Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
henk.spioenkop
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 298
Joined: Thu Jul 30, 2015 12:45 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by henk.spioenkop »

Goeie naand, Henk van Zyl hier. As jy n kragpunt of transformer op n plaas aanvra, betaal jy vir die aansluiting as dit n Landrate punt is. As dit n Ruraflex punt is, betaal jy bo en behalwe bogenoemde, beskikbaarheid fooi van amper R1000/kVA eenmalig. D.w.s. n 200kVA punt gaan jou R200k net daaraan kos. Jy teken n kontrak by Eskom dat jy punt vir 5 jaar sal gebruik en betaal en verskaf waarborge vanaf jou bank. Na 5 jaar kan jy diskonneksie aanvra en dan stop jou koste.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

Wouter Roets wrote:Peet

My kragverbruik is so R6000 n maand op prepaid. Indien dit as n indikasie kan dien wat se grootte inverter stel jy voor kry n mens? Ek is n overkill mens so is heel bereid om hier ekstra te betaal. Verder hoeveel spasie sal n mens nodig he vir baterye? Het jy enige voorkeure/voorstelle as dit kom by solar geysers? Dankie vir die raad ou maat.

Groetnis
Wout
Wouter jy gaan nog ekstra besparing kry wat ons nie kry nie. Prepaid krag is tussen 10-15% duurder as gewone meter krag. Daai 10-15% gaan na die instansies en plekke wat die prepaid administreer en verkoop. So op jou bedrag is dit R600-900 net aan ekstra kostes. :confused:

As dit by solar geysers kom is Solar Heart seker die Rolls van solar geysers maar vrek duur. Die prinsiep/sisteem van solar geysers is so eenvoudig dat ek nie my kop sal breek oor die duurste beste opsie nie. Daar is baie make op die mark maar op die einde is die kwaliteit van die geyser jou finale besluit. Die panele werk almal baie goed, beide plat panele en evacuated tubes. As jy met Kwikot se elektriese geyser tevrede is sal hul solar sisteem meer als voldoende wees. Rule of thumb vir solar geysers is om 1.5X solar volume te kry as wat jy elektries gebruik het. So jou ou trusty 200L elektries moet op gaan na 300L solar of 2x 150s in serie wat nog beter werk as 1 300L
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

Done and dustet. Als is gekoppel en loop mooi. Hy peak op so 4450W/h van net so voor 9 vanoggend al. Wolke laat hom sommer val tot by 1000W. Sal nou op die App daagliks/weekliks/ maandeliks data kan kry van lewering van die stelsel.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by jdpretorius »

Baie netjies gedoen Pvdw !
Ek het net so hier en daar raak gelees....
- wat is nou als op die stelsel gekoppel ?
- ek neem aan jy laai 'n bank batterye....hoe veel batterye van wat se tipe & grote ?
- wat het die spulletjie jou gekos as ek dalk so lelike vraag mag vra

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Johan Nel »

Vleisie wrote:Hier is ñ vraag vir die manne wat nou beter weet as ek.
Wat is die wetlike aspek om van die Grid af te gaan, ons het mos op die plase nog die lyn fooie wat ook gehef word, dus is my vraag wetlikgesproke wat word van daardie heffing as ek van die grid af gaan?
Gaan hulle my steeds verantwoordelik hou vir daardie heffing, omdat hulle destyds die koste aan gegaan het om ons lyne te bou? Of kom sny hulle net van hulle kant af, my konneksie af en ons skei ons paaie daar?

