Twee nagte is gesoek na die goggas wat die lammers vang. Geen oog gesien of jakkals ooit gehoor.
Wanneer ons uit die kamp gaan kon ons duidelik hoor die ooie is onrustig. Op die derde aand was ons moed baie laag want die vorige nag is weer drie lammers gevang, die manier van vang het baie ooreengestem met rooikat behalwe dat geen tand merke aan die kele gekry kon word net kneusmerke aan die nekke.
Lammers almal aan die agterkwart gevreet met slegs een lam wat op die blad gevreet is.
Die gevolgtrekking skelm rooikat op sy beste. Spore by lammers net die snaakse skaapspore Lyk nogal partykeer bietjie na klein koedoe spore.
Laatnag ry ons uit op die vark tussen die ooie na gesukkel het hom darem agterop bakkie.
Binnegoed: Skaapvleis, stukkies skaapvel en lamstert.
Is dit normaal dat die goete lammers vang,die goete nog nooit hier rond gesien of geskiet nie.
Ek het per slot van sake nog nooit so ding lewendig gesien nie.
Met verdere navrae hoor ek daar bleikbaar geweldige druk op die manne wat die goed jag om hul jagaktiwiteite te stop. Wil dan nou voorkom dat enige dier wat skade aanrig beskerm moet word.
[img]http://[/img]

Sal later foto's opsit van lammers gevang
Knou goggas af
MEERKAT


