Ek is besig met navorsing oor klere vir die koue. Ek weet dit is al bespreek en ek het deeglik kennis van Taffie se skaaptoffels geneem
Ek het egter saam met Gerhard gaan skiet so 2 Saterdae terug en dit was bledie koud na 11 die aand
Ek het die net gesurf en ek sien dat die materiaal beskikbaar is in verskillende dikktes wat gemeet word in g per 4kante meter. Dit wissel vanaf 100gr tot so swaar as 1000g
Die materiaal word egter gebruik om enige kledingstukke vanaf "Beanys, baadjies, broekke. boot liners, kouse, handskoenne en als te maak of te "line"
Het iemand ondervinding van die produkte en waar kry ons dit te koop in SA?
Peet