Groete
As jy van die grid af gaan en nie formeel die punt met ESKOM termineer nie, gaan jy maandeliks aangeslaan word vir die heffings vir daardie punt.
Sodra jy weet jy is af, gee jy kennis, ESKOM trek die links lees die meter en slaan jou finaal aan, dan verwyder hulle die transformator en ander toerusting.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

jdpretorius wrote:Baie netjies gedoen Pvdw !
Ek het net so hier en daar raak gelees....
- wat is nou als op die stelsel gekoppel ?
- ek neem aan jy laai 'n bank batterye....hoe veel batterye van wat se tipe & grote ?
- wat het die spulletjie jou gekos as ek dalk so lelike vraag mag vra

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
JD die is 'n "grid tie"sisteem. Dis 'n sisteem wat direk aan my huis krag lewer as die son skyn. In dien daar tekort is trek hy slegs die tekort van die grid. As die grid wegval soos tydens loadshedding skakel die eenheid ook af. Hy kort die grid om hom lewindig te hou. Sy hoof voordeel is daaglikse besparing van stadsraad krag.

Sodra die gelde reg is gaan ek die battery backup gedeelte bysit. So nee my huidige stelsel het geen batterye vir nou nie.

Ek gaan my maandelikse besparing van 'n beraamde R1100-1300 per maand( nog voor ons nuwe verhoging) wegsit en daarmee my upgrade na volle hibride sisteem doen. So betaal my huidige sisteem se besparing vir my upgrade. As jy eers offgrid/backup sisteem insit het jy nie regtig daaglikse besparing nie, net gemoedsrus tydens loadshedding. My plan is dat ek opeindig met beide en net vir 1 direk betaal.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by jdpretorius »

Pvdw wrote:

Dankie Pvdw, dit is n slim manier om stelselmatig oor te skakel soos jy spaar....ek soek dalk eerder na die gemoedsrus vir wanneer daar 'n onderbreking is, so wel as stelselmatig af beweeg, so vir nou net die belangrike goed soos ligte, yskaste, alarm, cctv, tv ens.....dit kos ongelukkig n paar rand...gelukkig het ek reeds die skuif gemaak na gas geyser en stoof wat seker 'n werklike bespsring van 20% bied.
N pel laat volgende week vir hom so 'n 4.8kw sisteem installeer vir 65k....eina !

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by naas222 »

Ek lees al die raad en dis baie insigeewend dankie.
Ek het n 250l son geyser by The sun pays gekoop op Cullinan..R9500.. Self geinstaleer.. 4 mense skower lekker gemaklik en oor as genoeg warm water vir skottelgoed. Dan n gas stoof by Zero gekoop vir dink R3500.. N 19kg gasbotel hou so 5 maande vir kan nou nie prys onthou nie dink R400 n refill.. Al krag wat ek gebruik is dus ligte en yskas ketel en strykyster.. Die tv nou al amper 3 jaar terug tot niet gemaak...hou jou net uit die slaap..
Volgende is solar ligte met sy paar baterye. Dan laater n battery bank om volwaardig van die grid te gaan. Vir sweis sal ek maar die genie opstart en gras sny met n petrol masjien.
Begin klein...koop reg en brei uit soos geld dit toelaat.. As jy jou oë uitvee is jy self onderhoudend.
Het iemand kennis of ondervinding met wind laaiers.
Peet as ek jou draad hi jack na alternatiewe krag tik my oor die vingers en ek delete
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Blink Stefaans »

Naand
Wil hou hoor.
Kan n goeie deal kry op n 3kw solar sisteem met agt 108ah baterye 60amp herlaaier en al die lekler goeters wat saamgaan.
My hele huis het leds 80w totaal, dan wil ek net die yskas, vrieskas, alarm en tv op hom hardloop.
Sal die siteem voldoende wees?
My yskas en vrieskas is splinternuut. Die vrieskas bv trek net 90w
Ek is seker ek sal nie van die grid af kan kom nie, maar as die popo die fan strike behoort ek nog te kan aankarring?
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
User avatar
henk.spioenkop
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 298
Joined: Thu Jul 30, 2015 12:45 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by henk.spioenkop »

