Uitken van roepe

Post Reply
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Uitken van roepe

Post by Pvdw »

Hi almal.

Ek wil net graag hoor of iemand my kan help om jakkals klanke uit te ken en hoe ek daarop moet reageer as ek roep.

Soos julle weet is daar maar altyd jakke om jou wat roep as jy in die veld is, soms roep hulle al as jy nog die bakkie laai. Waarna moet ek luister om te weet of dit 'n vriendelikke/agresiewe/stress roep is? Ek het Hein se CD vol 6 maar vir my klink alle jak roepe dieselfde ??? ??? ???
Waarna moet ek luister?

As ek dan nou weet watter tipe roep dit is en ek sit daar in die veld en speel kos vir nog net so paar min. wat moet ek doen?? Aanhou met kos of is daar 'n spesifieke tegniek om op jakkals roeppe te reageer.

Ek het 'n opsomming van Hein se standaard roep gemaak en daar is wel 'n tegniek om te volg as jakke reageer op my roeper se jakroep maar ek vind niks om my te s? wat om te doen as hulle roep en ek het nog nie begin nie of ek speel nog net kos.

Help asb.

Peet
Last edited by Pvdw on Thu Apr 28, 2011 10:32 am, edited 1 time in total.
Work to live, don"t live to work
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Uitken van roepe

Post by iceman1982 »

Goeie vraag,
Ek luister ook...
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Uitken van roepe

Post by 222 »

Peet

Ek weet net dat hoe uoer hy is hoe dieper is sy stem en hoe slimer is hy. Volgens 222'tjie kan 'n jakkals ook nie knor nie, hy blaas amper soos 'n kat. As TA agresief is dan maak hy so nrjaf geluid.

Die manne wat weet moet my maar korregeer as dit wat ek s? nonsens is. 222'tjie is net by die skool vandag (ja daar is skole wat nie af het nie) ek sal hom vra om my te korregeer as ek die verkeerde goete geskryf het.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Uitken van roepe

Post by Pvdw »

Hi manne, is daar niemand daar buite wat met die een kan help nie ??? ???

Moet ek hom dalk skuif daar na Taffie se tips toe waar die manne meer lees en gesels?

Peet
Work to live, don"t live to work
Danie Lombard .243

Re: Uitken van roepe

Post by Danie Lombard .243 »

Dit is werklikwaar 'n goeie tog 'n moeilike vraag wat Peet vra.

Voor ek die vraag probeer antwoord wil ek graag aan jul my opinie en raad gee. Ondervinding, tyd en geduld (ek het nie geduld nie ;D) is die GROOT sleutel tot die jak klank bedryf. Wat ek met dit bedoel is mens moet maar baie tyd in die veld deur bring en net luister hoe die jakke huil en blaf, watter tyd en waar. Ek weet dat almal nie boere is nie en dus nie saans kan luister hoe die jakke praat en mekaar roep nie. Dit sal wel behulpsaam wees om te luister oor 'n lang bestek van tyd hoe die jakke lawaai.


Peet, meeste van die jak klanke wat ons in die nag hoor is sosiale klanke. Soos die jak deur sy area beweeg is hy lief om sporadies te huil sodat ander in naburige areas kan verneem van hulle teenwoordigheid in hul eie area. Dit is ook soos ek dit sal noem sosial vriendelike lawaai. Hier by my op die plaas gebeur dit so met sonsak, 8pm, rondom 12pm, 3am en dan net voor of terwyl die son opkom vroeg oggend.

Peet, ek gee jou 'n vinnig opsomming van hoe ek die roep ding sien en beleef en dit werk vir my, dalk is ek verkeerd en sal dit waardeer as iemand my sal reghelp sou ek verkeerd wees.


As ek gaan roep of jakke soek roep ek gewoontlik maar 'n sosiale klank, soos wat hulle in die veld snags lawaai. 50% van die tyd antwoord hulle terug om aan my roeper te se dat hulle ook in die area is en dat hul ontevrede is oor die roeper wat nou in hulle area is. Dan kom loer hulle na die roeper.
EK roep nie sommer die HOO HO HO HO HO HOO HO HO HO tipe blaf klanke nie, dit is agresiewe jak geluide. Sou daar dalk jong jakke in die omgeweing wees skrik dit hulle af en hull word bang vir die ou groot kwaai jak klank wat uit my roeper uit kom, hulle kies gewoontlik die hase pad. Soos ek bo genoem het, ek luister na hulle klanke in die veld en probeer dit naboots. Jong klein jakke klink net soos grotes. Teef en reun blaf albei te lekker hard en kwaai. Albei kan ook skril dames geluide maak. As 'n jak jagter sy naam behoorlik wil gat maak dat moet hy die klank se geslag probeer indetifiseer.

