Dit is werklikwaar 'n goeie tog 'n moeilike vraag wat Peet vra.
Voor ek die vraag probeer antwoord wil ek graag aan jul my opinie en raad gee. Ondervinding, tyd en geduld (ek het nie geduld nie

) is die GROOT sleutel tot die jak klank bedryf. Wat ek met dit bedoel is mens moet maar baie tyd in die veld deur bring en net luister hoe die jakke huil en blaf, watter tyd en waar. Ek weet dat almal nie boere is nie en dus nie saans kan luister hoe die jakke praat en mekaar roep nie. Dit sal wel behulpsaam wees om te luister oor 'n lang bestek van tyd hoe die jakke lawaai.
Peet, meeste van die jak klanke wat ons in die nag hoor is sosiale klanke. Soos die jak deur sy area beweeg is hy lief om sporadies te huil sodat ander in naburige areas kan verneem van hulle teenwoordigheid in hul eie area. Dit is ook soos ek dit sal noem sosial vriendelike lawaai. Hier by my op die plaas gebeur dit so met sonsak, 8pm, rondom 12pm, 3am en dan net voor of terwyl die son opkom vroeg oggend.
Peet, ek gee jou 'n vinnig opsomming van hoe ek die roep ding sien en beleef en dit werk vir my, dalk is ek verkeerd en sal dit waardeer as iemand my sal reghelp sou ek verkeerd wees.
As ek gaan roep of jakke soek roep ek gewoontlik maar 'n sosiale klank, soos wat hulle in die veld snags lawaai. 50% van die tyd antwoord hulle terug om aan my roeper te se dat hulle ook in die area is en dat hul ontevrede is oor die roeper wat nou in hulle area is. Dan kom loer hulle na die roeper.
EK roep nie sommer die HOO HO HO HO HO HOO HO HO HO tipe blaf klanke nie, dit is agresiewe jak geluide. Sou daar dalk jong jakke in die omgeweing wees skrik dit hulle af en hull word bang vir die ou groot kwaai jak klank wat uit my roeper uit kom, hulle kies gewoontlik die hase pad. Soos ek bo genoem het, ek luister na hulle klanke in die veld en probeer dit naboots. Jong klein jakke klink net soos grotes. Teef en reun blaf albei te lekker hard en kwaai. Albei kan ook skril dames geluide maak. As 'n jak jagter sy naam behoorlik wil gat maak dat moet hy die klank se geslag probeer indetifiseer.
Kos klanke werk altyd want jakke is altyd honger en opsoek na kos, die hele nag deur knibbel hulle aan muise, voels, voel eiers, insekete, reptiele ens. terwyl hulle hul area patroleer en na die boere se lammers soek. 'n Jak vreet enige ding wat gevreet kan word. Het al gesien waar jakke skoene, kampstoele, tente en enige tipe ding probeer eet tenspyte van die mense reek aan die artikels. Die jak byt en verskeer die artikels om net uit te vind dit is nie eetbaar nie. Ook maat lekker dom die jakke.
Enige tipe kos klank trek 'n jak se aandag.
Jy vra of daar 'n spesifieke manier kombinasie is om te roep bv. eers roep, dan kos, dan weer roep ens. Ek dink nie daar is 'n spesifieke tegniek nie. Soms kom die jak vir 'n jak roep, soms kom hy vir kos roep ens. Dit moet net interesant klink en natuurlik wees, nie 188dB nie en ook nie -90dB, net natuurlik.
Jare terug het ek een nag sommer so met die mond HA HA HA!! gemaak en hulle het gekom. My buurman en sy pa (omie is oorlede) is ook ervare jak jagters. Daai jare het ons jakke geroep met die "tape" en die bakkie radio. So sit die omie voor in die bakkie en ruil die tapes en speel dat dit klap. So met al die ruil van die tapes gryp die omie perongeluk 'n tape van 'n bekende afrikaanse dames sangeres wat hoog sing met 'n tremulant in haar stem. Jakke het luid keels begin terug roep, ingekom bakkie toe en hulle is op die bakke gelaai.
2 van my stads maters kom kuier vir my, ons gaan jakke soek, geroep, jak kom in, skiet hom anderkant van kamp draad, ek klim deur draad, loop so 150 meter met flits, tel jak op, skreeu terug bakkie toe watter geslag die jak is en waar die skoot is, loop terug bakke toe, laai jak op, ons gesels dat dit gons, ek wens die mater geluk met sy eertse jak, een moerse lawaai. Klim om die bakkie, maak gereed om te ry, sit spotlight aan, lig en wat sit daar waar ek oomblikke terug die jak gaan haal het? 'n GROOT ander jak, so krom rug en beloer ons. Hy het ook bakkie gery.
So kan ek jou vele verhale vertel van jak jag ens. Van lawaai, bakkie hooter perongeluk druk, bakkie deure wat toe klap, tool box agter op bakkie wat raas, ag sommer 'n moerse lawaai wat perongeluk gemaak word en steeds kom ou jak in om te loer wat aangaan.
Hoekom ek dit vir jou noem, die senarios wat ek jou nou van vertel het druis erg in met normale jak jag praktyk naamlik dat 'n geraas 'n jak afsrik.
Mens moet nie lawaai as jy jak jag nie, dit is verkeerd.
My opinie, enige klank wat 'n jak interesant vind sal hy kom ondersoek in stel en loer wat daar aangaan.
Spandeer tyd in die veld, luister na die jakke, hoor wat hulle se, dit is goud werk.
Ek dink dit sal werklikwaar 'n uitstekende blink plan wees as kundige persone wat weet hoe die ding werk vir ons 'n jak geluid kursus kan aanbied. Nie 'n jak jag kursus nie, ons weet hoe om hulle te jag. Ek praat van 'n geluid kursus waar ons kan leer, 'n blaf beteken dit, HO HOO HO beteken dit ens. ens.
Is so iets dalk moontlik?? Ek sal bitter graag so 'n leesing wil bywoon.
Danie