naas222 wrote:Ek lees al die raad en dis baie insigeewend dankie.
Ek het n 250l son geyser by The sun pays gekoop op Cullinan..R9500.. Self geinstaleer.. 4 mense skower lekker gemaklik en oor as genoeg warm water vir skottelgoed. Dan n gas stoof by Zero gekoop vir dink R3500.. N 19kg gasbotel hou so 5 maande vir kan nou nie prys onthou nie dink R400 n refill.. Al krag wat ek gebruik is dus ligte en yskas ketel en strykyster.. Die tv nou al amper 3 jaar terug tot niet gemaak...hou jou net uit die slaap..
Volgende is solar ligte met sy paar baterye. Dan laater n battery bank om volwaardig van die grid te gaan. Vir sweis sal ek maar die genie opstart en gras sny met n petrol masjien.
Begin klein...koop reg en brei uit soos geld dit toelaat.. As jy jou oë uitvee is jy self onderhoudend.
Het iemand kennis of ondervinding met wind laaiers.
Peet as ek jou draad hi jack na alternatiewe krag tik my oor die vingers en ek delete
Goeiemôre, Henk van Zyl hier. Ek het n windturbine, baie meer maintenance as son. Die voordeel van wind is hy wek krag in die nag ook op. Die son skyn nie in die aand hier by ons nie. My opwekking behels 100kW sonpanele (408 x panele) + (4 x 25kW inverters). 1 x 200kW Vesta windturbine (2de handse masjien). Alles netwerverbind, geen battery. As krag af is, is hulle ook as. Gensets moet maar loop.

Naas ek en jy is op dieselfde bladsy. Solar/wind wat ookal die bron is 'n proses en 'n aanpassing. Mense is gemaklik en wil nie iets opgee of verander nie. Ek sien baie mense hier het reeds die kopskuif gemaak en dit WERK as jy net jou deel bybring.

Mense koop eerder nuwe S10 foon voor hulle solar koop of gaan Europa toe vir 2 weke as om hulle hele huis met solar te voorsien met daai geld. Vakansie sal later kom as jy eers lekker op krag ka bespaar. ;)
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

Blink Stefaans wrote:Naand
Wil hou hoor.
Kan n goeie deal kry op n 3kw solar sisteem met agt 108ah baterye 60amp herlaaier en al die lekler goeters wat saamgaan.
My hele huis het leds 80w totaal, dan wil ek net die yskas, vrieskas, alarm en tv op hom hardloop.
Sal die siteem voldoende wees?
My yskas en vrieskas is splinternuut. Die vrieskas bv trek net 90w
Ek is seker ek sal nie van die grid af kan kom nie, maar as die popo die fan strike behoort ek nog te kan aankarring?
Stefaas is daar panele in daai paket?? Is daai laaier Ac of DC?

Is daai 12V batterye en is hulle nuut!! Indien wel werk sie som rofweg so.

108x8=864A/h 12V
12x864=10368W

meeste loodsuur batterye kan veilig so 40% van die kapasiteit ontlaai word om lewe te verleng. Hier en daar is probukte war 50% toelaat maar die algemeen is 40%.

10368x40%=4147W

Nou in teorie kan jy iets of 'n kombinasie van items wat 1000W trek vir 4 ure aan die gang hou. Dis nou as daar geen verliese is van die inverter se effektiwiteit/hitte en nog ander faktore.

So jy sal moet wiskunde doen van wat presies gaan loop op daai sisteem. Paar ligte, yskas,vrieskas,TV??? Doen die som en kyk of dit aan jou verwagtinge voldoen.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

Goeiemôre, Henk van Zyl hier. Ek het n windturbine, baie meer maintenance as son. Die voordeel van wind is hy wek krag in die nag ook op. Die son skyn nie in die aand hier by ons nie. My opwekking behels 100kW sonpanele (408 x panele) + (4 x 25kW inverters). 1 x 200kW Vesta windturbine (2de handse masjien). Alles netwerverbind, geen battery. As krag af is, is hulle ook as. Gensets moet maar loop.
Henk die is nou indrukwekkende setup wat jy hier het!! 8) 8)
Sako308
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Sun Apr 15, 2012 11:18 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Sako308 »

Baie dankie vir gesprek sover.