Kos klanke werk altyd want jakke is altyd honger en opsoek na kos, die hele nag deur knibbel hulle aan muise, voels, voel eiers, insekete, reptiele ens. terwyl hulle hul area patroleer en na die boere se lammers soek. 'n Jak vreet enige ding wat gevreet kan word. Het al gesien waar jakke skoene, kampstoele, tente en enige tipe ding probeer eet tenspyte van die mense reek aan die artikels. Die jak byt en verskeer die artikels om net uit te vind dit is nie eetbaar nie. Ook maat lekker dom die jakke.
Enige tipe kos klank trek 'n jak se aandag.
Jy vra of daar 'n spesifieke manier kombinasie is om te roep bv. eers roep, dan kos, dan weer roep ens. Ek dink nie daar is 'n spesifieke tegniek nie. Soms kom die jak vir 'n jak roep, soms kom hy vir kos roep ens. Dit moet net interesant klink en natuurlik wees, nie 188dB nie en ook nie -90dB, net natuurlik.

Jare terug het ek een nag sommer so met die mond HA HA HA!! gemaak en hulle het gekom. My buurman en sy pa (omie is oorlede) is ook ervare jak jagters. Daai jare het ons jakke geroep met die "tape" en die bakkie radio. So sit die omie voor in die bakkie en ruil die tapes en speel dat dit klap. So met al die ruil van die tapes gryp die omie perongeluk 'n tape van 'n bekende afrikaanse dames sangeres wat hoog sing met 'n tremulant in haar stem. Jakke het luid keels begin terug roep, ingekom bakkie toe en hulle is op die bakke gelaai.
2 van my stads maters kom kuier vir my, ons gaan jakke soek, geroep, jak kom in, skiet hom anderkant van kamp draad, ek klim deur draad, loop so 150 meter met flits, tel jak op, skreeu terug bakkie toe watter geslag die jak is en waar die skoot is, loop terug bakke toe, laai jak op, ons gesels dat dit gons, ek wens die mater geluk met sy eertse jak, een moerse lawaai. Klim om die bakkie, maak gereed om te ry, sit spotlight aan, lig en wat sit daar waar ek oomblikke terug die jak gaan haal het? 'n GROOT ander jak, so krom rug en beloer ons. Hy het ook bakkie gery.
So kan ek jou vele verhale vertel van jak jag ens. Van lawaai, bakkie hooter perongeluk druk, bakkie deure wat toe klap, tool box agter op bakkie wat raas, ag sommer 'n moerse lawaai wat perongeluk gemaak word en steeds kom ou jak in om te loer wat aangaan.
Hoekom ek dit vir jou noem, die senarios wat ek jou nou van vertel het druis erg in met normale jak jag praktyk naamlik dat 'n geraas 'n jak afsrik.
Mens moet nie lawaai as jy jak jag nie, dit is verkeerd.
My opinie, enige klank wat 'n jak interesant vind sal hy kom ondersoek in stel en loer wat daar aangaan.

Spandeer tyd in die veld, luister na die jakke, hoor wat hulle se, dit is goud werk.

Ek dink dit sal werklikwaar 'n uitstekende blink plan wees as kundige persone wat weet hoe die ding werk vir ons 'n jak geluid kursus kan aanbied. Nie 'n jak jag kursus nie, ons weet hoe om hulle te jag. Ek praat van 'n geluid kursus waar ons kan leer, 'n blaf beteken dit, HO HOO HO beteken dit ens. ens.

Is so iets dalk moontlik?? Ek sal bitter graag so 'n leesing wil bywoon.


Danie
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Uitken van roepe

Post by 222 »

Danie .243 wrote:





So sit die omie voor in die bakkie en ruil die tapes en speel dat dit klap. So met al die ruil van die tapes gryp die omie perongeluk 'n tape van 'n bekende afrikaanse dames sangeres wat hoog sing met 'n tremulant in haar stem. Jakke het luid keels begin terug roep, ingekom bakkie toe en hulle is op die bakke gelaai.
2 van my stads maters kom kuier vir my, ons gaan jakke soek, geroep, jak kom in, skiet hom anderkant van kamp draad, ek klim deur draad, loop so 150 meter met flits, tel jak op, skreeu terug bakkie toe watter geslag die jak is en waar die skoot is, loop terug bakke toe, laai jak op, ons gesels dat dit gons, ek wens die mater geluk met sy eertse jak, een moerse lawaai. Klim om die bakkie, maak gereed om te ry, sit spotlight aan, lig en wat sit daar waar ek oomblikke terug die jak gaan haal het? 'n GROOT ander jak, so krom rug en beloer ons. Hy het ook bakkie gery.

