Bosvark en kleinvee verliese

User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Bosvark en kleinvee verliese

Post by MEERKAT »

"n Amperse buurman van my het oor periode van 7 dae 16 lammers verloor.

Twee nagte is gesoek na die goggas wat die lammers vang. Geen oog gesien of jakkals ooit  gehoor.

Wanneer ons uit die kamp gaan kon ons duidelik hoor die ooie is onrustig. Op die derde aand was ons moed baie laag want die vorige nag is weer drie lammers gevang, die manier van vang het baie ooreengestem met rooikat behalwe dat geen tand merke aan die kele gekry kon word net kneusmerke aan die nekke.

Lammers almal aan die agterkwart gevreet met slegs een lam wat op die blad gevreet is.
Die gevolgtrekking skelm rooikat op sy beste. Spore by lammers net die snaakse skaapspore Lyk nogal partykeer bietjie na klein koedoe spore.

Laatnag ry ons uit op die vark tussen die ooie na gesukkel het hom darem agterop bakkie.
Binnegoed: Skaapvleis, stukkies skaapvel en lamstert.

Is dit normaal dat die goete lammers vang,die goete nog nooit hier rond gesien of geskiet nie.
Ek het per slot van sake nog nooit so ding lewendig gesien nie.

Met verdere navrae hoor ek daar bleikbaar geweldige druk op die manne wat die goed jag om hul jagaktiwiteite te stop. Wil dan nou voorkom dat enige dier wat skade aanrig beskerm moet word.
[img]http://[/img]Image

Sal later foto's opsit van lammers gevang
Knou goggas af
MEERKAT
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by Gerhard »

Het jy byt merke op die keel gekry vd lamers?

Ek weet bosvark sal vleis vreet (omnivoor) maar self vang weet ek nie...
Last edited by Gerhard on Wed Jul 07, 2010 12:57 pm, edited 1 time in total.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
NICO
Full Member
Full Member
Posts: 125
Joined: Tue May 25, 2010 4:04 pm

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by NICO »

Hallo

Ek het al gehoor van n vlakvark wat n man gestorm het en n gedeelte van sy hand af gebyt of amper afgebyt. Ek dink hy is iewers van Kathu se wereld. So ja die goed kan dalk seker skaap ook vang as hy honger genoeg is en agter kom dat dit n maklike prooi is.
As long as there's lead in the air there are hope
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by Mac »

Gerhard,

Gooi 'n skaap of boklam in een  van die vark hokke van enige vark boer, as hulle glad nie vleis eet nie, vat dit so rukkie, maar as hulle al vleis gekry het, hou daai lam net sekondes, en dis mak varke. het al gesien dat 2 wit landrass bere 'n kalf tjop tjop doodmaak.

Mac
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by Foxcreek »

Manne

In Freddie se w?reld was 'n oom wat met Jack Russells( regtes) geteel het en by hom het 'n ding baie-baie lammers gevang. Dit het klokslag gestop toe hulle 'n ou bosvark beer met die honde vasgekeer het en hy hom geskiet het.

Freddie, weet jy van die oom, sy naam het my nou ontgaan ?

Foxcreek.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by KSV »

Nico,

Die oom het 'n vark gekwes en toe wou hy sommer die vark se keel afsny.  Med die nader kom toe kom oom sleg tweede.  My buurman die apteker het my die storie vertel, dink dis dieselfde man.

'n Kennis van my se vinger is ook al amper so afgebyt.

Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by MEERKAT »

Hallo Gerhard

Geen tandmerke kon aan die lammers se nekke gekry word. Die nekke is erg gekneus baie bloederig.

Die goeie nuus is dat nadat die vark doodgemaak is geen lammers verder verloor is nie.

Tyd sal leer.

Knou goggas af
MEERKAT
Danie Lombard .243

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by Danie Lombard .243 »

Daar's hy manne.

Nou kom die waarheid uit wat ek al sedert kind af weet. Dit is ook die rede hoekom en nie vark eet nie. Vark eet alles. Net soos jakkie alles eet. En ek eet nie jakkie nie, so ook nie varkie nie. Daai mossel ploeg voor aan sy snoet het baie potensiaal.

Nee dankie vir ou wielneus.

My plaaswerker het op 'n tyd varke gehad. As ek springbokke gejag het, het die ou vir my gevra vir die ingewande van die springbokke. Die is dan varkhok toe en ek se vir julle, daai varke dink dit is van die beste kos in die wereld. Ek het my verstom aan die byt en kou vermoe van 'n plaas wielneus vark. Die geluid van die vark se bek op daai derms en pense kan mens opneem en aan die riller film makers in hollywood verkoop. Jul het nog nie so iets gehoor nie.