Ek wil kyk na die "grid tie" tipe met sonpanele as 'n begin en dan die gelde wat ek spaar wegsit vir uitbreiding van die stelsel.

Ek dink dat die gebruik van 'n DC geyser element met Escom backup ook 'n goeie idee is, aangesien jy dan net PV panele op die dak het.
https://www.sssolar.co.za/docs/Dual%20e ... system.pdf

Hier is 'n oulike link om jou kraggebruik vir 'n verskeidenheid van toerusting mee te skat:
https://powerequipment.honda.com/genera ... calculator

Wat dink julle?
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

Sako308 wrote:Baie dankie vir gesprek sover.

Sako wat die geyser aan betref kan jy Solic200 ook oorweeg. Dis 'n stelsel wat 230 na die geyser beheer. Indien jy te min of net genoeg krag vir die huis het bly die geyser af. Sodra jy oor produseer"export"jy na die geyser eerder as na die grid.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Apie »

Kan mens ‘grid tie’ as jy ‘n Pre paid kragmeter het?

Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

Apie wrote:Kan mens ‘grid tie’ as jy ‘n Pre paid kragmeter het?

Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Jip. Maak net 100% seker jou grid feed funkie is af. Daai prepaid meters meet krag wat in en uit gaan en dan betaal jy vir beide. Of dis tenminste hoe van die hier by ons werk.
User avatar
Morkel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sat Sep 10, 2016 2:45 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Morkel »

More manne, pragtige dagbreek hier by my, nie n windjie nie.
Ek het weer die naweek gedagtes wat gedeel was met vrinne bespreek. Die lot bly op eco estate en hulle het ook verskeie opsies ondersoek van beheerligaam oogpunt. Intresant was dat die nuwe gas inlyn “ heater” die mees effektiefste oplosing was vir warem water.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
henk.spioenkop
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 298
Joined: Thu Jul 30, 2015 12:45 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by henk.spioenkop »

Pvdw wrote:
Goeiemôre, Henk van Zyl hier. Ek het n windturbine, baie meer maintenance as son. Die voordeel van wind is hy wek krag in die nag ook op. Die son skyn nie in die aand hier by ons nie. My opwekking behels 100kW sonpanele (408 x panele) + (4 x 25kW inverters). 1 x 200kW Vesta windturbine (2de handse masjien). Alles netwerverbind, geen battery. As krag af is, is hulle ook as. Gensets moet maar loop.
Henk die is nou indrukwekkende setup wat jy hier het!! 8) 8)
Goeiemôre. My goed is ook maar vol luis. Ek het die afgelope 10 jaar dit my werk gemaak om aan elektisiteit besparing te werk. Eskom het 16 punte op my plaas gehad. Totale kVA benodig op 16 punte was 3000kVa bymekaar getel. Ek bou toe 16km 22kV kraglyne en sit my eie transformers 22kV-400V op en vat een metering point van 2000kVA. Bepaal toe minimum demand 280kW. Baie selde word meer as 250kW opgewek. Stelsels se effektiwiteit is nie wat hulle verkoop voor is nie.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

Blazer wrote: Intresant was dat die nuwe gas inlyn “ heater” die mees effektiefste oplosing was vir warem water.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Wat behels so stelsel?? Is dit anders as die gas geysers wat ons ken??
User avatar
Morkel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sat Sep 10, 2016 2:45 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Morkel »

Soos ek verduidelik is, dit is soortgelyk aan die ou gas heater met die pilot vlam wat so gereeld uit gewaai het by ouma en oupa se strandhuis. Nuwe tegnologie kan jy die eenheid direk bo jou badkamer in dak of buite jou kombuis teen muur instaleer. Van eenhede gebruik batery om gas te ontsteek of n inlyn waterwiel wat die energie opwek om gas te ontsteek.
Ek moet nog gaan soek op google. Blykbaar produk van Australie

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by jdpretorius »

As jy dalk jou begin solar sisteem sou wil aanvul met n kleinerige wind terbune, waar na moet n ou kyk en wat is die slag gate/oorwegings, pryse ens. ?
Wat se tipe onderhoud het die goed nodig ?