Danie
Danie

Presies al dieselfde ondervindige gehad. Speel die cd (hier van die dak af) en my seun moet die ding mos nou op die regte oomblik pause. Raak hy aan die cd/radio knoppie. (radio was nie op stasie nie) Mo#@se harde gesuis. Vat die lig om te kyk wat gaan aan en met die sien ek twee pare ogies aangehardloop kom, sommer voet in die hoek. Kon die twee ook skiet, met die terugry probeer ek hom vertel dat mens maar stil moet wees. (jy weet hom op 'n mooi KALM manier vertel ek verloor mos nooit my humeur nie ;D). Wys wys hy so met sy vinger en ek s? hy moet net luister en nie terugpraat nie s? hy: "maar pappie daar sit die jakkals dan langs die hek".

Goed goed het hom nie raakgeskiet nie want ek was heeltemal te kalm na die "stilwees" les.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Uitken van roepe

Post by Pvdw »

Dankie vir die antwoord Danie , dit help al reeds. wat ek egret ook wil ,weet is wat om te doen as ek nou daar sit en hasie, hasie, hasie en die volgende oomblik gesels jakke so om my. Wurg ek gou vir hasie en praat saam of laat ek ou hasie maar verder kerm?

Danie daai plan van jou oor die jakkals klank/roep kursus dink ek sal 'n wenner wees 8) 8) 8). Net soos jy verwys het na die HOO HO HO HO HO HOO HO HO HO tipe blaf klanke as agresief glo ek met die regte kursus sal iemand kan help om ons te wys op punte waarna ons kan oplet om so te weet wat die jakke gesels. Sommer 'n blink plan van jou daai. Enige vrywiligers daar buite wat so iets sal aanbied of op CD sal sit???

Peet
Last edited by Pvdw on Thu May 05, 2011 6:25 pm, edited 1 time in total.
Work to live, don"t live to work
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: Uitken van roepe

Post by Doepie01 »

Naand Manne

Ek wil ook n vragie vra oor die uitken van n Jak klank. Vanaand toe ek my pomp gaan afsit hoor ek hoe 2 Jakkalse vir mekaar skreeu/roep. Ek weet nie eintlik hoe om die klank te verduidelik nie maar dit klink basies so: Mhaa Mhee, Mhaa Mhee. Die Mhaa is n diep stem en die mhee is die skriller stem. Die een antwoord dus dadelik die ander een en dit klink of hulle basies bymekaar is. Dit klink glad nie dieselfde as as daai Whaa Whaa waarmee Ta my altyd vloek nie. Ek sou raai dit is n reen en n teef wat gesels.

Ek het dadelik huis toe gekom en gou deur al my Cd's se Jak klanke gegaan maar nie een gekry wat so klink nie. As iemand kan help asb. Die rede hoekom ek basies wil weet is hoe ek moet reageer op so n klank en wat dit vir my moet vertel.

Groete
Doepie
Pieter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 479
Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am

Re: Uitken van roepe

Post by Pieter »

Miskien moet ons vir Tewis van Oudtshoorn vra, hy het mos in die Landbouweekblad geskryf oor die jakkals geluide, glo in die 20 (24 of 26) vokale geluide wat die goed maak.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Uitken van roepe

Post by Pvdw »

Hi Pieter, het jy dalk meet inligting oor daai Landbou Weekblad? Sal hom graag aan die hande wil kry.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Wiehan111
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Sun Sep 12, 2010 6:26 pm

Re: Uitken van roepe

Post by Wiehan111 »

Pvdv

Ek sit met dieselfde probleem. Al die vlekkies wat ek het klink vir my dieselfde en elsneus nee weet nie wat aan gaan nie.
25-06 Savage Tactical
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Uitken van roepe

Post by James Wilson »

Danie jou storie klink soos daai aand toe ek nog ntuisgemaakte roeper wat met n ipod werk gbruik het. al wat daai ipod daai wou speel was Roxette se een liedjie.  ek vloek en stoei met daai roeper vir seker 5 min. toe ek ek eindelik moed opgee toe sit hier n jak op sy gat seker so 30 tree van my af, my en bekyk.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Uitken van roepe

Post by spekieries »

Jagbehep daai Jakkie was seker lus vir 'n "Joy ride"
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Uitken van roepe

Post by James Wilson »

spekieries wrote: Jagbehep daai Jakkie was seker lus vir 'n "Joy ride"
hy het oomblikke daarna n ride op die bakkie gekry, ek weetnie hoeveel joy was daarin vir hom nie. ;D
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Post Reply