewone inverter nie? m.a.w kan n 3kW inverter nie n 0.75kw pomp trek nie?
Indien daai krag weg val dan skakel die stelsel af...sonskyn of te nie.
'n hybrid inverter wat 'n bank batterye nodig het kan onafhanklik hardloop sonder eskom.
Mens kry wel controllers wat jou pompie direk vanaf panele sal hardloop. ..maar dis 'n toegewyde eenheid wat net jou pomp kan hardloop.
Nou jou volgende vraag.
In teorie moet 'n 3kW inverter 'n 0.75kw pompie gemaklik kan trek.
Maar...hier is die belangrikheid van 'n goeie produk noodsaaklik.
Party swakker kwaliteit inverters se "ratings" is vals.
Mens moet ook onthou dat enige elektriese motor 'n aanvangs krag verbruik het wat baie hoër is as wat sy konstante verbruik se waardes deur gegee word.
So daai 0.75kw kan maklik by dié 1.5kw-2kw draai om aan te skakel.
Ek het bv nou by 'n kliënt 'n inverter moes gaan vervang wat hy self in gesit het vir 'n appel en 'n ui..n 5kva..
Daai eenheid se krag faktor is maar hier by die 0.6 so dit werk maar uit op 'n 3kW inverter!
Kliënt was baie beïndruk met sy "bargain" totdat hy agterkom dat sy stelsel kan nie sy 2.2kw hoekslyper op start nie.
Lang storie kort
Kry die regte goed van die begin .
Just smile and wave boys 
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Dankie Nella. Ek waardeer die terugvoer.
-
B Five
- Full Member

- Posts: 211
- Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
N vraag aan die slim manne:
As ek 12kw panele het wat deur n inverter loop en ek trek 10 kw, word daar enige kapasiteit uit die batterye uit getrek, of is die voorsiening voldoende sodat ek met 2kw steeds as reserwe sit?
In ag genome dat ons met voldoende son, hitte ens sit sodat die panele die werklike 12kw lewer.
As ek 12kw panele het wat deur n inverter loop en ek trek 10 kw, word daar enige kapasiteit uit die batterye uit getrek, of is die voorsiening voldoende sodat ek met 2kw steeds as reserwe sit?
In ag genome dat ons met voldoende son, hitte ens sit sodat die panele die werklike 12kw lewer.
-
Nella
- Hero Member

- Posts: 585
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Hang af van jou inverter.B Five wrote:N vraag aan die slim manne:
As ek 12kw panele het wat deur n inverter loop en ek trek 10 kw, word daar enige kapasiteit uit die batterye uit getrek, of is die voorsiening voldoende sodat ek met 2kw steeds as reserwe sit?
In ag genome dat ons met voldoende son, hitte ens sit sodat die panele die werklike 12kw lewer.
'n 5kw mecer pfII doen dit bv.gee direk krag deur na die huis toe en gebruik dan die orige krag om die battery bank vol te hou.
Maar nie alle inverters kan dit doen nie.
Just smile and wave boys 
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5133
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
My 1ste installasie vir 'n klieënt.
Mecer 5k II inverter met 8x 330W panele en 4x 100A/h batterye.
Ek leer nog baie maar dis baie lekker om te doen.
Moet nou net terug gaan om als mooi netjies te maak, labeling te doen en die Mecer se settings te finaliseer.
Mecer 5k II inverter met 8x 330W panele en 4x 100A/h batterye.
Ek leer nog baie maar dis baie lekker om te doen.
Moet nou net terug gaan om als mooi netjies te maak, labeling te doen en die Mecer se settings te finaliseer.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Ek wil net n groot dankie sê vir die mooi en baie netjiese installasie deur Nalle hulle an al julle harde werk. Ook vir Peet (Pvdw) vir jou raad en kopkrap met die DB bord se bedrading en COC wat hy vir my nog gaan doen....dankie manne, julle is kampioene !
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5133
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Daarshy manne. Ek het so 2 weke terug my 1ste volwaardige Victron sisteem in gesit en geprogrameer. Die programering het my erg besig gehou maar hy loop nou perfek.
Het vandag toe geleentheid gehad om Victron vlak 1 en 2 installerings kursus te doen. Soos ons aangaan kon ek darm bevestig dat my sisteem reg opgestel was.
Ek het hier 2 foto's van die 6.5kW Quatro inverter, 250/85 mppt, battery kas(Pylontech 3x2000) en die Venus GX. Als se bedrading moes tydens die fotos nog gedoen geword. Op die dak is daar 15x330W panele.
Met finale uitbou van die sisteem sal daar 24x330W panele en 6x 2000 Pylontech batterye wees. Nou so sisteem laat meeste gemiddelde huise amper klaarkom sonder ESKOM solank jy weet die son skyn more weer.
Ek moet sê dat ek die solar al meer en meer geniet. Nogal baie interesante stelsels en opsies om van te kies.
Het vandag toe geleentheid gehad om Victron vlak 1 en 2 installerings kursus te doen. Soos ons aangaan kon ek darm bevestig dat my sisteem reg opgestel was.
Ek het hier 2 foto's van die 6.5kW Quatro inverter, 250/85 mppt, battery kas(Pylontech 3x2000) en die Venus GX. Als se bedrading moes tydens die fotos nog gedoen geword. Op die dak is daar 15x330W panele.
Met finale uitbou van die sisteem sal daar 24x330W panele en 6x 2000 Pylontech batterye wees. Nou so sisteem laat meeste gemiddelde huise amper klaarkom sonder ESKOM solank jy weet die son skyn more weer.
Ek moet sê dat ek die solar al meer en meer geniet. Nogal baie interesante stelsels en opsies om van te kies.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Basjan123
- Sr. Member

- Posts: 450
- Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Dit lyk baie indrukwekkend, hoeveel sal so storie jou uit die sak jaag??Pvdw wrote:Daarshy manne. Ek het so 2 weke terug my 1ste volwaardige Victron sisteem in gesit en geprogrameer. Die programering het my erg besig gehou maar hy loop nou perfek.
Het vandag toe geleentheid gehad om Victron vlak 1 en 2 installerings kursus te doen. Soos ons aangaan kon ek darm bevestig dat my sisteem reg opgestel was.
Ek het hier 2 foto's van die 6.5kW Quatro inverter, 250/85 mppt, battery kas(Pylontech 3x2000) en die Venus GX. Als se bedrading moes tydens die fotos nog gedoen geword. Op die dak is daar 15x330W panele.
Met finale uitbou van die sisteem sal daar 24x330W panele en 6x 2000 Pylontech batterye wees. Nou so sisteem laat meeste gemiddelde huise amper klaarkom sonder ESKOM solank jy weet die son skyn more weer.
Ek moet sê dat ek die solar al meer en meer geniet. Nogal baie interesante stelsels en opsies om van te kies.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5133
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Basjan soos die 1 hier staan met 15 panele en 3 Batterye is hy R186000.00 Ek voel dat die 6.5kW/8kVA inverter so effe overkill is vir normale huis maar die persoon het gevoel om eerder die ekstra R18000 te betaal en op te gaan vanaf die 4kW/5kVA.