Hoe meer dae, hoe meer dinge.

Danie
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by Robert »

Die boer by wie ons die dalmation varke gejag het kla ook dat daar geen lammers van die kampe afkom waar die varke loop nie. Volgens hom vreet hulle alles wat lewe en stadiger as hulle is op.

Ek dink ons kan aanvaar dat die otte 'n grooter probleem is as wat die meeste mense dink ???
As hulle onbeperk gaan aanteel gaan die pro jakkie jagters ook pro vark jagters word.
Hier kom 'n ding :o :(

Robert
Oorwining deur opleiding
Ambessa

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by Ambessa »

Hallo Robert
Robert wrote:...dat die otte 'n grooter probleem is as wat die meeste mense dink... ...onbeperk gaan aanteel gaan die pro jakkie jagters ook pro vark jagters word.
...in die U S of A (veral TX) is hulle reeds 'n baie groot kopseer - bekend as feral hogs.

Ambessa
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by Robert »

Oom Ambessa

Word die Hogs daar (usa) ook gejag of het hulle ander manier van getalle beheer?
Sal interesant wees om te sien wat die Yankies doen.

Robert
Oorwining deur opleiding
Ambessa

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by Ambessa »

Hallo Robert
Robert wrote:...die Hogs daar (usa) ook gejag of het hulle ander manier van getalle beheer?
In die FJ 09 is 24 648 varke amptelik deur WS in TX gedood: 14% geskiet, 49% uit vliegtuie/choppers geskiet, 18% met traps (vanghokke) gevang en 19% met snares (nekstrikke) gedood.

Onbekende getalle varke word ook deur boere en jagters (en op ander maniere) gedood.

Ambessa
Last edited by Ambessa on Fri Jul 09, 2010 3:00 pm, edited 1 time in total.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by Stefan764 »

Hier is n video van hoe die manne die otte in die "States" van kant maak. Dit sal darem maat bitttttter lekker wees om een so jag by te woon!

Wonder hoeveel patrone skiet die manne in n seisoen uit?

http://www.youtube.com/watch?v=YOfCTWy1Xlc

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by MEERKAT »

Hallo
Die lam is Maandag nag gevang
[img]http://[/img][img width=560 height=420]http://i647.photobucket.com/albums/uu19 ... 101/10.jpg[/img]
Die lam is Dinsdag nag gevang
[img]http://[/img][img width=560 height=420]http://i647.photobucket.com/albums/uu19 ... t101/7.jpg[/img]
Die lam het die kampryer dood teen die pad gekry Donderdag oggend 11 uur , slegs kraaie het lam se oe uitgevreet.
Toe ek na 2 die middag na lam gaan kyk toe is lam so gevreet en rondgesleep , geen jakkals of katspore net die snaakse skaapspore.
[img]http://[/img][img width=560 height=420]http://i647.photobucket.com/albums/uu19 ... t101/9.jpg[/img]

Gaan soek skadedoeners gisteraand, skiet 2 jakkalse 5km vanaf lammerkamp , met terugry huis toe hoor dat skaap baie onrustig is naby hoek van kamp. Roep ore 5 en die vark kom aangedraf
[img]http://[/img][img width=560 height=420]http://i647.photobucket.com/albums/uu19 ... osvark.jpg[/img]

Pens vol lammerhare en stukke vars vleis
[img]http://[/img][img width=560 height=420]http://i647.photobucket.com/albums/uu19 ... inpens.jpg[/img]
Laas week is 6 lammers op soortgelyke manier gevang en gevreet
Mooi loop
MEERKAT
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by JACQUES BOTHA »

mEERKAT
Enige ander bewyse in die jakkalse se maag gekry?
Bosvark aas maklik hulle vreet amper n donkie in twee nagte op..
Seker n tipe van  proteien verslawing  amper soos lamtjops op die kole vir ons....
Dink jy die bosvrak doen die vangwerk ook? of eet hy net die aas wat ander gevang het...
Groete
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by Stefan764 »

Baie interessante vraag JB, ek luister graag saam.

Ek weet die otte hou van vleis (is mos maar n omnivoor) maar ek het geen kennis van hulle vermoe om te "jag"nie...

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by Gerhard »

Meerkat,

Kon jy agter kom hoe die lammers dood is.

Lyk of al die lammers op die selfde manier gevreet is.