Ek dink om met n 4.8kw hybrid solar stelsel te begin vir die noodsaaklike goed (seker 48v sodat ek later kan vergroot) en dan vir n begin ook aan tevul met n klein wind terbune vir die aande, bewolkte dae of selfs die winter wanneer daar minder son is.
Sou so iets die kool die sous werd wees ?

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

jdpretorius wrote:As jy dalk jou begin solar sisteem sou wil aanvul met n kleinerige wind terbune, waar na moet n ou kyk en wat is die slag gate/oorwegings, pryse ens. ?
Wat se tipe onderhoud het die goed nodig ?

Ek dink om met n 4.8kw hybrid solar stelsel te begin vir die noodsaaklike goed (seker 48v sodat ek later kan vergroot) en dan vir n begin ook aan tevul met n klein wind terbune vir die aande, bewolkte dae of selfs die winter wanneer daar minder son is.
Sou so iets die kool die sous werd wees ?

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
JD maak net seker jy mag wind terbune opsit waar jy woon. Hulle kan lekker lawaai en dus steurend raak. Baie stadsrade laat hulle nie in stedelike gebiede toe nie.
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by JJV »

Het iemand al die $ uitgehaal vir Lithium batterye? Ek ken net Lood A/h ons is nog op 36V sisteem en hardloop 9x 12v 100Ah batterye eers in serie om 36v te kry en parallel om 300A/h te kry dus 3 stelle van 36V. Nie grid tied met 4kw MLT inverter wat al jaare loop. Sal graag die crap 12V “deep” cycle batterye wil scrap. Dink ek sal met 200A/h ook wegkom deur die nag. Waarna moet ek kyk? Trek net lae energie yskas en vrieskas en dalk waaier of 2 deur die nag. Dalk maar oorskakel 48V toe?? JJV

Sent from my iPhone using Tapatalk
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Nella »

Goeie more JJV.
Ek beveel altyd ten sterkste die li-ion batterye aan vir al my kliënte.
Hoof rede is as volg.
Jou huidige battery bank werk uit op 10800w/h
En self dit is baie optimisties want lood suur batterye is altyd optimaal gegradeer.
Gaan kyk na hulle "konstante lading" grafiek en jy sal sien dat daai battery bank basies nooit uitkom op wat sy "rating" is nie.
Nou as ons na daai battery bank se "DOD" teen oor sy "cycle life" kyk dan sien ons dat jy eintlik nie hulle meer as 20% moet ontlaai nie want dit verkort hulle lewens tydperk drasties.
Kom ek gee jou 'n aanduiding
Screenshot_2019-03-26-05-22-13.png
Die grafiek is van 'n absolute fantastiese ware "deep cycle " battery. Hulle is ontsaglik duur teen R8700 een. Nou as mens selfs na hul grafiek kyk kan mens sien hoe vinnig begin hulle lewe verkort as mens 20% DOD verby gaan.

As mens nou dan in ag neem dat 90% plus van al die top ware deep cycle batterye wat vandag beskikbaar is se maksimum siklusse maar om meer te begin hier by 4000 draai en as hy meer as 20% ge ontlaai word val dit baie vinnig na 400 en minder siklusse dan kan ons nou ons somme maak.
So efektief ,en ek vir algemeen nou baie hier, kan jy maar net 20% van jou battery se kapasiteit gebruik.
Nou 'n Li-ion kan jy konstant na 80 -90% toe ontlaai en van hulle 'n 100% en nog steeds 6000 siklusse plus uit hulle kry.
Basies gaan net een 2.4kw li-ion battery 'n bank van 4x 200a/h lood suur batterye uit presteer.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Just smile and wave boys >:D
Post Reply