Het eendag gehoor van bosvarke wat probleme gegee het onder koeie in die bosveld...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Pottie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 76
Joined: Mon Feb 21, 2011 7:27 pm

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by Pottie »

Ek jag al van 1985 af Bosvarke met honde in die Oos Kaap en dis heel normaal dat Bosvarke kleinvee lewendig vang en vreet. Ons vermoed dat hulle in droogtes begin om dooie goed te vreet en waneer kos weer begin vollop raak begin om die lewndige goed te vang. Seker maar n geval van as jy eers die smaak gekry het, soos met brandewyn. Meer logies is dit miskien maar net n geval dat hulle gewoond geraak het van die beter voedingswaarde van die vleis. 
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by MEERKAT »

JB

Die 2 jakkalse was beide leeg, nogtans was dit defnitief nie te ver vir hulle gewees om te kom vang nie.
By 2 vorige geleenthede is ook lammers gevang op dieselfde manier as nou en na varke doodgemaak is het vangery dadelik gestop.

As ek reg kan onthou was dit iets soos 76 lammers tussen 2 varke wat gevang was. Jy moet onthou ons ken glad nie die goete en dadelik begin ons soek na jakkalse en katte wanneer lammers verloor word, die per toeval moet baie groot wees om hulle in ons wereld te kry.
In die week is 2 grt ooie ook aan gebyt, die een ooi het 'n tandgat in haar boud so 10mm groot.
[img]http://[/img][img width=560 height=420]http://i647.photobucket.com/albums/uu19 ... 01/Ooi.jpg[/img]
[img]http://[/img][img width=360 height=480]http://i647.photobucket.com/albums/uu19 ... 1/Ooi1.jpg[/img]

Al die lammers is doodgevreet , geen bytmerke aan nekke of lyf nie.
Ek gebruik 'n baie effektiewe manier om jakkalse uit lammerkampe te hou tot ooie klaar gelam is so ja die kanse is 99% dat die vark die lammers gevang het. Indien vangery dadelik stop kan ons met sekerheid se dit was die vark.
Mooi loop
MEERKAT
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by Freddie101 »

Meerkat
Hier by ons in Tarkastad het hulle seker ook so 10 jaar gelede begin inkom.(bosvarke) Boere in die distrik verseker my dat hulle wel lewende lammerrs en ook groter skaap vang en eet. Self gesien hoe hulle oor n paar nagte n bees so te se opeet. Hulle kom lank terug na die karkas. Self weet ek nie presies hoe hy vang nie. Maar ek glo as jakkies vang leer hy agterna eet en dan is dit net een stap verder om self te vang.


n Bosvark hou van vleis.
Groetnis Freddie
yol bolsun
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by Freddie101 »

Foxcreek wrote: Manne

In Freddie se w?reld was 'n oom wat met Jack Russells( regtes) geteel het en by hom het 'n ding baie-baie lammers gevang. Dit het klokslag gestop toe hulle 'n ou bosvark beer met die honde vasgekeer het en hy hom geskiet het.

Freddie, weet jy van die oom, sy naam het my nou ontgaan ?

Foxcreek.
Foxie
Weet nie nou dadelik van wie jy praat nie.

Oja die vark se spore lyk maar so ronderig soos n mak vark sn. En hulle hou van rondgrawe by nat plekke.
yol bolsun
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by Foxcreek »

Freddie.

Ek sal sy naam probeer kry dan laat weet ek wie hy is.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by .::Alwyn-U::. »

Pottie wrote: Ek jag al van 1985 af Bosvarke met honde in die Oos Kaap en dis heel normaal dat Bosvarke kleinvee lewendig vang en vreet. Ons vermoed dat hulle in droogtes begin om dooie goed te vreet en waneer kos weer begin vollop raak begin om die lewndige goed te vang. Seker maar n geval van as jy eers die smaak gekry het, soos met brandewyn. Meer logies is dit miskien maar net n geval dat hulle gewoond geraak het van die beter voedingswaarde van die vleis. 
Stem heeltemal saam hier! hulle doen dit as dit droog raak en plante groei is skaars. Hier by ons sien jy dit min maar het dit wel al getoets om dooie beeste uit te sit vir die varke, hulle vreet lekker aan hom en werk soos 'n bom vir lok aas!

Pottie - Waar persies is jy gele?? Ek is in Patensie
BOKRAM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Fri Jan 23, 2009 6:15 pm

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by BOKRAM »

Meerkat, in watse distrik is die bosvark geskiet ?  Versprei die bosvarke dan nou soos die shallow pigs?!
Fanie Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 506
Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm

Re: Bosvark en kleinvee verliese

Post by Fanie Nel »

Manne die varke versprei vreeslik vinnig het nooit varke hier by ons gehad nie,  nou skielik sommer 'n pes hier sien hul selfs van tyd tot tyd in die dag in die lande oppad terug van mielies af.  Ek in die vrystaat, Excelsior distrik.  As ek so kyk sit ons met groot probleem op hande

Groete
Post Reply